Vreemd-kwark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die vreemd-kwark of s-kwark (simbool: s, van die Engelse strange quark) is die derde ligste van al die kwarke, ’n soort elementêre deeltjie, en ’n hoofbestanddeel van materie. Hulle word in hadrone aangetref, wat subatomiese deeltjies is wat uit kwarke bestaan.

Saam met die sjarme-kwark is dit ’n tweedegenerasie-kwark. Dit het ’n elektriese lading van -13 e en ’n massa van 95+5−5 MeV/c2. Nes ander kwarke is die vreemd-kwark ’n elementêre fermion met spin-12 en ervaar dit al vier fundamentele kragte: swaartekrag, elektromagnetisme, swak kernkrag en sterk kernkrag. Sy antideeltjie is die vreemd-antikwark of anti-vreemd), waarvan sekere eienskappe dieselfde magnitude maar teenoorgestelde teken het.

Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia