Wasserfall

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wasserfall
Oorsprong Pretoria
Genre(s) Rock
Aktiewe jare 2006 - 2011
Webwerf http://www.wasserfall-band.co.za/
Lede Dewald Wasserfall
Larry Pullen
Portal.svg Musiekportaal

Wasserfall is 'n Afrikaanse rock-musiekgroep van Pretoria. Die groeplede is Dewald Wasserfall (sang en kitaar) en Larry Pullen (kitaar). Pullen is 'n klanktegnikus wat al met Prime Circle, Springbok Nude Girls, Nataniël en Nianell saamgewerk het. Hulle debuutalbum, Veralgemeen Jouself, is in 2007 uitgereik. Hulle tweede album, Asem In, is in 2008 uitgereik.

Wasserfall het in 2011 ontbind en die groep maak nie meer musiek nie. Dewald Wasserfall het daarna 'n soloalbum vervaardig.

Diskografie[wysig]

Groep se album:

  • As jy inval, 2010
  • Asem In, 2008
  • Veralgemeen Jouself, 2007 BUSHWACKER[1]

Solo-albums:

  • Vergeet wat jy weet van liefde, 2012

Verwysings[wysig]

  1. Vetseun.co.za, besoek op 9 Mei 2010.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]