Vlag van Swaziland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Swaziland
Vlag van  Swaziland
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 6 Oktober 1968
Ontwerp ’n Horisontale tweekleur in blou, rooi en blou met dik geel fraiings langs die rooi baan met ’n Nguni-skild in die middel van die rooi baan.

Die nasionale vlag van Swaziland is op 6 Oktober 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in blou, rooi en blou met dik geel fraiings langs die rooi baan; in die middel van die rooi baan is ’n tradisionele Nguni-skild (in swart en wit), ’n staf met veretossels en twee spiese.

Simboliek[wysig]

Die blou stel vrede en stabiliteit voor, die rooi stel bloed van oorloë in die verlede voor[1] en die geel fraaiings stel die natuurlike hulpbronne van Swaziland voor. Die wit en swart van die skild stel goeie rasseverhoudinge voor, die drie veretossels stel die koninklike lyn van die Swazi’s voor en die wapens agter die skild simboliseer Swaziland se verdediging teen sy vyande.

Ontwerp[wysig]

Die vlag van Swaziland is gebaseer op ’n vlag wat opperhoofman (en later koning) Sobhuza II in 1941 aan ’n leërkorps toegeken het. Hierdie vlag het (na enkele klein aanpassings) die vlag van die onafhanklike koninkryk van Swaziland geword in 1968.

Ander vlae[wysig]

Verskeie gebiede van Somalië het hul onafhanklikheid van die sentrale regering verklaar. Somaliland, Jubaland, Suidwes-Somalië, Puntland en die Maakhirstaat gebruik hul eie vlae, terwyl die Noordlandstaat en Galmudug die vlag van Somalië gebruik.

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books. ISBN: 1-840137-58-4
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Vlae van Swaziland (kategorie)


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.