Vlag van Madagaskar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Madagaskar
Vlag van  Madagaskar
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 14 Oktober 1958
Ontwerp ’n Driekleur met ’n vertikale wit baan aan die vlagpaalkant en twee horisontale bane in rooi en groen aan die wapperkant.

Die nasionale vlag van Madagaskar is op 14 Oktober 1958 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n driekleur in wit, rooi en groen. Die wit is in ’n vertikale baan aan die vlagpaalkant en die rooi en groen is in ewe wye horisontale bane aan die wapperkant (rooi bo en groen onder).

Simboliek[wysig]

Rooi stel soewereinheid voor, wit stel suiwerheid voor en groen stel hoop voor.[1]

Ontwerp[wysig]

Die kleure van die vlag stel Madagaskar se geskiedenis voor saam met ’n hunkering na onafhanklikheid en tradisionele klasse. Rooi en wit was die kleure van die Merina-koninkryk wat in 1896 voor Frankryk geswig het. Dit (die kleure) is gebruik in die vlag van die laaste Merina-monarg, Ranavalona III. Die kleure kan dui op die etniese oorsprong van die Malgassiese mense in Suidoos-Asië en kan ook gesien word in die vlag van Indonesië. Groen was die kleur van die Hova, die prominente klas van landelike bewoners, wat ’n belangrike rol gespeel het in anti-Franse bewegings asook in die onafhanklikheidsbeweging.

Elke baan op die vlag het dieselfde verhouding (1:2) en die algehele verhouding van die vlag is 2:3.[2]

Geskiedkundige vlae[wysig]

Presidensiële standaarde[wysig]

Malgassiese Republiek[wysig]

Demokratiese Republiek van Madagaskar[wysig]

Derde Republiek van Madagaskar[wysig]

Ander vlae[wysig]

Etniese vlae[wysig]

Militêre vlae[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books. ISBN: 1-840137-58-4
  2. (en) Madagaskar by Flags of the World, URL besoek op 19 Januarie 2010
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.