Whiskey

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Skotse whisky

Vir ander betekenisse van die woord "whiskey", sien asb. Whiskey (dubbelsinnig).

Whiskey (of whisky) (vanaf die Ierse woorde uisce beatha en ook vanaf die Gaeliese uisge baugh, wat albei water van die lewe beteken) is 'n alkoholiese drank wat gestook word van graanprodukte, veral mout. Die distillaat word dan verouder in houtbalies.

Agtergrond[wysig]

Bottels whiskey

Whiskey word skoon, met water, ys, of gemeng met ander sterk drank gedrink. (Van laasgenoemde is Ierse koffie 'n voorbeeld).

Moutwhisky word in Ierland, Skotland, Kanada en die Verenigde State van suiwer gars gemaak. In laasgenoemde twee lande word dit ook van rog vervaardig; mielies word ook in die Verenigde State in die vervaardiging daarvan gebruik.

Geskiedenis[wysig]

Die eerste aanduiding van gestookte whiskey kom uit die 13de eeu in Sjina. Dit skyn dat dit aanvanklik slegs gebruik is as medisyne, in die vorm van salf of stroop. Die eerste lisensie om dit te mag produseer, is in Engeland in 1608 deur koning Jakobus I toegestaan.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Bronne[wysig]

  • Whisky vanuit die Engelstalige Wikipedia