White Lies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
White Lies
White Lies at Barfly.jpg
White Lies. Februarie 2008.
Oorsprong Ealing, Wes-Londen, Engeland (VK)
Genre(s) Indie en sintetiese rock
Aktiewe jare 2007 — hede
(onder huidige naam)
Uitgewer(s) Fiction
Geffen[1]
Chess Club
Webwerf whitelies.com
Lede Harry McVeigh
Charles Cave
Jack Lawrence-Brown
Tommy Bowen (regstreeks)
Portal.svg Musiekportaal
White Lies op die Reading-musiekfees. 23 Augustus 2008.
Die voorsanger, Harry McVeigh.

White Lies is 'n Engelse musiekgroep wat in Ealing, Wes-Londen (VK) onder die naam Fear of Flying tot stand gekom het. Die groep word deur lede Harry McVeigh (op voorsang en kitaar), Charles Cave (op baskitaar en agtergrondsang), en Jack Lawrence-Brown (op tromme) opgemaak.[2] Tydens lewendige optredes word die groep deur Tommy Bowen (op sintetiese klavier) aangevul.

Die naam White Lies is in Oktober 2007 aangeneem terwyl die groep 'n genreverskuiwing ondergaan het. Nadat hulle hul eerste optrede met vyf maande uitgestel het om media-aandag op te bou, het hulle enkele dae ná hul debuut 'n platekontrak met Fiction Records onderteken. Die vrystelling van die enkelspelers "Unfinished Business" en "Death" het tot musiektoere en verskynings by feeste in die Verenigde Koninkryk en in Noord-Amerika gelei, insluitende 'n nuusmakende optrede by BBC Radio 1 se Radio 1's Big Weekend (Afrikaans: Groot Naweek) en 'n plek op die NME-toekenningsmusiektoer van 2009. Verdere enkelspelers "To Lose My Life" en "Farewell to the Fairground" het tot verdere media-aandag en die groep se eerste wêreldwye musiektoer gelei. Met die vrystelling van hul debuutalbum To Lose My Life het White Lies die eerste Britse handeling geword om in 2008 'n nommer-een plek op die albumtrefferlyste te behaal.

Deur die media is White Lies se musikale styl al as donker dog opheffend beskryf[3] en word hulle met Joy Division, Editors en Interpol vergelyk.

Verwysings[wysig]

  1. McQuiston, James (9 October 2008). “White Lies to Release EP”. NeuFutur Magazine. URL besoek op 2008-10-24.
  2. White Lies - 'Unfinished Business' album”. musicremedy.com. URL besoek op 2008-12-12.
  3. Smith (2008-12-26). “Hottest new acts of 2009”. The Sun. URL besoek op 2009-06-02.

Eksterne skakels[wysig]