Wahlbergse Vrugtevlermuis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wahlbergse Vrugtevlermuis
Arusha, Tanzanië
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Chiroptera
Familie: Pteropodidae
Genus: Epomophorus
Spesie: E. wahlbergi
Binomiale naam
Epomophorus wahlbergi
(Sundevall, 1846)
Verspreiding
Verspreiding

Die Wahlbergse Vrugtevlermuis (Epomophorus wahlbergi) is 'n vlermuis en kom voor aan die ooskus van Suid-Afrika, die Limpopovallei, sentrale Zimbabwe en Mosambiek. In Engels staan dit bekend as die Fruit bat. Die oorbasisse is wit en daar is wit epoulette op die mannetjie se skouers. Hulle rus bedags in kolonies in die kroon van 'n boom. Die vlermuis word tot 14 cm lank en weeg tot 110 gram. Hulle kom voor in rivierbosse en ander bosse met vrugtedraende bome. Hulle verkies sagtevrugte soos wildevye, moepel en jakkalsbessies. Een kleintjie word in die somer gebore.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]