Waterbok

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Waterbok
Waterbokbul
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Genus: Kobus
Spesie: K. ellipsiprymnus
Binomiale naam
Kobus ellipsiprymnus
(Ogilby, 1833)

Die waterbok (Kobus ellipsiprymnus) is 'n wildsbok wat voorkom in Wes-Afrika, Sentraal-Afrika, Oos-Afrika en Suider-Afrika.

'n Waterbok is omtrent 100 tot 130 cm by skouerhoogte en weeg tussen 160 en 240 kilogram. Die vel is rooibruin maar word donkerder met ouderdom. 'n Wit 'borslap' is kenmerkend onder die keel asook 'n wit ring om die boude. Net bulle dra horings.

Waterbokke kom voor in bos en savanne-gebiede, met 'n dieet bestaande uit gras. Ondanks die naam 'Waterbok' is hulle nie lief om water binne te gaan nie. Koeie kom soms voor in troppe van twee tot seshonderd. Bulle is territoriaal met areas tot 1.2 km². Bulle verloor gewoonlik hul gebied voor die ouderdom van tien.

Die Defassa-waterbok is 'n subspesie (Kobus ellipsiprymnus defassa) waar die ring op die boude solied wit is.

Sien ook[wysig]

Galery[wysig]

Bronnelys[wysig]

  1. IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). Kobus ellipsiprymnus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 16 January 2009. Databasis inskrywing gee kort verdediging hoekom hierdie spesie nie bedreigd is nie.