Voëlvleidam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Voëlvleidam is geleë in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Oorspronklik is die dam gebou deur die natuurlike Vogelvlei meer op te dam en is voltooi gedurende 1952. Die Voëlvleidam was toe die eerste groot watervoorsieningskema in die Bergrivier opvanggebied. Omrede die oorspronklike meer se opvanggebied baie klein was is die dam gevoed met 'n kanaal vanaf die Klein-Bergrivier met'n vermoë van 1.3 miljoen m3 per dag.

Die dam verskaf water aan Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes, Malmesbury, Darling en Moorreesburg.

Gedurende 1969 het Kaapstad se vraag na water gestyg en die wal is verhoog tot 18m. Die Klein-Bergrivier kanaal se vermoë is vergroot na 1.7 miljoen m3. Die voorsiening van water aan die Voëlvleidam is verhoog gedurende 1971 met 'n kanaal vanaf die Vier-en-Twintig- en Leeuriviere met 'n vermoë van 2.9 miljoen m3 per dag.[1]

Die dam is 6 km suid van Gouda. Die dam is bekend vir sy groot voëlbevolking.[2]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Dept. of Water Affairs. - www.dwa.gov.za
  2. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995. ISBN 1-86842-026-4