Wepener

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wepener
Ligging van Wepener op 'n kaart (Vrystaat)
Wepener
Wepener
 Wepener se ligging in Vrystaat
Koördinate: 29°44′0″S 27°2′0″O Koördinate: 29°44′0″S 27°2′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Xhariep
Munisipaliteit Naledi
Stigting 1867
Oppervlak[1]
 - Dorp 38,6 km²  (14,9 vk m)
Hoogte 1 099 m (3 606 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 9 553
 - Digtheid 247/km² (639,7/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 94.0%
 • Kleurling 3.1%
 • Indiër/Asiër 0.9%
 • Blank 1.8%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[1]
 • Sotho 84.6%
 • Afrikaans 7.0%
 • Engels 3.0%
 • Xhosa 2.6%
 • Ander 2.8%
Poskode (straat) 9944
Poskode (posbus) 9944
Skakelkode(s) 051
Plaaslyne: 05232

Wepener is 'n dorp in die Vrystaat naby die grens met Lesotho. Die R26 hoofpad gaan deur die dorp.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is gestig in 1867 ter nagedagtenis aan Louw Wepener, 'n held van die Basoeto-oorloë wat in 1865 tydens 'n militêre konfrontasie met die Basoetos doodgeskiet is. Die dorp is geleë aan die Jammersbergspruit, 'n sytak van die Caledonrivier. Die NG gemeente is in 1870 gestig en die dorp het sy eerste bestuursraad in 1875 verkies.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 725 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen. Die grensdorp in Lesotho is Mafeteng en Van Rooyenshek is die grenspos tussen die twee dorpe.

Tweede Vryheidsoorlog[wysig]

In die Wepener distrik het heelwat gevegte plaasgevind gedurende die 19de eeu. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog in April 1900 is 2000 Britse soldate vir 17 dae deur genl Christiaan de Wet se magte beleër totdat versterkings op 25 April 1900 opgedaag het. Die Britse magte in die dorp is deur Kolonel E.H. Dalgety gelei.

Persone gebore[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Wepener en Qibing tydens die 2011-sensus.