Waterdikkop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Waterdikkop
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Charadriiformes
Familie: Burhinidae
Genus: Burhinus
Spesie: B. vermiculatus
Binomiale naam
Burhinus vermiculatus
(Cabanis, 1868)

Die waterdikkop (Burhinus vermiculatus) is 'n lid van die dikkopfamilie en 'n nagvoël, nes ander lede van die familie, maar meer aktief oordag as die ander dikkoppe. Dit kan oordag naby die oewers van riviere en mere gesien word, waar die voëls se natuurlike kamoeflering hulle byna onsigbaar maak tussen die rotse.

Identifikasie[wysig]

'n Volwasse waterdikkop het 'n algemene lengte van ongeveer 41 cm en weeg ongeveer 270g. Die voël het 'n bruin kop met geel oë, 'n swart snawel en wit keel. Sy rug is ook bruin en sy bene grys van kleur. Die voël het 'n gehunkerde postuur.

Verspreiding[wysig]

Waterdikkoppe kom algemeen in Afrika voor: Suid van 5°N van Liberië tot Suid-Somalië tot by Suid-Afrika. Hulle kom egter nie voor in die suidwestelike woestyngebiede van hierdie area nie.

Habitat[wysig]

Die voëls word oor die algemeen in moerasagtige gebiede en naby mere en riviere aangetref. Die voëls word selde alleen aangetref en verskyn oor die algemeen in pare of in 'n swerm.

Voortplanting[wysig]

Waterdikkoppe is monogaam, maar indien die maat van 'n waterdikkop sterf, sal hy of sy 'n nuwe maat soek. Hul neste word in die grond gebou waarin die wyfie tipies 1 tot 3 roomkleurige eiers sal lê.

Dieet[wysig]

Waterdikkoppe eet meestal insekte en ander ongewerweldes, asook klein water goggas

Geluid[wysig]

Die klaende, fluitende roep van die waterdikkop kan snags gehoor word.

Ander name[wysig]

  • Engelse naam: Water Thick-knee (Dikkop)
  • Wetenskaplike naam: Burhinus vermiculatus

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

Eksterne skakels[wysig]