Wes-Siberiese ekonomiese streek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Wes-Siberiese ekonomiese streek in Rusland.

Die Wes-Siberiese ekonomiese streek (Russies: За́падно-Сиби́рский экономи́ческий райо́н, Zapadno-Sibirski ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Die grootste stede is Nowosibirsk, Omsk, Barnaoel, Nowokoeznetsk, Tjoemen, Tomsk en Kemerowo.

Die streek is 2 427 200 km2 groot, wat ’n kwart van die grootte van Europa is. In die noorde bestaan dit uit ’n yl bevolkte moerasagtige laagland en in die suide uit ’n heuwelagtige gebied. Die bevolking is 14,8 miljoen volgens die 2002-sensus. Sowat 71 persent van die mense woon in die stede en die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 6/km2.

In Wes-Siberië word die grootste deel van die Russiese aardolie en aardgas herwin, asook groot voorrade steenkool. Die grootste aardolie- en aardgasvelde is in Chanto-Mansië en Jamalo-Nenetsië. Daar is ook ’n masjienbou- en chemiese nywerheid in die streek, en verbruikersartikels word vervaardig. Daar is verskeie groot damme met waterkragsentrales, waarvan die belangrikstes in Nowosibirsk en Kamen aan die Ob is.

Vir landbou is die swart grond (tsjernozjom) van Altai belangrik. Die belangrikste landbouprodukte is graan, rys, hawer, suikerbeet en vee.

Die Ob-Irtisj-rivierstelsel loop deur die streek en in die suide die Transsiberiese Spoorlyn en die Suid-Siberiese spoorlyne, met Barnaoel as ’n groot spoorknooppunt.

Deelgebiede[wysig]

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Flag of Altai Republic.svg Altai
  2. Flag of Altai Krai.svg Altai-krai
  3. Flag of Yugra.svg Chanto-Mansië
  4. Flag of Yamal-Nenets Autonomous District.svg Jamalo-Nenetsië
  5. Flag of Kemerovo oblast.svg Kemerowo-oblast
  6. Flag of Novosibirsk oblast.svg Nowosibirsk-oblast
  7. Flag of Omsk Oblast.svg Omsk-oblast
  8. Flag of Tyumen Oblast.svg Tjoemen-oblast
  9. TomskOblastFlag.png Tomsk-oblast

Verwysings[wysig]

Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg