Wangsakmuis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wangsakmuis
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Rodentia
Familie: Nesomyidae
Genus: Saccostomus
Spesie: S. campestris
Binomiale naam
Saccostomus campestris
Peters, 1846

Die Wangsakmuis (Saccostomus campestris) kom in feitlik die hele Suider-Afrika voor, uitsluitende die weskus van Suid-Afrika en Namibië. Die knaagdier het sy naam gekry weens die feit dat hy kos in sy wangsakke stoor om dit later in die veiligheid van sy nes te eet.

Voorkoms[wysig]

Die Wangsakmuis se kleur wissel van grys in die weste tot donkerder grysbruin in die ooste van die gebied waarin hy woon. Die keel en onderkant is wit. Die diertjie word tot 16cm lank en weeg ±45g.

Habitat en gewoontes[wysig]

Hulle woon in verskeie habitatte maar verkies sanderige grond om in te woon en is naglewend. Hulle eet grassade, forbe, struike, bessies en selde insekte. Daar word 2 - 10 kleintjies in die somer gebore.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Corti, M., Griffin, M., Coetzee, N. & Chitaukali, W. (2008). “Saccostomus campestris”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2011.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 29 Junie 2011.