Voortrekkers (organisasie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ds. N.J van der Merwe was 'n predikant tot 1924 toe hy die politiek betree. Hy was die eerste nasionale leier van die Voortrekkers[1].
Dr. C.F. Visser, vader en later hoofleier van die Voortrekkerbeweging.
Die eerste lede van die Voortrekkers in Kaapland word op 12 November 1932 ingelyf in die Kasteel die Goeie Hoop, Kaapstad.
Hierdie artikel handel oor die organisasie. Vir ander gebruike, sien Voortrekkers (dubbelsinnig).

Die Voortrekkers is 'n Suid-Afrikaanse kultuurbeweging, wat op 30 September 1931 te Bloemfontein as 'n Afrikaanstalige alternatief vir die Engelstalige Boy Scout-beweging gestig is. Die beweging fokus in besonder op die jeug, en het gegroei tot 'n nasionale beweging met ook lidmaatskap in Namibië.

Die Voortrekkers het as kultuurbeweging hulle eie identiteit ontwikkel, wat hulle as die ABC van die organisasie beskou: Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap. Die Voortrekkers strewe daarna om vir kinders "goeie en gesonde vermaak" aan te bied en leer hulle om "moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene" te wees.

Lede op laerskool staan as Penkoppe (seuns) en Drawwertjies (dogters) bekend. Die hoërskoollede staan bekend as Verkenners. Jong volwasse lede tussen die ouderdom van 18 en 35 vorm deel van die Staatmakers.

Verwysings[wysig]

  1. (en) Besonderhede oor Van der Merwe op SAHistory.org.za. URL besoek op 26 November 2014.

Eksterne skakels[wysig]