Vlag van die Cookeilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van die Cookeilande
Vlag van die Cookeilande
Gebruik Burgerlike- en staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en -vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 4 Augustus 1979[1]
Ontwerp ’n Blou Britse vaandel met vyftien wit sterre in sirkelvorm op die wapperkant.

Die nasionale vlag van die Cookeilande, amptelik deel van Nieu-Seeland, is op 4 Augustus 1979 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met vyftien wit sterre in sirkelvorm op die wapperkant.

Simboliek[wysig]

Die vyftien sterre op die wapperkant stel die vyftien eilande wat die Cookeilande uitmaak voor. Dit is Tongareva, Rakahanga, Manihiki, Pukapuka, Nassau, Suwarror, Palmerston, Aitutaki, Manuae, Takutea, Aitu, Mitiaro, Mauke, Rarotonga en Mangaia. Die blou kleur van die vlag stel die oseaan en die vredeliewende aard van die Cookeilanbewoners voor.

Geskiedenis[wysig]

Tot 1888 het die onafhanklike Koninkryk van Rarotonga ’n horisontale rooi-wit-rooi vlag met drie blou sterre gevoer. In 1888 het die koninkryk ’n Britse protektoraat geword. Die Unievlag is as geus tot die vlag toegevoeg. In 1893 is die drie sterre verwyder en is ’n wit skry met ’n palmboom in die Unievlag in die skildhoek geplaas. In 1900 het Brittanje die eilande geannekseer en die administrasie daarvan aan Nieu-Seeland oorhandig. Van 1902 af is die vlag van Nieu-Seeland as amptelike vlag gebruik. Op 4 Augustus 1965 het die Cookeilande interne outonomie verkry en in 1973 sy eie vlag. Dit was ’n groen baan met vyftien goue sterre in ’n sirkelvorm. Geel en groen simboliseer die mense se lewe en ewige groei. In 1979 het die Cookeilande oorgeskakel na ’n blou Britse vaandel met vyftien wit sterre in sirkelvorm.

Ander vlae[wysig]

Soortgelyke vlae[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Cookeilande”. Flags of the World. URL besoek op 2 Julie 2013.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: