Vundu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vundu
Tydperk: Lower Plioseen - Onlangs
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Siluriformes
Familie: Clariidae
Genus: Heterobranchus
Spesie: H. longifilis
Binomiale naam
Heterobranchus longifilis
Valenciennes, 1840[1]

Die Vundu (Heterobranchus longifilis) is 'n varswater vis wat voorkom in die middelste en onderste gedeeltes van die Zambezirivier, die Kongorivier insluitende Tanganjikameer, Edwardmeer en die Nylrivier. In Engels staan die vis ook bekend as Vundu.

Voorkoms[wysig]

Die vis het 'n groot kop met lang baarde wat verby die kop strek. Die vis is olyf grys of rooierig bruin van kleur terwyl die kop en pens wit van onder is. Die onvolwasse visse het swart vlekke op die tweede dorsale vin en die vis word tot 1.17 m lank en kan tot 55 kg weeg. Die Zimbabwe hengelrekord is 50 kg en die Malawi rekord is 29.71 kg.

Habitat[wysig]

Die vis leef in die hoofstroom van diep riviere of in diep poele of mere. Die vis naglewend, vreet feitlks enige iets insluitende ongewerweldes, insekte, vis en ander gewerweldes in larwe stadium. Die vis broei in die somer gedurende die reën seisoen, die eiers en klein vissies word gevind langs plante in vlak water. Die vis kan tot 12 jaar oud word en is die grootste varswater vis in Suider-Afrika.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Fishbase.org”. URL besoek op 5 Mei 2010.