Walter Scott

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Icono de traducción.svg Die taalgebruik van hierdie artikel/hoofstuk moet nagegaan word.
Hierdie artikel/hoofstuk is geskep deur ’n anderstalige gebruiker en moet nagegaan word vir spelling, sinsbou en woordkeuse. Indien die artikel/hoofstuk nie binne die volgende twee weke versorg word nie, mag dit vir verwydering kwalifiseer.


Walter Scott
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Walter Scott deur Henry Raeburn

Geboorte 14 Augustus 1771
Sterfte 21 September 1832
Land Skotland
Genre Poësie, Historiese roman
Bekende werke Ivanhoe (1820)
Huweliksmaat Charlotte Mary Carpenter

Sir Walter Scott (Edinburgh, 14 Augustus 1771 - Abbotsford House, Abbotsford, 21 September 1832) was 'n Skotse digter en skrywer, veral bekend vir sy historiese romans, waaronder Ivanhoe.

Werke[wysig]

Scott se eerste letterkundige aktiwiteite was vertalings uit die Duits, onder andere Götz von Berlichingen van Goethe (1799). Sy eerste sukses was met poësie, soos sy driedelige The Minstrelsy of the Scottish Border (1802-1803) - 'n versameling historiese ballades - en die lang gedigte The Lay of the Last Minstrel (1805), Marmion (1808), The lady of the lake (1810), Rokeby (1813) en The lord of the isles (1815), almal oor gebeurtenisse uit die Skotse geskiedenis.

Met die verskyning van The Lady of the Lake (1809), 'n geromantiseerde verhaal oor die ontmoeting van koning Jakobus V en die dogter van sy vyand, Ellen Douglas, het sy roem as romanskrywer en verteller van verhale begin.

'n Lang reeks historiese romans het gevolg. Hulle kan in twee kategorieë verdeel word: eerstens, romans oor die Skotse geskiedenis, wat Scott Tales of my Landlord genoem het; hieronder val The Heart of Midlothian (1818, die verhaal van die vals-beskuldigde (van kindermoord) Effie Deans; teen die agtergrond van die Porteous-oproer van 1736), en The Bride of Lammermoor (1819, die tragiese liefdesverhaal van Lucy Ashton en die vyand van haar familie, Edgar Ravenswood). Tweedens, 'n groot aantal romans ontleen aan die Engelse en kontinentale geskiedenis, die Waverley-romans, waarvan Ivanhoe (1820), Kenilworth (1821, oor Amy Robsart) en Quentin Durward (1823) die bekendste is.

In 1826 word Scott oorval deur groot finansiële skuld. Dit was die gevolg van die bankrotskap van die Ballantyne-uitgewers waarvoor hy mede-aanspreeklik was. Om die probleem die hoof te bied versnel hy sy letterkundige produksie, wat weer die kwaliteit van sy latere romans benadeel het; en dit word beweer dat hierdie harde werk aan die einde van sy lewe sy oorlye bespoedig het. Na sy dood delg sy erfgename egter sy skuld volledig deur die verkoop van sy outeursreg.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Walter Scott (kategorie)