White Star Line

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
White Star Line
WhiteStarLogo.svg
Tipe Vroeëre dogtermaatskappy van Cunard Line
Gestig 1845; as Oceanic Steam Navigation Company in Liverpool, Verenigde Koninkryk, 1868
Hoofkantoor Londen,, Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Sleutelpersone Peter Shanks (voorsitter van Cunard Line)
Thomas Henry Ismay
William Imrie
J. Bruce Ismay
Gebied bedien Plesierbootvaarte en vervoer van emigrante op die Atlantiese roete
Industrie Skeepvaartlyne
Moedermaatskappy Carnival Corporation & plc
Webwerf Cunard.co.uk

Die Oceanic Steam Navigation Company of White Star Line of Boston Packets, algemeen bekend as White Star Line, was 'n leidende Britse skeepvaartmaatskappy met sy hoofkwartier in Liverpool wat vandag veral bekend staan vir sy baanbrekende passasierskip RMS Oceanic wat in 1870 van stapel geloop het, asook die RMS Titanic en sy noodlottige nooiensvaart, en die Titanic se susterskip, HMHS Britannic, wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog op 'n seemyn geloop en gesink het.

In 1934 het die redery met sy grootste mededinger, Cunard Line, saamgesmelt wat tot en met 2005 as enkelmaatskappy bedryf is en tans deel uitmaak van Carnival Corporation & plc. Tans gebruik Cunard Line se passasierskepe as 'n blywende herinnering aan die White Star Line die term White Star Service om na die hoë vlak van klantesorg te verwys wat van hulle verwag word.