Wasserbillig

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wasserbillig
Waasserbëlleg
Uitsig oor Wasserbillig
Uitsig oor Wasserbillig
Ligging van Wasserbillig op 'n kaart (Luxemburg)
Wasserbillig
Wasserbillig
Koördinate: 49°42′47″N 6°29′53″O
Land Vlag van Luxemburg Luxemburg
Distrik Gréiwemaacher
Kanton Gréiwemaacher
Gemeng Mäertert
Hoogte 130 m (427 vt)
Bevolking (2006)
 - Dorp 2 354
Tydsone MET (UTC+01:00)
 - Somer (DST) MEST (UTC+02:00)
Poskode L-6601
Webwerf: www.mertert.lu

Wasserbillig (Luxemburgs: Waasserbëlleg) is 'n dorp in die Groothertogdom Luxemburg by die samevloeiing van die riviere Sauer en Moesel met sowat 2 300 inwoners.

Geskiedenis[wysig]

Die huidige dorp gaan terug op 'n Romeinse nedersetting met die naam Biliacum.

Ligging[wysig]

Die samevloeiing van Moesel en Sauer in Wasserbillig

Wasserbillig is met 'n hoogte van 130 meter bo seevlak die laagste punt van Luxemburg. Die dorp lê naby die Duitse grens, teenoor Wasserbilligerbrück oorkant die Sauer- en Oberbillig oorkant die Moeselrivier. Wasserbillig is die administratiewe setel van die munisipaliteit Mertert, wat deel uitmaak van die kanton Grevenmacher.

Ekonomie[wysig]

Petrolstasies tussen Mertert en Wasserbillig

Danksy sy ligging naby die Duitse grens is Wasserbillig 'n besige dorp, wat onder meer op die grenshandel steun. Weens die laer belasting in Luxemburg speel die sogenaamde petroltoerisme 'n belangrike rol, aangesien baie Duitsers hier hulle petrol tenk. Langs die pad tussen Wasserbillig en Mertert is veertien petrolstasies opgerig, en ook die voormalige grenspos by die federale snelweg 64 is tot 'n petrolstasie omgebou. ExxonMobile se grootste petrolstasie lê langs die snelweg A1, wat Luxemburg met Duitsland verbind.

Eksterne skakels[wysig]