Wet op Verbod van Gemengde Huwelike

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike, Wet No 55 van 1949, was 'n wet onder die Apartheidstelsel in Suid-Afrika wat huwelike tussen mense van verskillende rasse verbied het. Die wet was een van die eerste apartheidswette nadat die Nasionale Party in 1948 aan die bewind gekom het. Deur die rasseregistrasie, wat deur die Wet op bevolkingsregistrasie van 1950 verpligtend was en alle mense in vier groepe kon indeel, kon die Suid-Afrikaanse regering beheer uitoefen op die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike.

In die drie jaar voor die inwerkingtreding van die wet, was die persentasie gemengde huwelike wat geraak is reeds laag op 0,23% van alle huwelike. In 1968 is die wet hersien, waarby Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, nie deur dieselfde wet onderwerp is nie. Op 19 Junie 1985 word die wet onder pres. P.W. Botha herroep.

Soortgelyke wetgewing het ook in verskeie ander lande bestaan, onder andere in die VSA (die sogenaamde Anti-miscegenation laws) tot in 1967 en in Duitsland (die Rassewette van Neurenberg) tot in 1945.

Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel: