Vlag van Malawi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Malawi
Vlag van  Malawi
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 6 Julie 1964
Ontwerp ’n Driekleur in swart, rooi en groen met ’n rooi opkomende son in die swart baan.

Die nasionale vlag van Malawi is op 6 Julie 1964 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n driekleur met ewe wye bane in swart (bo), rooi (middel) en groen (onder). In die middel van die boonste (swart) baan is ’n rooi opkomende son. Op 29 Julie 2010 is die vlag onder die President Bingu wa Mutharika verander ná ’n driekleur in rooi, swart en groen met ’n wit opkomende son in die swart baan.[1][2] Op 28 Mei 2012 het die nuwe President Joyce Banda die veranderinge teruggerol en die ou vlag weer ingesit.[3][4]

Simboliek[wysig]

Swart stel die mense van Afrika voor, rooi is ’n huldeblyk aan die bloed wat gevloei het in die stryf om vryheid en groen stel die vrugbare grond voor. Die opkomende son simboliseer die aanbreek van onafhanklikheid vir Malawi en dien ook as herinnering aan die betekenis van die naam “Malawi”, wat “brandende water” beteken (’n beskrywing van die Njassameer (Malawimeer) tydens sonsondergang). Die opkomende son word ook gevind op die Malawiese wapenskild.[5]

Ontwerp[wysig]

Die kortstondige vlag van Malawi is soortgelyk aan die vlag van die Republiek van Biafra (wat tussen 1967 en 1970 bestaan het).

Ander vlae[wysig]

Soortgelyke vlae[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Malawi fly new modified flags despite public outcry
  2. (en) Bingu endorses new Flag Bill
  3. (en) Malawi Parliament approves to revert to original flag, Nyasa Times
  4. (en) Malawi reverts to old flag, Times Live
  5. (en) Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books. ISBN: 1-840137-58-4

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Vlae van Malawi (kategorie)
  • (en) Malawi by Flags of the World