Vlag van Paraguay

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Paraguay
Vlag van  Paraguay
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Vlag het verskillende ontwerpe aan voor- en agterkant
Verhouding 3:5
Goedgekeur 27 November 1842
Ontwerp Drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die wapenskild in die middel van die wit baan.
Wisselvormvlag van  Paraguay
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Agterkant van die vlag
Verhouding 3:5
Goedgekeur 31 Oktober 1851
Ontwerp Drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die seël van die tesourie in die middel van die wit baan.

Die nasionale vlag van Paraguay is op 27 November 1842 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die wapenskild in die middel van die wit baan. Die vlag van Paraguay is die enigste nasionale vlag met verskillende embleme op die voor- en agterkante.

Simboliek[wysig]

Wit, blou en rooi is reeds in 1806 deur Paraguaanse troepe gebruik toe hulle Buenos Aires teen verdedig het ten tyde van die Britse inval en is deur die vlag van Frankryk geïnspireer. Die driekleur in Paraguay is vir die eerste keer op 15 Augustus 1812 vertoon. Hierdie vlag het die wapen van die hoofstad Asunción aan die een kant gehad en die wapen van die Koning van Spanje aan die ander kant.

Rooi stel patriotisme, heroïsme, waagmoed, gelykheid en regverdigheid voor, wit stel reinheid, standvastigheid, eenheid en vrede voor en blou stel kalmte, liefde, kennis, waarheid en vryheid voor.

Ander vlae[wysig]

Soortgelyke vlae[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Vlae van Paraguay (kategorie)


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.