Weerhaan-varkvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Weerhaan-varkvis
Bodianus axillaris
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Labridae
Genus: Bodianus
Spesie: B. axillaris
Binomiale naam
Bodianus axillaris
(Bennett, 1832)

Die Weerhaan-varkvis (Bodianus axillaris) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooi See en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Turncoat hogfish.

Voorkoms en geslag[wysig]

Die vis het 'n sylyn en die hele lyf is bedek met skubbe. Die vis is 'n afwisselende hermafrodiet en is eers 'n wyfie en kan verander na 'n mannetjie indien dit so verlang word. Die onvolwasse vis is bruin en kry later nege wit vlekke by. Indien die wyfie na die mannetjie moet verander word die kleur van die vis rooi-bruin en wit in die agterlyf vanaf die stam van die dorsalevin tot onder by die pens. Die vis word 20 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in koraal en rotsriwwe in water wat 10 – 50 m diep is. Die volwasse visse is alleenswemmers. Die onvolwasse visse vreet dikwels parasiete van ander visse af. Die vis vreet hoofsaaklik klein skaaldiere, gastropodes, tweekleppiges en wurms en kan oorleef in 'n akwarium.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakel[wysig]