Vlag van Thailand

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Thailand
Vlag van  Thailand
Bynaam (th) Trairanga (ธงไตรรงค์), Thong Trairong), "Driekleurvlag"
Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel Nasionale vlag en burgerlike- en staatsvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 28 September 1917
Ontwerp vyf horisontale bande in die kleure rooi, wit, blou, wit en rooi
Ontwerp deur Koning Vajiravudh (Rama VI)
Wisselvormvlag van  Thailand
Bynaam (th) ธงราชนาวี (Thong Ratchanawi), "Koninklike Vlootvaandel"
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 28 September 1917
Wisselvormvlag van  Thailand
Bynaam (th) ธงฉาน (Thong Chan), "Koninklike Handelsvlag"
Gebruik Burgerlike vaandel Burgerlike vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 28 September 1917

Die vlag van Thailand (Thai: ธงไตรรงค์ Trairanga, Thong Trairong, "Driekleurvlag") vertoon vyf horisontale bande in die kleure rooi, wit, blou, wit en rooi. Die middelset blou strook is twee keer so wyd as die ander vier. Die drie kleure rooi-wit-blou staan vir nasie-godsdiens-koning, 'n nie-amptelike leuse van Thailand. Die vlag is op 28 September 1917 aangeneem. Die Thai naam vir die vlag is ธงไตรรงค์ (Thong Trairong), wat eenvoudig driekleur vlag beteken.[verwysing benodig]

Die eerste vlag wat vir Siam gebruik is, is waarskynlik 'n effekleurige rooie, vir die eerstekeer gebruik deur Koning Narai (1656-1688). Vlootvlae het later verskillende simbole op die rooi agtergrond gebruik—'n wit chakra (die Boeddhiste wiel), 'n wit olifant binne die chakra, of 'n wit skyf met 'n son daarbinne.[verwysing benodig]

Amptelik is die eerste vlag in 1855 deur Koning Mongkut (Rama IV) geskep. Dit het 'n wit olifant ('n koninklike simbool) op 'n rooi agtergrond vertoon, aangesien die effekleurige vlag nie uitsonderlik genoeg vir internasionale verhoudinge was nie.[verwysing benodig]

Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar 1916 vlag

In 1916 is die vlag verander na die huidige ontwerp, maar met die middelste kleur dieselfde as die buitenste baan. Blykbaar het Koning Vajiravudh (Rama VI) die vlag tydens 'n vloed onderstebo sien hang. Om te keer dat dit weer gebeur het hy 'n nuwe vlag ontwerp wat simmetries is. In 1917 is die middelste kleur na blou verander, die kleur vir Vrydag, die dag waarop Koning Vajiravudh gebore is.[verwysing benodig] Volgens ander bronne is die blou kleur gekies om solidariteit met die Geallieerde magte tydens die Eerste Wêreldoorlog, wat ook die kleure blou-rooi-wit in hulle vlae gehad het, te toon.[verwysing benodig]

Dit is interessant om daarop te let dat die vlag dieslfde is as die vlag van Costa Rica maar met die blou en rooi kleure omgeruil.

Vlootvaandel[wysig]

Die Vlootvaandel van Thailand (Thai: ธงราชนาวี) is in 1917 aangeneem. Dit is soortgelyk aan die nasionale vlag, maar het 'n rooi sirkel in die middel wat strek tot by die rooi strepe aan die bo- en onderkant. In die sirkel staan 'n wit olifant, in full mondering, wat in die rigting van die vlagpaal staan.

Handelsvlag[wysig]

Die handelsvlag van Thailand (Thai: ธงฉาน) is ook in 1917 aangeneem. Dit is die nasionale vlag wat die embleem van die Koninklike Thai Vloot in die middel het. Die ontwerp van die regimental kleure van RTN is dieselfde as die van die vlag.

Bronne[wysig]

Eksterne skakels[wysig]