Waboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Waboom
'n Waboom - blomme en blare.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiospermae
(geen rang): Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie: P. nitida
Binomiale naam
Protea nitida
Mill.

Die Waboom (Protea nitida) - voorheen Protea arborea - is die proteaspesie wat die volopste voorkom in die winterreënvalgebied. Die boom word in die Wes-Kaap aangetref gewoonlik vanaf seevlak tot op 2 000 m. Die plant ontwikkel slegs tot 'n klein boompie.

Die Waboom het sy naam te danke aan die Voortrekkers wat die boom se hout gebruik het om ossewaens te maak. Die hout van die boom het nie reguit vesels nie, maar is inmekaar gevleg. Dit maak die hout besonder sterk. Verskeie onderdele van 'n ossewa, soos die wa-wielvellings word hiervan gemaak.

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Protea nitida (bladsy)

Bron[wysig]