Vlag van Nigerië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Nigerië
Vlag van  Nigerië
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 1:2
Goedgekeur 1 Oktober 1960
Ontwerp ’n Vertikale tweekleur in groen, wit en groen.
Ontwerp deur Michael Taiwo Akinkunmi
Wisselvormvlag van  Nigerië
Gebruik Burgerlike vaandel Burgerlike vaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Rooi vlag met die nasionale vlag in die skildhoek.
Wisselvormvlag van  Nigerië
Gebruik Staatsvaandel Staatsvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Blou vlag met die nasionale vlag in die skildhoek.
Wisselvormvlag van  Nigerië
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Wit vlag met die nasioanle vlag in die skildhoek en die kenteken van die Nigeriese vloot op die wapperkant.

Die nasionale vlag van Nigerië is op 1 Oktober 1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale tweekleur met ewe wye bane in groen, wit en groen.

Simboliek[wysig]

Elk van die drie bane het ’n unieke betekenis. Groen stel die landbou voor, wat Nigerië se vernaamste vorm van inkomste is, asook die skoonheid van die land (onderskeidelik die woude en die velde) en wit stel die Nigerrivier voor asook vrede en eenheid.

Ontwerp[wysig]

Die nasionale vlag is ’n aanpassing van die weninskrywing in ’n kompetisie wat in 1959 gehou is. Die oorspronklike ontwerp het ’n rooi son met uitgaande strale bo-aan die wit baan gehad maar die beoordelaars het dit verwyder en sedertdien is die vlag nie verander nie. Die ontwerper was Michael Taiwo Akinkumni, ’n student van Ibadan, wat die kompetisie in ’n koerant gesien het. Die ontwerp is in 1958 gekies as die beste ontwerp en die vlag is uiteindelik gebruik om Nigerië se onafhanklikheid te vier op 1 Oktober 1960, toe die Britse vlag gestryk is en die nuwe Nigeriese vlag gehys is.

Konstruksietekening

Geskiedenis[wysig]

Totdat Nigerië in 1960 onafhanklik geword het, was dit ’n Britse kolonie. Brits-Nigerië het ’n blou Britse vaandel gebruik met die kenteken van Nigerië (’n rooi skyf met ’n groen Dawidster (soos die vlag van Marokko) en ’n kroon in die middel van die ster) op die wapperkant.

Ander vlae[wysig]

Soortgelyke vlae[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Vlae van Nigerië (kategorie)


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.