Whittlesea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Whittlesea
Ligging van Whittlesea op 'n kaart (Oos-Kaap)
Whittlesea
Whittlesea
 Whittlesea se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°10′0″S 26°49′0″O Koördinate: 32°10′0″S 26°49′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Chris Hani
Munisipaliteit Lukhanji
Stigting 1847
Oppervlak[1]
 - Dorp 15,37 km²  (5,9 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 14 756
 - Digtheid 960/km² (2 486,4/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 99.1%
 • Kleurling 0.2%
 • Indiër/Asiër 0.2%
 • Blank 0.1%
 • Ander 0.4%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 93.3%
 • Engels 2.5%
 • Ander 4.2%
Poskode (straat) 5360
Poskode (posbus) 5360
Skakelkode(s) 045

Whittlesea is 'n dorp in die landelike Oos-Kaap, Suid-Afrika. Onder die vorige politieke bedeling (tot 1994) was dit aan die noordwestelike (bo)punt van die Ciskei-tuisland geleë. Die naaste groot dorp is Queenstown, 37 km noordoos.

Geskiedenis[wysig]

Die dorpie is in 1847 gestig as 'n militêre buitepos. Tydens die Agtste Grensoorlog, op 5 Maart 1851, het die koloniale garnisoen, wat hier gestasioneer was, bekendheid verwerf toe hulle 'n aanval afgeweer het van die Thembu Xhosas en sekere Khoikhoistamme. Die dorp is vernoem na sir Harry Smith se geboorteplek, Whittlesey. Die naam het Whittlesea geraak as gevolg van iemand se verkeerde spelling.

Besighede[wysig]

Die dorpie se sakekern huisves 'n poskantoor, landdroshof, polisiestasie, twee vulstasies en verskeie kleinhandelaars. Die gerieflikste winkel is die Spar en 'n paar ander supermarkte, wat ook die groot banke se OTM's huisves.

Op die dae wanneer salarisse en pensioene uitbetaal word, ontplof die gehuggie in 'n warreboel van voetgangers, taxi's, busse en straatsmouse; dit alles weerskante van 'n groot provinsiale deurroete, die R67 tussen Queenstown en Grahamstad.

Hospitaal[wysig]

'n Goed-gevestigde algemene hospitaal, by name Hewu Hospitaal, is slegs 3 km buite die sakekern in die Ekuphumleni-buurt geleë.

Distrik[wysig]

Die dorpie is aan die oewer van die Klipplaatrivier. Bees- en skaapboerdery word die meeste beoefen, terwyl etlike honderde boerbokke ook deur plaaslike bestaansboere in kuddes aangehou word.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Whittlesea”. Sensus 2011.