Westdenedam-ramp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Westdenedam-ramp is 'n busongeluk wat in Westdene, Johannesburg, Suid-Afrika op 27 Maart 1985[1] plaasgevind het. Die bestuurder van die bus het beheer oor die bus verloor en deur die versperring om die dam gebars en in die dam beland. Die bus het skoliere van Hoërskool Vorentoe vervoer. Die ramp het die lewens van 42 kinders geëis. Die meeste van die kinders het waarskynlik verdrink aangesien die impak van die botsing nie so groot was nie.

Ongeluk[wysig]

Op 27 Maart 1985 omstreeks 13:30 het die bus wat die skoliere huis toe vervoer het, deur die damversperring gebars en in die dam beland. Enkele oomblikke later het omstanders, onderwysers en medeskoliere soveel moontlik leerders probeer red totdat die nooddienste opgedaag het. Die oorlewende kinders is almal na die JG Strydom-hospitaal (nou die Helen Joseph-hospitaal)[2] geneem vir behandeling.

Ondersoek[wysig]

Daar was geen ander voertuie in die ongeluk betrokke nie. Die bestuurder, Willem Horne, kon nie onthou wat gebeur het nie aangesien hy kort voor die ongeluk sy bewussyn verloor het. Die ondersoek het getoon dat daar geen gemene spel vermoed word nie en dat die bestuurder nie onder die invloed of nalatig was nie en is gevolglik vrygespreek.

Sterftes[wysig]

Die volgende kinders het hul lewe in die ramp verloor:[3]

  • Blignaut, Anna
  • Botha, Anne-Lize
  • Botha, Henrietta
  • Bruin, Caroline
  • Coetzee, Denise
  • Dreyer, Hendrik
  • Du Plooy, Linda
  • Du Plooy, Reinette
  • Du Toit, Francois
  • Els, Jacobus
  • Erasmus, Karen
  • Fritz, Francina
  • Horing, Adriana
  • Hurwitz, Jacqueline
  • Jacobs, Anel
  • Jooste, Lelanie
  • Kleinhans, Adre
  • Koen, Petrus
  • Kruger, Clasina
  • Kruger, Maria
  • Lira, Riaan
  • Ludick, Madeleine
  • Mans, Cornelius
  • Marshall, Elmarie
  • Marx, Conrad
  • McLaughlin, Belinda
  • Meyer, Catharina
  • Myl, Mary-Ann
  • Morris, Anna
  • Ouwenkamp, Albertus
  • Pieters, Tanya
  • Pretorius, Connie
  • Pretorius, Elizabeth
  • Rautenbach, Thelma
  • Reynders, Hester
  • Strydom, Charl
  • Swanepoel, Vinette
  • Swart, Andries
  • Van der Westhuizen, Petrus
  • Van Heerden, Elsa
  • Van Tonder, Anna
  • Venter, Deon

*Die Du Plooy-familie het hul twee dogters in die ramp verloor: Reinette en Linda. Pieter Koen het 5 medeskoliere gered, maar het self verdrink terwyl hy besig was om 'n sesde slagoffer te help. Vyf-en-dertig kinders is in die Westparkbegraafplaas begrawe.

Verwysings[wysig]

  1. SOUTH AFRICAN CRASH KILLS 41 JOHANNESBURG, March 27 (UPI)”. 1985-03-28. URL besoek op 2010-02-19.
  2. Davie, Lucille (2005-03-24). “The day the bus went into the Westdene dam”. URL besoek op 2010-02-19.
  3. Westdene Bus Disaster”. URL besoek op 2010-02-19.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 26°10′45″S 27°59′28″O