Vredenburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vredenburg
'n Uitsig vanaf Vredenburg op die sneeubedekte berge van die Swartland in Julie 2008.
'n Uitsig vanaf Vredenburg op die sneeubedekte berge van die Swartland in Julie 2008.
Ligging van Vredenburg op 'n kaart (Wes-Kaap)
Vredenburg
Vredenburg
 Vredenburg se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 32°54′S 17°59′O Koördinate: 32°54′S 17°59′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Saldanhabaai
Oppervlak[1]
 - Dorp 13,75 km²  (5,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 38 382
 - Digtheid 2 791/km² (7 228,7/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 28.7%
 • Kleurling 55.7%
 • Indiër/Asiër 0.6%
 • Blank 13.8%
 • Ander 4.8%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 68.7%
 • Xhosa 19.3%
 • Engels 5.0%
 • Sotho 2.3%
 • Ander 4.8%
Poskode (straat) 7380
Poskode (posbus) 7380
Skakelkode(s) 022
Webwerf: http://www.saldanhabay.co.za
Die NG gemeente Vredenburg het in 1904 afgestig van die NG gemeente Hopefield.

Vredenburg is die grootste dorp en hoofsentrum van die Saldanhabaai munisipaliteit aan die Kaapse Weskus, sowat 150 km per pad noord van Kaapstad. Die dorp is sentraal geleë ten opsigte van alle dorpe in die munisipale gebied: Saldanha is 11 km suid daarvandaan, Paternoster 15 km wes, Langebaan 25 km suidoos, Hopefield 37 km oos en St. Helenabaai 20 km noordwes. Dit is dan ook die hoofkwartier van die munisipaliteit wat sedert die dekade na 1970 as Vredenburg-Saldanha bekend gestaan het, tot 2000 as die Weskusskiereiland-oorgangsraad en toe munisipaliteit Saldanhabaai.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is laat in die 19de eeu gestig as boerdery- en kerksentrum – die NG gemeente is in 1904 van Hopefield se gemeente afgestig. Sedertdien het die dorp ontwikkel as handel-, administratiewe en opvoedkundige middelpunt van die gebied. Die naam kom van die vrede wat gesluit is na 'n geskil oor die sogenaamde Twisfontein op die dorp besleg is.

Geriewe[wysig]

Vredenburg beskik oor twee hoërskole (Hoërskool Vredenburg en Hoërskool Weston), drie laerskole (Eden, Vredenburg en Panorama, met 'n vierde, Jurie Hayes, skaars 10 km oos van die dorp), twee kolleges en 'n groot aantal kerke. Daar is ook takke van die meeste groot winkelgroepe op die dorp. Bouwerk aan 'n groot streekswinkelsentrum het in 2008 begin en sal na verwagting vroeg in 2009 klaar wees. Vredenburg se sportterrein bied geriewe vir talle sportsoorte en word gereeld vir streeksbyeenkomste gebruik. Die dorp het 'n privaat sowel as 'n provinsiale hospitaal.

Vervoer[wysig]

Vredenburg is 10 km van die R27-hoofpad geleë en 100 km van die naaste nasionale pad, die N7, waar dit verby Malmesbury in 'n noord-suid-rigting loop. Saldanha se twee hawens is sowat 15 km van die dorp geleë. 'n Lughawe (Vredenburg-Saldanha) is 6 km suid van Vredenburg en bied geriewe aan kleiner vliegtuie. Die internasionale ICAO naam vir die lughawe is FASD.

Die Vredenburgse provinsiale hospitaal in aanbou

Bevolking[wysig]

Die inwonertal is byna 40 000, 'n dramatiese toename veral sedert die ontwikkeling van die uitvoerhawe vir ystererts op Saldanha in die jare sewentig en die bou van Saldanha Staal in die jare negentig.

Kommunikasie[wysig]

Op Vredenburg word 'n Media24-weekblad vir die Weskus, Weslander, sedert 1972 uitgegee. Dit is ook die hoofkwartier van die gemeenskapsradiostasie Radio Weskus.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Vredenburg”. Sensus 2011.


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg