Wikipedia:Geselshoekie/Argief31Des11

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Argief Hierdie bladsy dien as 'n argief van ou besprekings. Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie. Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die huidige besprekingsblad.


Inhoud

Terminologie: Vikings of Wikings

Vikings vs Wikings?? Altwee word gebruik. Met skepe: Slag van Jutland of Seeslag van Jutland??? Oesjaar.

Die nuutste AWS (2009 ed) gee Viking en nie Wiking nie. Die HAT (4de van 2005) gee ook slegs Viking. So-ook Pharos. Die WAT is nog nie by die V of W nie. Dit lyk my Viking is die regte een hansjoseph (kontak) 07:16, 5 Augustus 2011 (UTC)
Ek stem vir Vikings. Groete. Anoniem
Mieliestronk.com en MyFundi gebruik die "W"-spelling. Hoe spreek ons dié woord dan uit? 'fiking of 'wiking? --Voyageur (kontak) 08:59, 5 Augustus 2011 (UTC)
Môre almal. @Voya: dit is 'vi:kiŋ . Dus met 'n sierlike w. Suidpunt (kontak) 09:07, 5 Augustus 2011 (UTC)
Dit laat my ook wonder waarom die WAT opgehou het om Fonetiese uitspraak neer te skryf. Selfs al het elkeen ons eie idiolek, hoe moet mense nou leer om Afrikaans (korrek) te praat? Suidpunt (kontak) 09:11, 5 Augustus 2011 (UTC)
Volgens die uitspraak is "Wiking" eintlik 'n logiese keuse. --Voyageur (kontak) 09:23, 5 Augustus 2011 (UTC)
Kan jy nou meer, ons het reeds 'n artikel oor Wikings. Dus moet ons maar by die spelling hou. Groete. Anoniem
Dink ek ook. Die Uitspraakwoordeboek van Afrikaans (wat ek nou hier oorskryf, omrede dit sonder kopiereg is) gee al twee vorme. Dit is uitgegee in 1971. Ek bedoel, ons skryf tog nie van Sverige se Svede vir Swede nie, maar skryf dit met 'n w. Kyk ook na China se Sjina en Chinchilla se Tjintjilla. Wiking kan ook mos as alternatief gebruik word - dit dra tog geen ander betekenis nie. Ek hou wel nie daarvan dat ek dit soos "Wie"-"kieng" pleks van "Waai"-"kieng" moet uitspreek nie - dit klink slukkerig. Suidpunt (kontak) 09:39, 5 Augustus 2011 (UTC)
Die AWS gee net "Viking". --Morne (kontak) 09:51, 5 Augustus 2011 (UTC)
Vgl. "Wiking", A grammar of Afrikaans, deur Bruce C. Donaldson JMK (kontak) 10:24, 5 Augustus 2011 (UTC)
Ek stem saam dat 'n mens "Viking" moet gebruik as al die nuutste bronne net dié spelling aangee. Donaldson se boek is byna 20 jaar gelede uitgegee. Winston (kontak) 01:47, 14 Augustus 2011 (UTC)
Twintig jaar gelede het mense nog suiwer Afrikaans gepraat, geskryf en gespel - daar lê die probleem. "Viking" is 'n ruimtetuig. Die historiese etniese groep word in Afrikaans "Wikings" genoem. Afrikaanse boeke vir volwassenes en strokiesprente vir kinders gebruik uitsluitlik die Afrikaanse "w"-spelling - net soos gesaghebbende bronne (MyFundi, Mieliestronk, Die Republikein...) "Viking" is moontlik 'n Neerlandisme of Anglisisme - en 'n spelling wat hoegenaamd nie met die uitspraak ooreenkom nie. En hoekom spel ons Skandinawië en nie Scandinavië of Scandinavia nie? Omdat ons Afrikaans praat, 'n Germaanse taal met 'n wonderlike, nugtere fonetiese spelling. Die logika van Afrikaanse spelling vereis 'n "w". --Voyageur (kontak) 10:36, 14 Augustus 2011 (UTC)
Volgens MyFundi kan ons selfs die ruimtetuig met 'n "W" spel. --Voyageur (kontak) 10:47, 14 Augustus 2011 (UTC)
Dit help nie 'n mens redeneer die storie uit en gebruik bronne soos Mieliestronk of Die Republikein nie (wat terloops nie gesaghebbende bronne van Afrikaans is nie). Die amptelike bron van die Afrikaanse taal, die AWS, en alle nuwe woordeboeke gee die spelling tans as "Viking" aan. Mense wat "Wiking" in 'n woordeboek gaan opsoek, gaan dit nie kry nie. Baie goed in Afrikaans maak deesdae ook nie vir my sin nie, maar dit beteken nie ek kan nou my eie Afrikaans skep of terugval op 20 jaar gelede se Afrikaans nie. Winston (kontak) 12:14, 14 Augustus 2011 (UTC)
Die "v"-spelling kom ook in ouer tekste uit die 1980's voor. MyFundi - 'n gesaghebbende ensiklopedie met "gewaarmerkte" inligting wat deur "deskundiges " geskryf is - en die enigste boeke in Afrikaans wat die Wiking-tematiek behandel - Michael Gibson se Wikings, Robin Place se Wikings en Die Wiking-avontuur (steeds beskikbaar) - en ja, selfs Mieliestronk weeg vir my egter swaarder as 'n woordeboekinskrywing. Daar is blykbaar twee spellings in Afrikaans, en ons het voorlopig vir die mees gebruiklike variant gekies. Volgens ons eie riglyne gee ons dikwels die voorkeur aan dié vorm wat ons as tipies Afrikaans beskou (byvoorbeeld Sjina teenoor China).
Ander, meer belangrike tale soos Duits het ook hul "amptelike bronne" met nuwe spelreëls. Maar daar is 'n meerderheid sprekers en selfs uitgewerye, skrywers, dagblaaie wat hierdie reëls opsetlik verontagsaam. Om bogenoemde redes. --Voyageur (kontak) 13:23, 14 Augustus 2011 (UTC)

--Voyageur (kontak) 13:06, 14 Augustus 2011 (UTC)

As jy dink Duits is 'n belangriker taal as Afrikaans, het jy en jou Duitse en Nederlandse invloede gewen. Jy is reg. Wiking word met 'n "w" gespel. Winston (kontak) 16:21, 14 Augustus 2011 (UTC)
Dit raak nou net meer bisar ;)! Ek glo nie dat Duitsers of Nederlanders by die afskaling van Afrikaans tot kwasi-streektaal enigsins betrokke was of is nie, of dat hulle MyFundi of Mieliestronk tot so 'n mate beïnvloed dat daardie webwerwe by die "w"-spelling hou nie. Maar hulle spelreëls vir Wiking en Viking weerspieël darem presies die uitspraak in dié twee tale en hoef ook nie elke twintig jaar aangepas te word net omdat 'n klomp taalkundiges weer van mening verander het sonder om die geskrewe taal en bestaande publikasies in ag te neem nie.
Én daar word nog boeke oor Wikings in dié twee tale gepubliseer. In Afrikaans het baie min oorgebly wat nog deur taalkundiges gereguleer sou moet word. Die Bybel en romans vir vroulike lesers (die laaste steunpilare vir die Afrikaanse boekemark) bevat gewoonlik nie die term "Wiking" nie. LOL. --Voyageur (kontak) 17:13, 14 Augustus 2011 (UTC)
Wel, as beide spellings gebruik word kan julle dit spel nes julle wil. Ek is seker dat ons beide vorme hier kan akkomodeer. Dit is beslis nie 'n argument werd nie. Kom manne, ons het belangrike werk wat wag... Oesjaar, kyk wat jy nou hier begin het :-) Groete. Anoniem

Die N14 Wiki reis....

Haai julle!
Reis saam met my op die N14, kliek op elke dorp (en ander plekke) en in die dorp kan jy weer die N14 kliek om jou rit te voltooi! Die artikel ontsluit die ware krag van Wikipedia. Dit was harde werk! Oesjaar.

Jy maak my sommer lus om die kar te pak, die vrou te laai, en dit te gaan ry! As een van julle dit voor my doen, neem tog asseblief foto's en laai dit hier op! Dankie vir jou harde werk Oesjaar! Groete. Anoniem

Skildklier

Middag almal, dit gaan goed onder omstandighede, wil graag weet: kan skildklier diagnose jou seksaptyt aanraak en hoe kan mens dit oorkom, al is die oorsaak van die skildklier? Sal enige oefeninge verandering bring? Groete Marlize

Oefening help gewoonlik daarvoor (en ek praat nou nie van die skildklier nie). Die beste is maar om 'n doktor daaroor te raadpleeg. As jy meer uitvind, opdateer gerus die artikel by skildklier. Groete. Anoniem

Dubbelsinnigheidsbladsy vir St. Lucia asb!

Haai aan al die Admins. Kan julle help asb? Daar is reeds twee St.Lucia's met nog een St. Luciameer wat gaan volg. Oesjaar.

Ek is nie 'n admin nie, maar hier gaan ons: St. Lucia (dubbelsinnig). Groete. Anoniem
Dankie. Wikie begin nou rêrig groei! Oesjaar
Ja, dis wonderlik om te sien. As ons so aanhou kan ons dalk 20000 artikels teen November hê (ons 10de verjaarsdag). Dink net wat se geskenk dit vir Afrikaans sal wees! Groete. Anoniem

Dubbelsinnigheidsbladsy vir Kliprivier

Maak asb 'n bladsy vir Kliprivier. daar is drie: Kliprivier, Vrystaat, Kliprivier, Gauteng en Kliprivier, KwaZulu-Natal. Oesjaar

Uitgevoer Uitgevoer. Groete. Anoniem
Dankie! Oesjaar.

Storieman

Indien daar enigiemand is wat weet waar 'n mens die oorspronklike Storieman-reeks met 30 kassette en 30 boeke in die hande kan kry, kontak my asb. by gjwentink@gmail.com

Dankie

Dit lyk of die boeke wel nog op CD aangeskaf kan word. Sien gerus hier en hier. Groete. Anoniem

Slag van Jutland of Seeslag van Jutland?

Met al julle geredekawel oor die (W)Vikings, ek soek nog leiding oor die tweede gedeelte! Slag van Jutland of Seeslag van Jutland??? Oesjaar.

Dit klink om te ewe vir my. Ek sou sê Slag van Jutland, omdat dit eenvoudiger en tog bepalend is. Groete. Anoniem
Stem saam. --Voyageur (kontak) 13:39, 14 Augustus 2011 (UTC)

August Aimé Balkema

Groeten uit Amsterdam! Hierbij een verzoek om vertaling van mijn artikel over August Aimé Balkema. Jvhertum (kontak) 17:12, 14 Augustus 2011 (UTC)

(en) (nl)

Ek het die eerste paragraaf vertaal. Wie doen die tweede? Groete. Anoniem

Geografie

Hallo ek sien daar is 'n aardrykskunde blad en 'n geografie blad, dit is presies dieselfde onderwerpe. Die aardrykskunde blad is volledig so ek voel die geografie(onvolledig) moet dalk geskrap word of dalk 'redirect' na die aardrykskunde blad aangesien baie mense vir geografie sal soek. —Die voorafgaande anonieme kommentaar is deur Stefandprins gelewer (BesprekingBydraes) .

Hallo Stefandprins, daar is 'n Kategorie:Aardrykskunde en 'n Kategorie:Geografie, wat verskille taalskakels het. Kategorie:Aardrykskunde skakel ná de:Kategorie:Geowissenschaft, en:Category:Earth sciences en nl:Categorie:Aardwetenschappen, maar Kategorie:Geografie skakel ná de:Kategorie:Geographie, en:Category:Geography en nl:Categorie:Geografie. Ek dink, geografie is 'n onderafdeling van aardrykskunde soos die Duitse de:Erdkunde 'n onderafdeling van de:Geographie is en geen sinoniem nie. Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 08:10, 16 Augustus 2011 (UTC)
Geografie en aardrykskunde is vir my ook sinonieme. Die Afrikaanse sambreelterm is Aardwetenskappe. Die deelgebiede van hierdie studieveld is dan:
  • aardrykskunde of geografie, bodemkunde of pedologie, geodesie, geofisika, geologie, hidrologie, kartografie, kristallografie, mineralogie, oseanografie, petrografie en weerkunde. --Voyageur (kontak) 13:26, 16 Augustus 2011 (UTC)
Ek nou in die HAT gekyk aardrykskunde en geografie is sinonieme. Die "earth science" of aardwetenskap gaan oor die takke van die wetenskap wat betrokke is by die fisiese samestelling van die aarde en sy atmosfeer.
Volgens die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Professies:
Aardwetenskaplike: Die kategorie Aardwetenskaplike sluit die volgende in (maar is nie beperk nie tot):

Geofisikus; Seismoloog; Paleomagnetikus; Rotsmeganikus; Ingenieursgeoloog; Omgewingsgeoloog; Omgewingsfisikus; Geostatistikus; Geohidroloog; Hidrogeoloog; Omgewingsgeoloog met spesialisering in waterverspreide besoedeling.

Geologiese Wetenskaplike: Die kategorie Geologiese Wetenskaplike sluit die volgende in (maar is nie beperk nie tot):

Struktuurgeoloog; Karteringgeoloog; Mineraloog; Petroloog; Ekonomiese Geoloog; Myngeoloog; Eksplorasiegeoloog; Geochemikus; Paleontoloog.

So daar moet n Aardrykskunde blad (:en:Category:Geography) wees en 'n Aardwetenskap bladsy (:en:Category:Earth sciences)

Vlag grootte

Ek gebruik die vlagikoon sjabloon en probeer die grootte verander maar niks gebeur. Hoe verander ek die grootte? Ek tik "vlagikoon|Suid-Afrika|grootte=100px", maar kry net die klein vlaggie.

Dit werk beslis nie. As niemand my voorspring nie sal ek môre verder daarna kyk. Groete. Anoniem
Die grootte van die vlag verander nou. Ek sien nou as die vlag grootte uitgelos word is dit die volle grootte en nie volgens die sjabloon standaard grootte van 22x20px nie.
asb. maak dit weer reg, sien Rugbywêreldbeker 2007. Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 07:53, 17 Augustus 2011 (UTC)
Wat 'n gemors! Ek sal vanmiddag daarna kan kyk, anders moet julle maar solank terugrol. Groete. Anoniem
Dit was sommer 'n klein foutjie. Ek het lyk my te lank laas sjablone opgedateer. Groete. Anoniem
ok, baie dankie! Daar is weer alles ok, sien ook Slag van Magersfontein en Airbus A380. Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 10:50, 17 Augustus 2011 (UTC)
Daar is fout met Libië se vlagikoon sjabloon, dit wys nog die ou groen vlag, al is die vlag in die leër die nuwe vlag. As ek op die groen kliek dan laai dit die leër met die nuwe vlag. Ek sien nou as die vlag grootte 100px is dan die vlag groen

Vlag van Libië maar as dit bv 200px is dan dit die nuwe vlag

Vlag van Libië. Enige ander grootte is die vlag reg. Stefandprins (kontak) 19:18, 27 September 2011 (UTC)


Nou is daar nog 'n probleem met die Libië vlag, die "p" wil nie in die volgende kolom verskyn nie.

Stefandprins(kontak) 20:13, 27 September 2011 (UTC)

Gaan sien Lys van Afrika-lande
Behoort nou reg te wees? Groete. Anoniem

Fundraiser 2011 translation

Hi! I am Jon Harald Søby, and I work for the Wikimedia Foundation during the 2011 fundraiser. I am looking for people who can help coordinating the translations into Afrikaans for this year's fundraiser. The coordinator task is to help find translators and quality checkers, and make sure the translations are done in time. If you want to help out with coordinating, translating or quality checking, add your name to this list or send me an e-mail at jsoby@wikimedia.org. Jon Harald Søby (WMF) (kontak) 17:07, 17 Augustus 2011 (UTC)

Paardekraal Monument vs Paardekraal-volksvergadering

Admins! Is Paardekraal Monument vs Paardekraal-volksvergadering nie dieselfde nie?? Oesjaar

Dis twee verskillende artikels met verskillende invalshoeke, maar met oorvleuulende inligting. Ek sou sê, hou beide en kruisverwys hulle. Groete. Anoniem
Die tweede van hierdie artikels was aanvanklik genaamd "Paardekraal Gelofte", maar slegs dié van die AWB is aangegee, wat blykbaar met die oorspronklike verwar is. Die oorspronklike is bygevoeg en die artikel is geskuif na "-volksvergadering", verwysend na die saamtrek voor die monument se bestaan. JMK (kontak) 19:34, 25 Augustus 2011 (UTC)

Ampel

Wat is die korrekte Afrikaanse vertaling van die Nederlandse woord "ampel"? Die woord is al in 'n paar (Nederlandsagtige) artikels hier opgeneem en dis tyd dat ons dit regstel. Ek wil dit instinktief na "breedvoerig/baie/klomp" vertaal, maar ek dink dit is dalk een van daai valse vriende en beteken moontlik "min/weinig". Groete. Anoniem

Xhosa Grensoorloë

Daar was altesaam nege Xhosa Grensoorloë. Ons sal dit ook moet begin vasvang op Wiki om daardie 20000 artikels te maak. Enige voorstelle oor hoe die benaming moet klink vir elke oorlog: Eerste Grensoorlog of Eerste Xhosa Grensoorlog? Indien ons solank die artikels kan oopmaak kan ons mettertyd met die detail opvolg. Groete. Oesjaar.

Die politiek korrekte en aanvaarde term is deesdae Grensoorlog. Dus, ja: Eerste tot Negende Grensoorlog. Morne (kontak) 07:16, 28 Augustus 2011 (UTC)
Ek weet nie, ander bevolkingsgroepe het mos al grensoorloë voor die Xhosa's geveg? Vir my klink Eerste Xhosa Grensoorlog beter. Aan die ander kant, die ander Wikipedia's behandel al die Xhosa-grensoorloë in 'n enkele artikel. Tensy jy meer as 'n paragraaf of twee per grensoorlog wil skryf, moet ons dit dalk ook maar in een artikel hou. Groete. Anoniem
Ek stem vir Xhosa Grensoorlog, aangesien die 80'er jare se "oorlog" in Namibië ook na verwys word as die Grensoorlog. Groete, Arno (kontak) 14:36, 28 Augustus 2011 (UTC)
Lees gerus by die Derde Grensoorlog dat dit nie net 'n stryd tussen koloniste en Xhosas was nie, want die Khoi was ook betrokke. "Xhosa Grensoorlog" is hoogs ongebruiklik. Google gee twee soekresultate. Die een is vir dié bespreking, die ander vir Boerevolk.com. In Engels is dit die "Frontier Wars". Dis onnodig om van die "Grensoorlog" te onderskei, want daar was net een en dit sal so genoem word op Wikipedia. Morne (kontak) 09:06, 29 Augustus 2011 (UTC)

Leeukop

Kan iemand asb. 'n artikel van Leeukop skep? Dankie en Groete :) Bezuidenhout (kontak) 12:06, 29 Augustus 2011 (UTC)

Leeukop berg in Kaapstad?? Oesjaar.
Sover ek weet is daar een naby Smithfield in die Vrystaat (plaas waar Christiaan de Wet‎ gebore is), en dit is ook 'n koppie van Tafelberg. Groete. Anoniem
Ja ek het Leeukop berg in Kaapstad bedoel en dankie Anoniem :) Bezuidenhout (kontak) 12:50, 29 Augustus 2011 (UTC)

Kwikstertjie

Ek het 'n familie kwikstertjies wat elke jaar nou al vir jare terug kom. Elke keer voor die reën pik hul aanhoudend teen die ruite om in te kom. Ek kry hul vreeslik jammer want het nie werklik plekkie vir hul om huisie te bou nie. Ek wil graag vir hul 'n goeie beskutte huisie bou/laat maak... hoegemaak?? Waarvan hou hulle?

Groete Jullie-Ann e-mail: jullie.ann@gmail.com

Enige hokkie wat mens in 'n boom kan hang (en wat te klein is vir duiwe om oor te neem) behoort te werk. Die beste is om jou naaste dierewinkel vir raad te kontak. As jy meer uitvind, laat ons ook asb weet. Groete. Anoniem
Voëls wat teen ruite pik, wil gewoonlik nie inkom nie, maar sien hul eie refleksie aan as 'n indringer van dieselde soort, wat verdryf moet word. Voor reën, d.w.s. donkerte buite en binne, mag die refleksies meer opvallend wees. Vgl: Birds-Attacking-Windows JMK (kontak) 19:18, 29 Augustus 2011 (UTC)

Geskiedenis van ons dorpe in Suid Afrika

Wat is die moontlikheid dat ons die geskiedenis van ons dorpe en stede in RSA kan dokumenteer? Anoniem

Dis presies wat ons hier doen! As voorbeeld, kyk na die geskiedenis-hoofstuk by Barkly-Wes. Kan jy ons dalk help? Groete. Anoniem2

Megefter

Pieter Pieterse was lief om hierdie woord te gebruik om te verwys na 'n ding. Nou sien ek nêrens hierdie woord nie, maar wel 'dingesie' (gadget,gizmo en gismo in Engels). Waar kom die woord megefter vandaan? In die Kaap dink ek nie dit word gebruik nie. Miskien êrens in die Noorde sy ontstaan gehad. Help asseblief? Klaas Vakie. 

Kruisers....

Help asb met terminologie vir skepe:

  • Battleship = Slagskip
Sekondeer
  • Cruiser = Kruiser
Sekondeer
  • Light Cruiser = Ligte Kruiser
Sekondeer
  • Heavy Cruiser = Swaar Kruiser
Sekondeer
  • Battlecruiser = Slagkruiser
Sekondeer
  • Armoredcruiser = Pantserskip
Pantserkruiser?

Groete. Oesjaar.

Groete, Arno (kontak) 10:03, 5 September 2011 (UTC)

Sarmiento

I would like to expand the article on Sarmiento, a town in Southern Argentina, where a large Afrikaans population have existed since the early 1900s. For more information about it see here or even English wikipedia article about it. Baie dankie en Groete :) Bezuidenhout (kontak) 17:14, 1 September 2011 (UTC)

Ek wonder of die mense daar regtig nog Afrikaans kan praat? Indien wel, moet ons probeer kontak maak en bande smee. Groete. Anoniem
Ek dink dat die bejaardes praat nog Afrikaans by die huis maar die kinders praat Spaans by die huis en by die skool. Hulle het nog Afrikaans Vanne (soos Trichardt, Venter en Kruger) en daar is ook 'n paar name soos Pieter/Pedro. Maar Afrikaans daar is amper dood. Hulle gebruik ook nie Afrikaans in hulle kerk (NG!!) nie meer nie. Bezuidenhout (kontak) 21:29, 1 September 2011 (UTC)

19000 wink....

Kom manne! Ons is net 98 weg van 19000 artikels! Begin tik.... Oesjaar

Ek twyfel of ons dit die naweek sal haal, maar vroeg volgende week is realisties. Groete. Anoniem
Nou vir 20 000! Morne (kontak) 22:37, 3 September 2011 (UTC)
Ja!!!!! baie dankie Morne, kan iemand 'n sjabloon of iets vir die logo maak? Groete :) Bezuidenhout (kontak) 22:41, 3 September 2011 (UTC)
Ek sal deur die loop van die week die laaste 50 of wat artikels uitbrei. Ek wou net eers die mylpaal behaal, want ek't ongeduldig begin raak omdat dit so lank vat. Morne (kontak) 22:43, 3 September 2011 (UTC)

Vrystaatse Goudvelde...

Die Vrystaatse Goudvelde en al sy dorpe is klaar en vorm 'n geheel. Kan iemand dalk help met inligting oor die agteruitgang van die myne? Ek het nie inligting nie en sonder dit is die artikel nie voltooi nie. Oesjaar.

Suid-Soedan

Suid-Soedan se beplande hoofstad, om Juba te vervang, is blykbaar genaamd Ramciel, Ramshiel of Ramkiel. Dit is tans blykbaar niemandsland, sonder 'n dorp op die ligging. Op een of ander wyse sal 'n besluit oor die Afrikaanse spelling daarvan geneem moet word. Ek hoop om terugvoer te gee oor die uitspraak. JMK (kontak) 17:01, 3 September 2011 (UTC)

We could just wait for Media (Beeld, Die Burger etc.) on how they will spell it? I was thinking if it's pronounced [ram-shi-el] then in Afrikaans it could be "Ramsjel"? Just an idea. Groete :) Bezuidenhout (kontak) 21:07, 3 September 2011 (UTC)

Distrik

Please remember that the following changes have been made regarding district municipalities. So just make a quick check before you add them to the town/city infobokses:

  1. Motheo DM no longer exists, it was split up
  2. Buffalo City is no longer in the Amathole DM
  3. Metswedeing DM no longer exists, was absorbed into Tshwane
  4. OR Tambo DM in the Oos-Kaap ceded some plaaslike m. to Alfred Nzo DM. Just remember to look out for these before you edit :) Dankie en Groete :) Bezuidenhout (kontak) 21:16, 3 September 2011 (UTC)

Die Vrystaat is klaar...

Ek het nou elke nedersetting in die Vrystaat waarvoor ek inligting het bygewerk! Daar is nie meer daardie aaklige 'one-liner' nie! Oesjaar.

Dankie Oesjaar, dit lyk baie mooi :) Groete :) Bezuidenhout (kontak) 11:45, 4 September 2011 (UTC)

af.wikipedia.org Statistieke vs Afrika oposisie

Ek het die statistieke soos op 31 Julie 2011 van [1] verkry en hieronder die tale wat slegs as Afrika area gelys word in tabel vorm weergegee. Interessanthede is die volgende:

  • Afrikaans is 4de op hoeveelheid artikels
  • Afrikaans is 1ste met die hoeveelheid bladsye wat per uur besigtig word (amper dubbel die hoeveelheid van die tweede plek)
  • Afrikaans het by verre die meeste redigeerders per kapita

Groete, Arno (kontak) 10:44, 5 September 2011 (UTC)

Naam (amptelike naam) Vlag Hoofstad Geldeenheid Amptelike Tale Oppervlakte (km2) Bevolking BBP per capita (PPP) (US$) Kaart
Vlag van Libië p
Vlag van Suid-Afrika p
Kode Taal Pri+Sek Spekers (Miljoene) Redigeerders per miljoen sprekers Besigtigings per uur Artikels
af Afrikaans 13 2 4468 18544
sw Swahili 50 0.2 2294 21704
arz Egyptian Arabic 76 0.1 1746 7876
yo Yoruba 25 0.1 1374 29647
am Amharic 25 0.2 951 11203
mg Malagasy 20 0.1 787 23761
ig Igbo 22 0 411 684
so Somali 14 0.7 358 2390
ln Lingala 25 0.1 302 1780
wo Wolof 4 0.3 233 1139
rw Kinyarwanda 12 0 205 1795
kab Kabyle 8 0.1 145 1163
bm Bambara 6 0 132 395
ha Hausa 39 0 131 257
ee Ewe 4 0.6 107 278
ss Siswati 3 0.7 96 365
kg Kongo 7 0.1 94 618
zu Zulu 26 0 84 211
ts Tsonga 3 0 79 188
st Sesotho 5 0 79 121
sg Sangro 3 0.3 76 164
ff Fulfulde 13 0.1 70 117
sn Shona 7 0.1 68 132
ti Tigrinya 7 0.1 65 207
om Oromo 26 0 62 216
tum Tumbuka 2 0 58 177
xh Xhosa 8 0 52 112
rn Kirundi 5 0 50 246
lg Ganda 10 0 48 129
tn Setswana 4 0.2 48 101
ve Venda 0.875 0 47 158
ny Chichewa 9 0 47 130
ak Akan 19 0.1 47 61
tw Twi 15 0 42 45
ki Kikuyu 5 0 38 115

Die ander tale het dalk meer artikels, maar meeste is saai saadjies wat nie deur soekenjins geïndekseer word nie. In elke geval, ons moet bietjie moeite insit om weer bo aan die lys van aantal artikels te kom. Dit is binne ons bereik! Groete. Anoniem
As jy die onlangse wysigings op die 3 grootste Afrika wikis, sien jy dat hulle het sowat 15 wysigings per dag, en al hulle "duisende" artikels (soos Malagasy) is meestal deur bots gemaak. Persoonlik is ons wiki, uit van die Afrika-tale, nog steeds die beste :) Groete :) Bezuidenhout (kontak) 11:28, 5 September 2011 (UTC)
Wat is die 'bots'?? Oesjaar.
Robotte of programme wat gestandardiseerde artikels outomaties kan skep of wysig. --Voyageur (kontak) 15:59, 5 September 2011 (UTC)
Daar is in die verlede besware aangeteken teen robot geskepte artikels, maar al die groot Wikipedia's aanvaar 'n gesonde kombinasie van artikels vanaf mense en robotte. Ek het al selfs gesien hoe robotte sportuitslae op die Engelse wiki opdateer. Ons sal beslis weer daarna moet kyk as ons wil voorbly. Groete. Anoniem

Romeinse Gallië

Ons gebruik soms "Gallo-Romeins" soos in Cité de Carcassonne, en soms "Gallies-Romeins" soos in Gallië. Watter een sal ons gebruik? JMK (kontak) 19:04, 6 September 2011 (UTC)

Albei is aanvaarbaar. Die samestelling met Gallo- is klaarblyklik 'n Franse leenwoord wat woordvorming in Germaanse tale makliker maak. Daar is myns insiens ook net een selfstandige naamwoord, naamlik Gallo-Romeine, om na geromaniseerde Galliërs te verwys. --Voyageur (kontak) 19:15, 6 September 2011 (UTC)
Dankie. JMK (kontak) 10:41, 7 September 2011 (UTC)

Rugbywêreldbeker

Kan julle asb artikels skep vir die stede waar die Rugbywêreldbeker 2011 gaan plaasvind? Hulle is Rotorua, New Plymouth, Tauranga, Palmerston North, Invercargill, Napier, Nieu-Seeland. Byvoorbaat dankie. Anoniem

Ek het die dorpe geskep, maar ek gaan hulle nou beter maak :) Iemand moet die stadions ook skep. Groete :) Bezuidenhout (kontak) 13:17, 7 September 2011 (UTC)
Hierdie belangrike sportgebeurtenis is 'n baie goeie rede vir die volledigheid van die mooi artikel Nieu-Seeland. :) Ben, baie dankie vir die artikel! :) Voeg asb. die inligtingskas soos die in New Plymouth vir die lesers by. Baie dankie. Groete. :) Anoniem2
Ben, kan jy asb. ook artikels skep vir Nelson, Nieu-Seeland en Whangarei. Groete. Anoniem
Die artikels is geskep, en wat van New Plymouth en Palmerston North. Kan ons die Afrikaans name gebruik (Nieu-Plymouth/Palmerston-Noord)? Groete :) Bezuidenhout (kontak) 21:55, 8 September 2011 (UTC)

900!

Ons is amper daar! 900 to go :D Groete :) Bezuidenhout (kontak) 20:52, 7 September 2011 (UTC)

Jipee! Ons moet nou net so aanhou. Groete. Anoniem

Iemand belangstelling veur Niesiklopedia?

Hi, ek is Henning en ek het Niesiklopedia onder my beheer. Dit is 'n spoof van Wikipedia/Ensiklopedia, maar ek soek nog volk (Suid-Afrikanen) om by te dra. Kom gerus langs op niesiklopedia.org ! CartoonistHenning (kontak) 15:21, 8 September 2011 (UTC)

Hoekom? Ons het die betere artikel en is wêreldwyd! XD Het die satire relevansie vir ons ernstige projek? Ek werk hier vir 'n betere leef van die mense in (Suider-)Afrika by uitbreiding van hierdie artikel. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 18:00, 8 September 2011 (UTC)

Nieu-Seeland "Regions"

Wat is die Afrikaans naam vir die "Regions of New Zealand". Ek dink ons kan "streek" gebruik? Groete :) Bezuidenhout (kontak) 22:12, 8 September 2011 (UTC)

Streke van Nieu-Seeland behoort te werk. Groete. Anoniem

Voorstede van Joburg

Can someone please help me in creating a sjabloon for the "Voorstede van Johannesburg"? It would help alot to create all the articles. And if anyone has any spare time (haha) can someone help in making one for die Voorstede van Pretoria? The only sjabloon for Joburg is for the "former region 3" which doesn't even exist any more! Groete :) Bezuidenhout (kontak) 17:35, 10 September 2011 (UTC)

I hope you have the rest of your life to work on this one! Winston (kontak) 18:25, 10 September 2011 (UTC)

Well there are only 310 Suburbs of Johannesburg, so we're about 2.2% of the way there! The more work to be done, the mroe articles! :D Groete :) Bezuidenhout (kontak) 18:38, 10 September 2011 (UTC)

But be careful that these articles have enough content for our readers. 20.000 articles with 5 kb and 5 sentences are much better than 50.000 articles with 0,5 kb and 1-2 sentences. :) We need articles like Monterrey and not someones like yo:Egbé Ọmọ Odùduwà. ;) e.g. what's the knowledge of Ingenieurswese III? Best regards, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 19:28, 10 September 2011 (UTC)
We need contributors to work on both the depth and breadth of articles. Ben is doing a great job here, please allow him to get on with it. Best regards. Anoniem
I agree. Ben's articles are a good step and beginning. A infobox is also usefull. :) I do and did the same with some states and metropoles. ;) Best regards, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 19:47, 10 September 2011 (UTC)
If you want I can also add demographic data, such as in Minas Gerais, which is basically just filling in boxes, I have all the data but it just takes a while and I don't experiment much with actual language as for me it can be a bit too dangerous (if you see my earlier articles) but if you look at the 2001-sensus you see alot of cities have plenty of "sub places", e.g. Van Riebeek Park in Kemptonpark. Groete :) Bezuidenhout (kontak) 20:50, 10 September 2011 (UTC)

Which SA cities has suburbs, too? Durban, Bloemfontein and something else? And how much? :D Best regards, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 20:10, 10 September 2011 (UTC)

Al die stede en groot dorpe het voorstede. Daar's byvoorbeeld ook Benoni, Germiston, Boksburg, Springs, Brakpan, Roodepoort, Krugersdorp, Potchefstroom, Klerksdorp, Kimberley, Welkom, Pietermaritzburg, Oos-Londen, Port Elizabeth, Bellville, Somerset-Wes. Morne (kontak) 09:14, 14 September 2011 (UTC)

Koördinatesjabloon

Die koördinatesjabloon skep tans 'n tegniese probleem in die drukbare weergawes van artikels - die inligtingskasse van artikels oor nedersettings strek oor byna die hele skerm. Enigiemand met raad? --Voyageur (kontak) 16:58, 11 September 2011 (UTC)

Hi Voyageur, jy bedoel daar is 'n probleem met Helsinki maar nie met Denemarke of Bloemfontein nie? Ek sal dan plan probeer maak. Arno (kontak) 12:00, 27 September 2011 (UTC)
Hi Arno, die probleem is in elke artikels met die Sjabloon:Koördinate, ook in Denemarke en Bloemfontein, maar nie so groot nie. Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 12:05, 27 September 2011 (UTC)
Ek het die probleem op 'n tyd opgelos, maar net 'n gedeelte daarvan is geïmplementeer. Die bespreking by Wikipedia:Nuus_vir_gebruikers#Augustus mag dalk help. Sterkte! Anoniem
Het iemand nog konak met Anrie en kan ná 'n oplossing vir hierdie probleem vra? Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 13:58, 27 September 2011 (UTC)
@ Arno: In die drukbare weergawes van artikels met koördinatesjabloon binne 'n inligtingskas is die hele skakel vertoon - dit was beslis 'n probleem wat met die webblaaiers te make het. Dit was moontlik nie so erg vir die meeste gebruikers nie. --Voyageur (kontak) 15:01, 27 September 2011 (UTC)

Article request

Hi! en:Dichapetalum cymosum is about a plant known to many Afrikaners. Would anybody be interested in making an article in Afrikaans about this plant? Thanks WhisperToMe (kontak) 00:48, 12 September 2011 (UTC)

Sien Gifblaar. Dankie JMK! Groete. Anoniem
Hi, dalk moet die wetenskaplike naam afgestuur word na die Gifblaar artikel. Stefandprins (kontak) 19:24, 20 September 2011 (UTC)
Ek hou van hoe jy dink! Skep gerus 'n aanstuur (as dit nie reeds bestaan nie). Groete. Anoniem
Thank you very much! WhisperToMe (kontak) 01:26, 14 Oktober 2011 (UTC)

Extensions

Hoe werk "extensions" in Suid-Afrika? Is hulle hulle eie voorstede of is hulle saam met die suster voorstad (soos is Kempton Park ext. 1 sy eie voorstad of saam met Kempton Park?). Ek vra dit omdat ek die Joburg voorstede sjabloon wil skoonmaak. (sorry for my Afrikaans, still at Beta stage).. Groete :) Bezuidenhout (kontak) 18:41, 13 September 2011 (UTC)

Persoon-inligtingkas

Het by Sjabloon:Inligtingskas Persoon beroepveld probeer byvoeg, blykbaar sonder sukses. JMK (kontak) 07:44, 18 September 2011 (UTC)

Dit lyk of dit wel werk. Groete. Anoniem
JMK
Gebore onbekend
Beroep Filantroop
Dankie. JMK (kontak) 09:26, 21 September 2011 (UTC)
Daar is tans iets ernstig verkeerd met hierdie inligtingkas, soos langsaan gesien kan word. JMK (kontak) 20:26, 11 Oktober 2011 (UTC)
Van die ander sjablone is ook stukkend. Lyk my ons kort die volgende in MediaWiki:Common.css:
/* class hiddenStructure is defunct. See Wikipedia:hiddenStructure */
.hiddenStructure {
   display: inline ! important;
   color: #f00; 
   background-color: #0f0;
}
Groete.Anoniem

Nuwe Afrikaanse woorde

Waar kry 'n man nuwe Afrikaanse woorde? Ek het in Pretoria gehoor dat daar 'n program op TV is, waar hulle nuwe Afrikaans woorde opmaak? Weet iemand ook wie die nuwe woorde kies? Baie dankie en jammer vir my Afrikaans Groete :) Bezuidenhout (kontak) 21:25, 23 September 2011 (UTC)

Ben, Afrikaans is 'n lekker taal om mee te speel, en die opmaak van nuwe woorde kan groot pret en vermaak verskaf. Hierdie woorde is egter nie amptelik nie. Enkeles daarvan kan, as dit algemeen gebruik word, in woordelyste en -boeke opgeneem word. Hoekom wil jy weet? Kort jy 'n woorde om iets nuuts mee te beskryf? Groete. Anoniem
My Duits onderwyseres (sy is eintlik Nederlands) is liefde met Afrikaans. Sy wil meer oor die taal leer omdat sy van tale hou, en ek soek vir plekke waar sy kan die nuwe Afrikaans woorde soek. In Nederlands is baie woorde net van Engels af maar in Afrikaans is (amptelik) baie woorde nie, soos Rekenaar en Skootrekenaar. Groete :) Bezuidenhout (kontak) 14:28, 27 September 2011 (UTC)

Ek’t in die HAT gaan rondsnuffel en dis wat ek kry as “neologismes”:

  • anker – ’n persoon by ’n radio- of TV-program wat as aanbieder ’n samebindende funksie vervul.
  • bewarea (my gunstelingwoord!) - area waar fauna en flora bewaar word.
  • braai – verkorting vir braaivleis.
  • buurtwag (neighbourhood watch) – organisasie waarvan die lede hul eie buurt beskerm.
  • diakones – vroulike diaken (vroeër het slegs mans gedien; die vroeëre betekenis was kerklike werkster/pleegsuster)
  • dramatologie – toneelkuns, studie van drama
  • duinry (dune riding) met ’n spesiale ontwerpte plek (soos branderry) teen ’n sandduin (vinnig) na onder beweeg
  • eskaleer (escalate) – toeneem in intensiteit
  • generasie (generation) – ’n nuwe, gevorderde tipe bv. “die volgende generasie motors sal kunsmatige intelligensie (AI) inspan”
  • gevegsknoper – iemand wat gevegte tussen boksers, stoeiers ens. reël
  • gimnastrada – massavertoning van gimnastiek
  • gonswoord (similar to “jargon word”) – modewoord wat veral in tegniese taal tydig en ontydig gebruik word (literally: “buzzing word”)
  • grudood – grusame dood (bv. iemand wat doodgemartel is, deur ’n dier verskeur is)
  • hiperama – (Hyperama) – ’n baie groot winkel met ’n groot verskeidenheid afdelings
  • hipermark (hypermarket) – supermark van buitengewone grootte
  • houertuin – tuin waarvan die plante in houers, bakke geplant is, bv. in ’n woonstel
  • hygroman – roman (novel) waarin seks, suggestief of blatant, die botoon voer (literally: hushing novel)
  • impimpi (from Nguni) – iemand wat konfidensiële inligting aan die opposisie verskaf, veral ’n polisieinformant.
  • kantoorpublikasie (desktop/office publication) – publikasie wat met behulp van ’n persoonlike rekenaar en laserdrukker tuis of op kantoor voorberei kan word; lessenaar-, tafelpublikasie
  • kapwerf – werkplek waar ou motors of motors wat in ongelukke beskadig is, opgesny word en die onderdele verkoop word (almost like scrap yard; literally: slash yard)
  • kermesse – (from French) fietswedren wat bestaan uit ’n aantal rondes om ’n baan of wat deur die strate van ’n dorp of stad gery word.
  • klooftog – staptog/uitstappie deur ’n lang kloof/canyon
  • kolhou – (hole-in-one)
  • kommerkrale – string krale wat ’n mens hanteer om jou besig te hou, of veral, om jou te kalmeer (literally: worry-beads)
  • kontrakmoord (contract murder) – moord per kontrak, d.w.s. waar een persoon ’n kontrak met ’n ander aangaan om ’n derde te vermoor
  • kosmeties – oppervlakkig (superficial) [Another Afrikaans word quite suitable is “wuftig”, though it is a bit archaic] – Daardie voorstel is maar kosmeties!
  • kuierkroeg – kroeg (bar) waar mense gesellig saam kan verkeer (almost like Af.Wikipedia’s Geselshoekie or Nl.Wikipedia’s De Kroeg!)
  • kulkunstenaar – iemand wat “magic tricks” uithaal, bv. Wolfgang Riebe
  • kweekhuiseffek (greenhouse effect)
  • kykweer (look/see again) - repeat of what happened/ a replay of e.g. a rugby/cricket scène
  • laitie, laaitie (a young and naive boy. Personally I believe it is the diminutive form of “lat” plural “latte” – a (young) man, dude.)
  • lirieke – lyrics (I’ve noticed that the Danish use “sangtekst”, could be a good alternative in Afrikaans as “sangteks”)
  • lugdek - konstruksie oor ’n pad gebou, waar voorsiening gemaak is vir restaurante, petrolpompe en ander geriewe (literally: air/sky deck)
  • luierstoel – stoel wat (gedeeltelik) kan platslaan sodat ’n mens daarop kan lê (almost like a lazy boy)
  • musieksentrum (direct translation of ‘music centre’)
  • nommer – kledingstuk bv. “watter nommertjie sal ek nou vanaand partytjie toe dra?”
  • nutsman – factotum (literally: handy man)
  • ontbondel – (literally: unbundled) – ’n groep maatskappye of filiale wat onder sterk sentrale beheer is, los maak van mekaar sodat elkeen outonoom is
  • paralimpiade (direct translation of paralympics)
  • pasifies – (from Pacific) wat betrekking het op die Stille (Pasific) Oseaan.
  • proaktief (straight forward translation from “proactive")
  • reënboognasie – (translated from “rainbow nation”)
  • rol – ’n motor omgooi
  • scenario – (earlier, it only meant “draaiboek” (play script – such as for movies/drama); now, due to “worst case scenario” etc. scenario now means “voorstelling van gebeurlikhede”.
  • sekswerker (direct translation of “sex worker”, as it is more “politically correct” than straatvrou or prostituut.)
  • slypskool – skool, inrigting, kursus waarin iemand se vermoëns, bv. om te skryf, verfyn, geslyp word.
  • snuffelmark – mark waar allerlei goedere (bric-a-brac) uitgestal word vir verkoop, meestal op bv. Saterdag en Sondag.
  • sosialiseer – deelneem aan sosiale aktiwiteite (to socialize)
  • spoedvraat – iemand wat te vinnig ry (literally a person that gobbles up speed)
  • tik – kristalmetamfetamien
  • tolvry (direct translation of “toll free”e.g. phone calls)
  • tuisteskepper – (direct translation of “homemaker”, as it is almost an euphemism for “huisvrou” (house wife))
  • vaalseun (literally dull boy (think: “All work and no play, makes Jack a dull boy”)– somebody that doesn’t sosialize, but are only occupied with his studies)
  • ventileer – opinies uitspreek (bv. by ’n vergadering).
  • vigilante (same as English vigilant)
  • wurgroof (literally strangle+rob) – to rob someone after he/she has been strangled.


As jy wil, kan jy altyd Radio Sonder Grense se webwerf besoek en hul potgooie (podcasts) aflaai. Ek luister na Radio Nederland Wereldomroep as ek my Nederlands wil opknap. Jou onderwyser kan dus maar net na Afrikaanse Radio luister. Aanvanklik is dit moeilik, maar later raak jy gewoond aan die aksent.
Onlangs nog het RSG gepraat oor die nuutskepping “sportnutsvoertuig” wat vir “sport utility vehicle” bedink is. Kies dus ’n onderwerp waarvan jy hou. Verder: as jy ’n woord teëkom wat jy nie ken nie, vra hierso. Dis waarom ons hier is.
Wees gewaarsku: ander woorde soos moltrein vir metro train is seker voor die 1950's al opgeteken, so dit is lankal nie meer 'n neologisme (nuutskepping) nie, maar is nou ingeburger. Suidpunt (kontak) 21:54, 22 Oktober 2011 (UTC)

Dankie Suidpunt!! Ek sal hieride skakels probeer en wow dit is a wonderlike/pragtige taal!!! :D Groete :) Bezuidenhout (kontak) 08:25, 23 Oktober 2011 (UTC)

Nuwe bladsy

Hallo

Sien die volgende bladsy Portaal:Inhoudsopgawe/Oorsigte, dit is 'n Afrikaanse weergawe van die engelse bladsy (Die ander bladsye is nog nie voltooid nie). Basies is die Oorsig blad in 12 hoofvakke opgedeel en elke vak bevat belangrike onderwerpe oor hierdie hoofvak (volgens die engelse blad is dit die belangrike onderwerpe vir elke vak, ek dink belangrike Afrikaanse onderwerpe kan bygevoeg word). Gaan kyk na die onderwerpe en sien of titel vir elke artikel reg is, daar sal gesien word dat daar is baie titels wat rooi gemerk is. Asb as jy sien daar is iets waaroor jy kan skryf sal dit baie help. Julle sal sien daar is eenvoudige onderwerpe waar daar oor niks geskryf is nie soos; Biblioteek, fontein, grot, gesondheid, geloof, grootouer, gesin, onderwyser, wapens en nog veel meer.

As ons aan hierdie rooi artikels kan werk dink ek sal ons vinnig die 20000 merk haal. 'n Ander ding wat ek raak gesien het is dat daar is baie artikels wat, maar net 'n saadjie is en daar sal aan dit ook moet gewerk word (dit is nou nie ou nuus nie).

Dankie

Stefandprins (kontak) 20:07, 26 September 2011 (UTC)

Goeie werk Stefandprins! Ek sal later vandag een van jou rooi skakels blou maak. Groete. Anoniem

Huidjiehu

Wanneer die huidjiehu in die Wes-Kaap begin skree in die nag, dan is dit 'n aanduiding dat die gras en die veld begin te val. D.w.s. die gras begin verdroog en die blomme van die lente seisoen gaan dood.

Vanaf die 13de September vanjaar hoor ek die huidjiehu skree in Malmesbury.

Zambezi Shark

Wat is bogenoemde haai in Afrikaans? Die Amerikaners noem hom ook die Bull Shark. Ek is weg van my huis en woordeboeke... Oesjaar.

Stierhaai of Atlantiese Grondhaai. Groete. Anoniem
Loop toevallig vandag 'n boekie raak: Gids tot die Kusgebied 2007 ISBN 978 1 77009 215 0 waarin hulle van Zambesihaai praat. Oesjaar. NS Het die boekie gekoop, baie nuwe inligting!
Nou ja toe, Zambesihaai klink heel gepas. Groete. Anoniem
Reg as ek Stierhaai verander na Zambezihaai? Oesjaar.
Reg so. Ons skep die ander benamings as aansture. Anoniem

Huistake....

Kan iemand asb help met dubbelsinningheidsblad vir Stompneus? Die blad moet verwys na Witstompneus, Kaapse Stompneus en Natalse Stompneus. Stompneusbaai??

Ook een vir Steenbras - Witsteenbras en Rooisteenbras.

Tans word Tugela na Tugelarivier gestuur. Daar is egter 'n dorp Tugela.

Wat is die regte vorm vas die latynse name - word die eerste letters met 'n hoofletter geskryf??

Oesjaar

Stompneus en Steenbras is geskep.
M.b.t Tugela - oorskryf net die aanstuur met 'n artikel oor die dorp.
M.b.t. latynse name - weet nie, sal probeer uitvind.
Groete. Anoniem
Dankie - en kan jy help met Kreef ook? Moes daaraan gedink het. Oesjaar.
Kreef is geskep. Groete. Anoniem
Merci! Oesjaar
Harder - dubbesinnigheids blad asb - Platkopharder en Suidelike Harder! Oesjaar.
Harder is geskep. Groete. Anoniem
Giyabonga! Oesjaar.

Parys

Let me explain this in english: Paris get's a Wikipedia:Suksesvolle voorbladnominasies in 2006 (!), but was never as Wikipedia:Voorbladartikel at the Main Page. So I want to make Paris as featured article in week 41 2011. But I think there is some trouble with Sjabloon:Voorbladartikel, because nomination and using as featured article have to been in the same year. How can we solve this problem? Best regards, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 08:00, 29 September 2011 (UTC)

Kan ons hom nie hernomineer vir 2011 nie? Groete. Anoniem
ok, baie dankie! Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 08:24, 29 September 2011 (UTC)
Ons het nou tot ons verjaarsdag vir hulle weke 'n nuwe voorbladartikel en het dan 230 voorbladartikel! As jy kan sien is die antwoord 42 (hierdie onderafdeling). ;) Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 09:15, 29 September 2011 (UTC)
Welgedaan! Ek sien uit na ons 10de verjaarsdag op 16 November 2011. Groete. Anoniem

Internasionale Vertalingsdag: help ons om 'n artikel te vertaal

30 September is natuurlik Internasionale Vertalingsdag. Help ons asb om op die dag 'n Wikipedia-artikel vanuit 'n ander taal na Afrikaans te vertaal. Hulp is byderhand, so moenie bang wees om foute te maak nie. Lys asb die artikels wat u vertaal het/ of beplan om te vertaal hier. Groete. Anoniem

Goeie idee, dankie! Hier is my ideë:

Article request

Hi! Would anybody be interested in making an article in Afrikaans about en:Mzoli's ? I am going to make the same request at the Zulu and Xhosa Wikipedias so people write about the establishment in some of the largest vernacular languages in South Africa Thank you, WhisperToMe (kontak) 23:26, 29 September 2011 (UTC)

Nou ja, hier gaan ons: Mzoli's. Groete. Anoniem
Thank you so much :) WhisperToMe (kontak) 01:25, 14 Oktober 2011 (UTC)

Dubbelsinnigheids blad vir tongvis asb!

Kan iemand asb help met 'n dubbelsinnigheids blad vir Tongvis asb want daar is twee spesie. Oesjaar.

Uitgevoer Uitgevoer. Groete. Anoniem

Lughawens

Hoe skryf ons die name van Lughawens. Op hierdie wiki het ons Lanseria lughawe, Nelspruit-lughawe en Wonderboom Lughawe? Ek weet dis klein maar nodig. Groete :) Bezuidenhout (kontak) 08:13, 2 Oktober 2011 (UTC)

Ek is nie 'n taalkundige nie, maar laat ek probeer verduidelik:
Volgens tradisionele spelwyses is dit een ding (plek) en dus een woord. Met ander woorde Lanserialughawe. Om dit meer leesbaar te maak gebruik sommige mense koppeltekens, m.a.w. Lanseria-lughawe. Volgens die AWS (en nou raak dit tegnies), kan eienaamverbindings ook los geskryf word, dus Lanseria Lughawe (let op die 2 x hoofletters, nooit Lanseria lughawe nie).
So, nou het ons 3 maniere om die woord te skryf wat almal min of meer reg is, maar kom ons vat dit 'n stap verder en sien hoe koerante dit gebruik. Gaan na http://www.koerantargiewe.media24.com/, kies 'n koerant (ek gaan Beeld gebruik), soek vir elkeen tussen "aanhalings":
  • "Lanserialughawe" - 8 keer gebruik
  • "Lanseria-lughawe" - 408 keer gebruik
  • "Lanseria Lughawe" - OK, die een werk nie, stupid soekenjin.
In elke geval, dis nou duidelik dat Lanseria-lughawe die beste vorm is.
Hoop dit help. Groete. Anoniem
Die styl wat ons nog altyd gevolg het, is dit met 'n koppelteken en lughawe met 'n kleinletter. Dus Lanseria-lughawe, Nelspruit-lughawe, Wonderboom-lughawe. Winston (kontak) 08:50, 2 Oktober 2011 (UTC)
Net jammer dis nooit so gedokumenteer nie. Wat my betref is Lanseria lughawe verkeerd (kort 'n koppelteken of hoofletter (L)ughawe), Nelspruit-lughawe reg en Wonderboom Lughawe ook 100% reg. Groete. Anoniem
Dit is al bespreek in die tyd wat ek aan Wikipedia werk (dus iewers van begin 2008 af), maar moenie vir my vra waar nie. Dit gaan oor eenvormigheid, nie wat reg of verkeerd is nie. Sover ek weet (volgens die vorige AWS), is Lanseria lughawe ook reg. Winston (kontak) 10:24, 2 Oktober 2011 (UTC)
As jy eenvormigheid verwag, moet dit asseblief so gedokumenteer word. En nee, volgens die AWS is Lanseria lughawe taboe. Groete. Anoniem
Ek verwag niks, ek probeer my ondervinding op Wikipedia deel. Aanvaar dit of los dit. Ek weet in elk geval nie waaroor jy stry nie, want jy sê self dit lyk vir jou of Lanseria-lughawe die beste vorm is. Winston (kontak) 10:43, 2 Oktober 2011 (UTC)
Nou ja toe, laat ons dan end kry met die nonsens! Groete. Anoniem
Ja, kry asb. end. Winston (kontak) 10:55, 2 Oktober 2011 (UTC)
Jy eerste :-)

Noudat die lughawens afgehandel is....

Ek het dolfyne en walvisse by die Alfabetiese lys van visse geplaas. Hulle is egter soogdiere. Advies asb! Oesjaar

Dolfyne en walvisse is soogdiere wat dink hulle is visse :-) Ere visse miskien?
Hulle moet tegniese gesproke nie op die lys van visse verskyn nie.
Groete. Anoniem

Soek 'n woord

Ek sal graag wil weet wat is die afrikaanse woord vir aerospace, my woordeboeke my nie veel gehelp nie. Miskien is dit in 'n nuwe woordeboek?? Stefandprins (kontak) 16:49, 4 Oktober 2011 (UTC)

Pharos gee "lugruim". hansjoseph (kontak) 16:55, 4 Oktober 2011 (UTC)
Ek dink nie dit is reg nie, want lugruim is - 'n luglaag om die aarde (atmosfeer)
Aerospace is - 'n tipe groep tegnologie en die industrie wat in aviasie en ruimtevaart spesialiseer. Stefandprins (kontak) 17:22, 4 Oktober 2011 (UTC)
"Lug- en ruimtevaart" is moontlik 'n geskikte term. --Voyageur (kontak) 17:37, 4 Oktober 2011 (UTC)
Volgens Nuwe Woorde en waarskynlik ook Pharos: aer·o·space n. lugruim. ~ industry ruimtevaartbedryf. ~ research ruimtenavorsing. ~ technology ruimte(vaart)tegnologie. Winston (kontak) 19:18, 4 Oktober 2011 (UTC)
Ek dink ek die regte woord gevind dit is "lug-en-ruimtevaart" Stefandprins (kontak) 20:14, 4 Oktober 2011 (UTC)
Sonder om te veel hare te kloof, "lug-en-ruimtevaart" is reg, maar "lug- en ruimtevaart" is meer algemeen. Sterkte met jou keuse! Anoniem

Die vis is endemies...

Die taalkundiges: Wat is die korrekte gebruik van die woord Endemies in 'n sin?? Oesjaar. NS Artkeltjie oor Endemies sal ook help....

Endemies: Die siekte is endemies in die Wes-Kaap. Dus: gebonde aan 'n sekere streek of gebied. Winston (kontak) 18:52, 4 Oktober 2011 (UTC)
Kyk gerus na endemies en endemies (ekologie). Groete. Anoniem

Die Italiaanse Wikipedia

Die Italiaanse Wikipedia is deur die gebruikers geblokkeer omrede die Italiaanse regering wetgewing oorweeg wat die vryheid en waarheidsgetrouheid van it.wiki kan bedreig. Sien Jcwf (kontak) 03:10, 5 Oktober 2011 (UTC)

Is ons eie voorgestelde mediawet, dalk ook 'n probleem? As 'n regeringsamtenaar iets "geheim" verklaar soos iets oor die wapentransaksie en ons het 'n bladsy daaroor? hansjoseph (kontak) 16:20, 5 Oktober 2011 (UTC)
Wikipedia val onder jurisdiksie van die Verenigde State - jy mag dus skryf soos jy goeddunk. Enige ander staat kan natuurlik optree teen bydraers wat binne sy grense woonagtig is, maar dit is nie altyd moontlik om hulle te identifiseer nie aangesien hulle agter 'n gebruikersnaam kan skuil. --Voyageur (kontak) 16:55, 5 Oktober 2011 (UTC)
asb. ondersteun hier. Dankie! Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 16:43, 5 Oktober 2011 (UTC)
Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie, Voyageur, sien Jcwf (kontak) 22:49, 5 Oktober 2011 (UTC)
Teoreties - ja. Prakties - nee. Volgens ons riglyne moet alle inligting ensiklopedies wees en deur betroubare en geredelik toeganklike bronne gestaaf kan word. Onthullings oor die sekslewe van bekende persoonlikhede, wapentransaksies en ander alledaagse nuus kwalifiseer nie maklik as ensiklopediese inhoud nie en behoort eerder in dagblaaie gepubliseer te word. Onomstrede feite, byvoorbeeld historiese wapentransaksies of gedokumenteerde seksorgies waartydens baanbrekende uitvindings of historiese uitlatings gemaak is ( ;) ) wat in wetenskaplike vakboeke gepubliseer is, mag wél hier behandel word. Daar is dus min gevaar dat ons in regsake gewikkel sal wees, of wél? --Voyageur (kontak) 14:53, 6 Oktober 2011 (UTC)

Sambrele!!!

Weet iemand waar die Afrikaans woord "Sambreel" vanaf kom? Die nederlandse woord is Paraplu...? Is die Maleise of iets? Groete :) Bezuidenhout (kontak) 17:32, 5 Oktober 2011 (UTC)

Dit is afgelei van Maleis-Portugees sombreloe (vergelyk Spaans sombrero). --Voyageur (kontak) 17:44, 5 Oktober 2011 (UTC)
Ja, 'n "sombreloe" is 'n "breërandhoed wat die son weghou".
Die Engelse "umbrella" kom weer van die Italiaanse "ombrella", wat "skaduwee" beteken.
Groete. Anoniem

Springbokrugbyspelers

Kan 'n admin asb 'n sjabloon ontwerp vir die rugbyspelers wat ten minste die volgende bevat: Naam, Gebore & afsterwe datums, Begin-eind datums van toets loopbaan, aantal toetse, totale punte, Provinsie span . Oesjaar

Wat van die een {{Inligtingskas Rugbyspeler}}? Groete. Anoniem
Skerp! Nou het ons werk! Oesjaar
Hoe sit mens die ding in 'n artikel?? Oesjaar
Kyk by ander spelers, soos Morné Steyn. Anoniem
Help asb! Het iets verkeer gedoen. Oesjaar
Dankie - moes dit seker self gesien het. Wattter formaat is die afsterf datum? Oesjaar

20 000 Artikels?

Probeer ons nog om die teiken te haal? Ek is tans die enigste persoon wat artikels skryf, die res is stil. Oesjaar.

Jammer Oesjaar, ek sien jou artikels en baie dankie vir jou harde werk, maar ek moet my universiteit aansoeke hierdie week maak. Ek sal definitief jou by Vrydag help maar vir nou is ek 'n bietjie besig. Groete :) Bezuidenhout (kontak) 21:41, 11 Oktober 2011 (UTC)
Ek het gister Sandra Prinsloo en Don Lamprecht geskep en 'n klomp uitgebrei. Ons is redelik op koers, natuurlik grotendeels te danke aan jou harde werk. Groete. Anoniem

Dubbelsinnigheids bladsy vir Phoenix

Kan iemand asb help met 'n dubbelsinnigheids bladsy vir Phoenix asb? Groete Oesjaar.

Skuif asb Phoenix na Phoenix, Arizona, dan maak ons Phoenix 'n dubbelsinnigheidsblad soos op die ander wiki's. Groete. Anoniem
Uitgevoer Uitgevoer

Tweede Wikipedia:Skryfwedstryd

Aangesien dat Anrie inaktief is en hierdie Wikipedia meer lewe nodig het, wil ek die tweede Wikipedia:Skryfwedstryd organiseer, om ons 10de jaar en 20 000ste artikel te vier. 'n Ander aspek is, dat ons vir die volgende ses weke voorbladartikel het, maar nie vir die daaropvolgende ses weke tot 1 Januarie 2012 nie. Soos gesien is my idee, om reeds bestaande en byna voltooide artikel op die tuisblad te bring. Die prysgeld vir elke deelnemende artikel is R100. (My voorstelle is Bremen, Litaue, Nieu-Seeland, Plinius die jongere, Tacitus en Wolf, maar daar is natuurlik ook ander artikels moontlik. ;)) Wat is jy mening oor hierdie idee? Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 09:00, 12 Oktober 2011 (UTC)

Dit klink na 'n goeie idee! Ek kan ongelukkig nie vir 'n R100 omgekoop word nie, maar ek hoop nietemin mense neem deel vir die pret en prestige daarvan. Groete. Anoniem
Maak so! Oesjaar.
Ok, baie dankie! Is daar ook Gebruiker, wat aan die Skryfwedstryd wil deelneem? :) Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 13:37, 14 Oktober 2011 (UTC)
Ek sal deelneem, maar net vir die pret, nie om iets daaruit te kry nie. Groete. Anoniem

Dubbelsinnigheids blasy vir Klein-Brakrivier asb!

Kan julle asb 'n dubbelsinnigheids blasy vir Klein-Brakrivier skep. Daar is 'n rivier en dorpie met dieselfde naam. Oesjaar.

Ek wonder of ons nie eerder die 2 artikels moet saamvoeg nie? Iets soos: Klein-Brakrivier is die naam van 'n rivier en 'n dorp langs dieselfde rivier... As ons meer inligting het, kan ons hulle later weer skei. Wat dink jy? Groete. Anoniem
Jy is meer as welkom! Oesjaar
Uitgevoer Uitgevoer

Lyk my ons het dieselfde situasie met Groot-Brakrivier. Dit benoem is 'n dorp en rivier. Groete. Anoniem

Maak weer so! Oesjaar

Language support group for Afrikaans

The Wikimedia Foundation has brought together a new team of developers who are dedicated to language support. This team is to support all the languages and consequently it is not realistic to expect that the team members can provide proper support for your language. It is for this reason that we are looking for volunteers who will make up a language support team.

This language support team will be asked to provide us with information about their language. Such information may need to be provided either to us or on a website that we will indicate to you. Another activity will be to test software that will likely have an effect on the running of the MediaWiki software. We are looking for people who clearly identify their ability. Formal knowledge is definitely appreciated.

As much of the activity will be concentrated on translatewiki.net, it will be a plus when team members know how to localise at translatewiki.net. Thanks, Gmeijssen (kontak) 19:20, 13 Oktober 2011 (UTC)

I've signed up. Thanks. Best regards. Anoniem

John Smit

--41.135.194.204 07:58, 14 Oktober 2011 (UTC) Ek het so pas die berig gelees waar John Smit, Victor Matfield prys oor sy wonderlike loopbaan. Ek stem saam, met alles wat hy gese het. Maar wie gaan vir die wereld vertel van ons enigste John Smit? As 'n baie entoesiastiese rugby ondersteuner wil ek hulde bring aan John Smit. Hy is by verre die beste kaptein wat ons nog ooit gehad het. Die manier wat hy die spelers inspireer, sy eie spel en sy positiewe uitsprake in die pers en televisie is maar die bolangse eienskappe. Hy besit oor die vermoe om die spel te kan lees, en sy span te lei om die regte spelpatroon te speel. Die mooi verhouding tussen hom en mnr. Pieter de Villiers, is ook ongekend in rugby kring, mnr. de Villiers verstaan John en die twee saam se besluite is onverbeterlik. Ek word woedend vir negatiewe kritiek. Ons afrigter, kaptein en die hele span word op meriete gekies. Om spelers uit te sonder en af te kraak is tog so onnodig. Dit is die moeite werd om na John te luister na elke game, hy sal nooit iets negatiefs se nie, al het ons verloor, nooit 'n speler afkraak nie maar wel met positiewe opmerkings 'n speler terg wys. John het ons manne in groen wedstryd na wedstryd positief beinvloed, soms al was ons as die verloorders in die pers aangewys, het hy joernaliste hul woorde laat sluk, met sy leiers eienskappe het hy die doemprofete verkeerd bewys, hoe doen hy dit, hy ken elke speler se goeie en slegte eienskappe, hy konsentreer op hul goeie eienskappe wat hy dan gebruik om die beste uit elke speler te kry. Oor die jare het sy gesig in 'n mens se brein vasgebrand, dit sal nou nie weer gebeur nie. Ek wens hom slegs die beste toe. Magriet van den Bergh

Jy kan maklik jou helde hier verewig deur ensiklopediese artikels oor hulle te skryf of verder te ontwikkel. Sien byvoorbeeld John Smit en Victor Matfield. Groete. Anoniem

Dubbelsinnigheids bladsy vir Haarlem en Gouda asb!

Ons benodig twee dubbelsinnigheids blasy vir Haarlem en Gouda omrede beide dorpe in die Wes-Kaap en Nederland is. Kan iemand help asb? Oesjaar. NS Daar is ook 'n Haarlem in New-York.

Skuif asb. Gouda na Gouda, Suid-Holland en Haarlem na Haarlem, Noord-Holland om plek te maak vir die dubbelsinnigheidsblaaie. Groete. Anoniem
Uitgevoer Uitgevoer
Dankie. Ons maak nou vordering met al die SA dorpe! Oesjaar.

Article request: Tomato bredie

Would anybody mind making an article in Afrikaans about en:Tomato bredie?

Thanks! WhisperToMe (kontak) 02:27, 16 Oktober 2011 (UTC)

Hier gaan ons: Tamatiebredie. Groete. Anoniem
Thank you :) WhisperToMe (kontak) 21:27, 17 Oktober 2011 (UTC)

Here are some more article ideas:

Thanks WhisperToMe (kontak) 21:29, 17 Oktober 2011 (UTC)

My bydrae vir die dag is Kook en Geniet‎. Groete. Anoniem
Thank you! WhisperToMe (kontak) 05:28, 21 Oktober 2011 (UTC)

Dit moes toe die een of ander tyd gebeur het....

Ek het vanaand die laaste dorp bygewerk wat in my bronne is. Al wat nog uitstaande is, is 'n klomp stranddorpies in KwaZulu-Natal. Ek moet nou 'n wegbreek van Wiki (dit beteken minder tyd) aangesien ek moet begin voorberei vir my internasionale Commissaire eksamen Nov in Switserland. Moet nie skaam wees op dorpe in [[ ]] te plaas nie! Hulle is almal daar! Oesjaar

Jy het hard gewerk en verdien 'n breek. Sterkte met daai eksamen. En as jy moeg geleer is, kom loer tog maar in. Groete. Anoniem

Kraai

Wat noem 'n mens die geluid wat 'n kraai maak?

"kras"
Die kraai se kraai, die kraai se roep. Nee, kraaie en meeue kras of krys blykbaar :-) Anoniem
Sien ook dieregeluide, dankie Suidpunt! Groete. Anoniem
Plesier, Anoniem! Ek kan net nie glo hoeveel die Duitse en Nederlanders s'n is nie. Die taalghoeroes sal 'n plan moet maak!
Dit beteken iemand soos jy! Ek is soos Oesjaar, 'n goeie tegnokraat, maar 'n taalghoeroe se agterent. Groete. Anoniem
Dankie vir die pluimpie! 'Skuus, my uitlating was ietwat emosiebelaai. Ek moet ophou om te vergelyk. Waarom wil ek ander tale op Afrikaans afdruk? Ons taal is mos om sy eenvoud gemaak, net soos die Deense taal (daar vergelyk ek weer!). Om so vinnig moontlik te verduidelik dat 'n leeu agter my is. Hou dit so! As alle voëls kan kwetter en nie alleen swaweltjies soos in ons sustertaal nie; dan spreek dit mos iets van die Afrikaanse taalgebruiker se aard: ons is nie so presies oor die gebruik van die presiese woorde vir die presiese goed nie; d.w.s. ons as taalgebruiker is meer 'n soort Mediterreense ontspanne en laidback spesie. Waarom moet die taaltuin net uit rose van 'n spesifieke geur wees? Nee wat- 'n eenvoudige veldblom het tog net soveel waarde! Suidpunt (kontak) 15:36, 20 Oktober 2011 (UTC)
Ik hoop dat ik als Nederlander ook wat mag zeggen hier. Volgens mij "krast" een kraai. Van een haan zegt men dat hij "kraait".

Libië en Moeammar al-Ghaddafi

Ons het 'n volledige opdateer van die voorbladartikel Libië en sy leier Moeammar al-Ghaddafi nodig. Die "Groot Libies-Arabiese Sosialistiese Volks-Dzjoemhoerija" is definitief geskiednis. Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 16:12, 20 Oktober 2011 (UTC)

Ek dink dit is "Die Groot Sosialistiese Libies-Arabiese Volkdjamahirija", met die nuwe oorgang regering is dit nou "Republiek van Libië".

More article ideas

Here are more ideas for articles in Afrikaans:

these ones have already been mentioned above - these ones haven't been done yet:

Thanks, WhisperToMe (kontak) 05:28, 21 Oktober 2011 (UTC)

Hier is melktert. Groete. Anoniem
Julle maak my honger! Oesjaar
En hier is waterblommetjiebredie. Groete. Anoniem
Thank you very much! WhisperToMe (kontak) 19:28, 18 November 2011 (UTC)

Biblioteekkunde

Kan iemand iets skryf oor Biblioteekkunde? Hier is die skakels vir en:Library science en nl:Bibliotheekwetenschap.

Uitgevoer Uitgevoer - saadjie geskep. Hopelik sal iemand hom verder kan uitbrei. Groete. Anoniem

Laai van foto's

Ek is nuut op Afrikaanse wikipedia, en will graag 'n paar fotos van my geboortedorp laai wat ek self geneem het. Hoe gaan ek te werk om dit te laai / laat laai?

Die eerste stap is om aan te teken (skep 'n gebruikers as jy nie reeds een het nie). Daarna sal u 'n skakel "Laai lêer" onder "Gereedskap" in die kantbalk sien. Spesifiseer asb dat u dit self geneem het en toestemming vir hergebruik toestaan. Groete. Anoniem
Commons: Oorweeg miskien ook om die fotos op wikipedia Commons http://commons.wikimedia.org/wiki/Main_Page op te laai, waarna dit aan alle wikipedia projekte beskikbaar is, insluitend Afrikaans. Jy kan 100% Afrikaanse lêername en beskrywings gebruik op Commons. Die Franse, Portugese ens. wil miskien ook 'n artikel oor jou dorp hê, met jou fotos. Indien dit eers op Afrikaans gelaai word, is dit 'n hele proses om dit op Commons te kry. Die enigste voordeel van oplaai in Afrikaanse wikipedia is dat die regte van die beeld nie so deeglik ondersoek word, sodat die lêer miskien uitgevee word nie. Maar in jou geval besit jy al die regte en kan dit vrystel soos jy wil.
Wanneer jou Commons gebruikerblad geskep is, plaas die lêernaam op jou Commons gebruikerblad tussen dubbel-vierkanthakies: bv. 85px. Kliek op die rooiskakel om die oplaai proses te begin. Die opsies is redelik duidelik. By licensing is daar verskeie: 'n goeie een is miskien: "Own work, copyleft, attribution required (GDFL, CC-by-SA-3.0)", wat die eindgebruiker toelaat om enige van die twee lisensies in hakies te gebruik. Copyleft beteken dat niemand later regte kan bysit wat jy afgehaal het nie, en attribution beteken dat jy altyd as bron vermeld moet word. JMK (kontak) 07:15, 25 Oktober 2011 (UTC)

seekoeien

seekoei sijn leuk, rebecita is seekoei

212.178.213.130 14:40, 31 Oktober 2011 (UTC)

Sien seekoei. Groete. Anoniem

Marthinus Versfeld

Ek is 'n nuweling en probeer die foto van die Engelse WP, "File:Marthinus Versfeld00.jpg", inpas op die blad. Hoe gaan ek te werk? Dankbaar vir hulp Tekwani (kontak) 15:28, 31 Oktober 2011 (UTC)

Praat jy van die foto en:File:Marthinus_Versfeld00.jpg? Dit is geskeduleer vir verwydering omdat dit kopiereg op het. As jy 'n foto sonder kopiereg het is jy welkom om dit hier op te laai. Groete. Anoniem
Nee.... die foto is geskeduleer vir verwydering omdat dit nog nie gebruik word deur enige artikel nie. Ek het self die foto opgelaai onder die lisensie "Non-free historic image" maar weet nie hoe om dit op die Marthinus Versfeld blad te kry nie - of moet dit weer gelaai word? Tekwani (kontak) 05:23, 4 November 2011 (UTC)

2011 Fundraising Is Almost Here

Wikimedia Foundation RGB logo with text.svg

Hello Wikipedians, my name is Alex and I am working for the Wikimedia Foundation during the 2011 Fundraiser. This year's fundraiser is intended to be a collaborative and global effort; we recognize that messages which may perform well in the United States don't necessarily translate well, or appeal to international audiences.

I'm contacting you as I am currently looking for volunteers who are willing to contribute to this project by helping translate and localize messages into your local language, suggesting community appeals for us to use, and to provide us with feedback on the Fundraising Meta Page. We've started the setup on meta for both translation, statistical analysis, and local discussion and testing. We actively encourage focusing discussion on meta so we can all work together.
Use the talk pages on meta, talk to your local communities, talk to others, talk to us. Engagement is what we strive for, without each other we would never had made Wikimedia succeed. The staff working on this fundraiser is comprised of long-time Wikimedians with as much care and concern for the success of this drive as the volunteers, and we want you to actively participate and have a voice. Everyone is welcome to contact any of us on staff at any time with a timely response to follow. I look forward to working with you during this year's fundraiser.

If someone could translate this message I would really appreciate it so that everyone is able to understand our goals and contribute to this year's campaign.
Azariv (kontak) 19:16, 31 Oktober 2011 (UTC)

Jaag daai 20,000!!!

Mede Wiki's - ek sal eers weer op 23 November inskakel op Wiki. Moet nou gaan eksamen skryf en die dinge. Sterkte. Oesjaar.

Sterkte met die eksamens! --RAM (kontak) 10:15, 3 November 2011 (UTC)

Verjaarsdag

Die Afrikaanse Wikipedia vier sy tiende verjaarsdag op Woensdag, 16 November 2011. Dis oor -1011 dae! Help ons asb. om voor of op die datum die 20000 artikel merk verby te steek. Vir meer inligting, sien Nuus vir Gebruikers. Dankie! Anoniem

OK. Nou verstaan ek minder as niks. Om 15:18 - bogenoemde skakel sê 19 960. Voorblad sê 19 979 en bokant wysigings staan 19 992. Maak iets sin???? Suidpunt (kontak) 13:19, 11 November 2011 (UTC)
Flippit nou het dit opgestoot!!!! :-)))) Suidpunt (kontak) 13:19, 11 November 2011 (UTC)
Ja, hulle kas die bladsye sodat dit vinniger laai. Terloops, dankie vir al die artikels wat jy vandag geskep het! Groete. Anoniem
Een moerse groot plesier. Ek is so opgewonde wie die 20 000ste een gaan haal!!! Solank dit nie ek is nie. Dit is geskiedenismaak! Suidpunt (kontak) 13:40, 11 November 2011 (UTC)
Geen rede om die eer vir iemand anders te los nie. Jy kan dit net sowel doen en klaarkry. Groete. Anoniem
Toe slaan ons 20000 op die elfde dag van die elfde maand twintig elf ('11/11/11). Was dit toeval??? Groete. Anoniem
Puik! - Hierdie projek is 'n tekenende voorbeeld van wat die samelewing kan vermag in 'n klimaat waar vryheid heers! --RAM (kontak) 06:07, 12 November 2011 (UTC)
Jackpot! Boerpot! Eerstens, baie geluk Voya'! Ek wil nou nie te veel sentimenteel raak nie, maar jou artikel het nogal betrekking op 'n beweging wat 'n groot invloed op die Afrikaanse gemeenskap 'n paar honderd jaar later sou hê - veral hul kultuur. Tweedens, gister was inderdaad (hoe serialisties dit mag klink) vir my 'n soort staafkodedag (||||||) - ons is eintlik almal anonieme bydraers in die postmoderne inligtingseeu. Vryheid, Toewyding en Internet vorm ook die drie pilare. Ek dink glad nie dis toevallig nie. En derdens, nou kan ek fokus op wat werklik belangrik is - die uitbrei van artikels... En nou is my toespraak afgehandel. Anoniem, ek sien uit na jou toespraak op 16 November 2011! ;-) Suidpunt (kontak) 06:52, 12 November 2011 (UTC)
Geluk julle! Het deur die studies die vordering dopgehou! Ek klim vannaand op die vliegtuig na die UCI vir my eksamen volgende week. Kannie wag om weer te begin Wiki wanneer ek terug is nie. Hierdie was 'n span poging! My vrou is 'n onnie by die Hoërskool en sy wys my daarop dat optiese vesel deel van die sillabus is. Kyk na die gebruikers stats van die artikel en dan kan julle duidelik sien wanneer die gebruikers (kinders) inligting soek in verband met die projek! Nou weet ek hoekom ek deel is van Wiki. Oesjaar.

NS.Wanneer ek terug is: meer visse, bokke, damme, dorpe, N1-20 paaie moet klaar! Ook navigasie moet bywerk word.

Kaktus

Ek gaan die naweek plaas toe in die Aberdeen omgewing. So 100km van Willowmore af, aan die linkerkant van die pad, lê die een plaas daar is 'n streek waar die kaktus voorkom omtrent 100 meter by 1000 meter. Sal fotos neem en dit kom plaas. Die kaktus is klein geel ronde blaartjies met sulke dorings was kort en geel is - lyk of hulle in sulke bossietjies bymekaar is (verduideliking maar swak - jammer) fotos sal beter beskryf. VRAAG: Sal graag wil weet hoe roei mens dit uit want dit raak meer en meer elke jaar en digter? Groete. Edna (er@lantic.net)

Dis heelwaarskynlik inheemse Euphorbias (Noorse), en daarom nie nodig om uit te roei nie, tensy dit miskien weiveld sou inneem. Soos met bosindringing kan dit miskien weens oorbeweiding wees. Slegs litjieskaktus en nagblom sou 'n probleem wees. 'n Voorbeeld van die inheemse Euphorbias is hier te sien: Euphorbia horrida. Voorgaande soort het nie voedingswaarde vir vee nie, maar sekeres is wel beweibaar, bv. E. coerulescens (Soetnoors), E. enopla (Boknoors) en ander. JMK (kontak) 19:42, 16 November 2011 (UTC)

Veels geluk Wikipedia

As ek reg onthou is dit vandag die Afrikaanse Wikipedia se 10de verjaarsdag. So, veels geluk Wikipedia omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog BAIE, BAIE jare spaar! Baie dankie ook aan al die bydraers wat soveel van hulle tyd hier opoffer om Afrikaanse te bevorder, julle is ware helde en filantrope. Mag 2012 so voorspoedige wees dat dit eintlik vervelig is. Du so voort! Anoniem

Ek sou dit nie beter kon sê nie. Jou toespraak het trane in my oë gebring. Dit is so mooi!
Van my kant - GAAN GROOT, SUPERGROOT! Suidpunt (kontak) 19:35, 16 November 2011 (UTC)

Yet more article ideas

Has anybody tried writing an article on en:South African Sign Language in Afrikaans? I think it would be a good idea!

en:Department of Basic Education would be nice!

Also if anybody is interested, would anyone mind starting en:People Against Gangsterism and Drugs?

Thanks, WhisperToMe (kontak) 19:28, 18 November 2011 (UTC)

Hier is Departement van Basiese Onderwys. Groete. Anoniem
Thanks :) WhisperToMe (kontak) 15:35, 29 November 2011 (UTC)

Would somebody mind making an article about en:Takalani Sesame? Its the South African Sesame Street - Also en:Kami (Takalani Sesame character) is a very notable character from the show WhisperToMe (kontak) 15:35, 29 November 2011 (UTC)

Kategorie:Leë bladsye en Spesiaal:KortBladsye

Ons geliefde projek het 'n groot probleem met leë en kort bladsye, wat die kwaliteit van ons projek verminder. Geen mens het die nodige onderwys met hierdie bladsye nie en ons het geen saadjies sonder inhoud nodig nie om 20 000 of 25 000 artikels te beheer. Ons skryf vir mense en nie vir nommers nie. Ons het ook nie genoeg aktiefe gebruikers met die nodige tyd nie, wat hierdie bladsye kan uitbrei. Mense besoek Wikipedia om nuwe dinge te leer, maar soos bladsye 'n moontlike teleurstelling is. Ek weet, my artikels is nie die beste nie, maar ek probeer al, om my bladsye self te verbeter. Jy weet, ons grootste konkurrensie is die Engelse Wikipedia, wat gewoonlik betere artikels beheer. Suid-Afrikaners of Namibiërs, wat Afrikaans en Engels praat en hierdie artikels vind, gebruik gewoonlik meer die Engelse Wikipedia. Hierdie Wikipedia is 'n goeie georganiseerde projek en een van die beste uit Afrika, wat die onderwys in die suidelike deel kan verbeter. Kennis is een van die belangrikste hulpbron in die 21ste eeu. Laat ons hierdie bladsye verbeter vir Afrikaans, Suid-Afrika en Namibië! :) Beste groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 17:00, 23 November 2011 (UTC)

Leë bladsye behoort na 'n redelike tyd geskrap te word (sê maar na +- 2 weke). Tensy hulle uitgebrei word, natuurlik.
Kort bladsye kom egter op al die Wikipedia's voor. Hulle kan egter nie so maklik geskrap word nie, en moet so gelaat, uitgebrei of saam met ander artikels versmelt word.
Groete. Anoniem
Noudat die 20,000 artikel mylpaal agter die rug is moet ons fokus op taalgebruik en opdatering van skakels tussen artikels. Dit is waar die ware krag van Wiki lê. Ons kan later meer nuwe atikels byvoeg. Persoonlik is ek nie ten gunste van artikels oor persone wat nog leef nie want dit is effektief advertering/bemarking. Was daar 'n koerant artikel oor die 20,000 artikels? Oesjaar (kontak) 17:32, 23 November 2011 (UTC)
Daar was geen mediadekking gewees nie. Wonder of daar dalk 'n rede is hoekom die Afrikaanse media ons nie ondersteun nie. Miskien dink hulle ons is kompetisie (wat natuurlik glad nie waar is nie!). Groete. Anoniem
Daar moet meer aandag wees aan die artikel Afrikaanse Wikipedia, om meer besonderhede, statistieke en insig te verskaf omtrent wat Afrikaanse Wikipedia is, en waar dit staan teenoor ander Afrikaanse naslaanbronne, of teenoor ander Afrikatale. 'n Beriggewer kan nie insiggewend skryf as Afrikaanse Wikipedia self nie weet nie. Die artikel is 'n potensiële basis vir beriggewing indien die ware toestand en belangrike feite daar duidelik gestel word. Waarin Afrikaanse wikipedia o.m. nog ernstig tekortskiet is outomatiese speltoetsing en sjablone. Selfs die opskrifte toon tans 'n oorbodige spasie onderaan, en die inligtingkaste is steeds buite werking. Die oorsprong van Afrikaanse Wikipedia se artikels is ook effens ondeursigtig: hoeveel is bv. vertaalde bydraes en hoeveel is oorspronklike artikels. Bydraers kan miskien meer noukeurig op hul gebruikersbladsye aandui wat die aard van hulle artikels is. JMK (kontak) 07:07, 24 November 2011 (UTC)

Sommige van die kort bladsye kan met Sjabloon:Inligtingskas Nedersetting uitgebrei word en is dan slegs saadjies met sowat 3000 bytes. Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 17:25, 4 Desember 2011 (UTC)

Hamilton in die Vrystaat

Ek soek asb info oor die nedersetting, Hamilton, in die Oos-Vrystaat. Dit lê aan die voet van die Drakensberg naby die Collings Bergpas. Oesjaar (kontak) 19:42, 23 November 2011 (UTC)

Volgens die 2001-sensus is die enigste "Hamilton" in die hele Suid-Afrika die township suid van Bloemfontein? Waar is die Collings Bergpas? Groete :) Bezuidenhout (kontak) 20:48, 23 November 2011 (UTC)
Collingspas, -28.207457, 29.613476, is net suid van Biggarsberg, maar daar is geen dorp aan die Vrystaatse kant nie, of minstens volgens my verouderde bronne nie. Slegs die Hamilton-buurt in Bloemfontein. Aan die Natalse kant bestaan 'n paar nedersettings wat miskien hernoem kan wees na Hamilton. "Aan die voet van die Drakensberg", laat my dink dat dit aan die Natalse kant kan wees. JMK (kontak) 06:38, 24 November 2011 (UTC)
Ek het die naam in Mapstudie se Suid-Afrikaanse Atlas gesien. Dit blyk dan te wees dat die plekkie nie bestaan nie of vrek klein is. Dankie vir terugvoer. Oesjaar.

Doelwitte

Die Afrikaanse Wikipedia is tans die 84ste grootste Wikipedia. Om na 83ste te skuif benodig ons minder as 200 artikels. Om na 82ste te skuif benodig ons 'n verdere 1000 artikels. Ek dink dis haalbaar teen einde van 2011/ vroeg 2012. Wat dink julle? Groete. Anoniem

Die Wikipedia in Westelike Panjabi het 'n groot nommer van botartikels en artikels sonder inhoud (Depth = 0), die pnb Wikipedia kan 200 Artikels sonder inhoud in 24 ure skep. Ons voormalige Depth was 45, nou 41... Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 08:45, 24 November 2011 (UTC)
Kon ons vergeet van teikens jaag, laat ons wat ons het se kwalitiet verbeter en meer volume gee om die Depth terug te kry na 45. Ek het gisteraand die binomiale naam artikel gelees en besef dat ek volg nie die standdard nie; dus gaan terug en die artikels en maak reg! Eina... Baie van ons artikels gebruik twee name vir dieelfde ding bv. Shaka vs Tsaka wat die skakels deurmekaar maak. Dit moet reggestel word. Daar is baie sulke voorbeelde van die swart mense se name en plekke - ook bv Bartlomeus Dias waarvan ek 'n klomp reggestel het. Gisteraand het ek weer Cyprus vervang met Siprus. Daar is seker nog Cyprus'e - moet nog opvolg. Elke persoon wat se geboorte plek bekend is, se geboorte dorp moet dit wys. Ook dink ek ons moet by elke soogdier artikel 'n Sien ook insit wat verwys na die Alfabetise lys van Soogdier en Lys van Wetenskaplike naame van sooddiere. Dit gaan dit makliker maak vir die nuuskierige kinders om deur Wiki te blaai. Daar sal groei wees in die tussen tyd maar as ons eers die kwaliteit reg het sal dit makliker gaan. Oesjaar.
Die meeste werk wat ek insit is om ander mense se artikels uit te brei, m.a.w. om die diepte van artikels te verhoog. As ons nie op beide breedte en diepte fokus nie, raak ons net al verder agter. Elke geval, elkeen moet seker maar maak soos hy smaak. Sterkte.
En jy doen dit baie goed!

Barracuda

Wat is die Afrkaanse naam vir die vis: Barracuda? Oesjaar (kontak) 15:17, 24 November 2011 (UTC)

Barrakuda. --Voyageur (kontak) 15:34, 24 November 2011 (UTC)

Lys van artikels wat 'n ensiklopedie behoort te hê

Hi almal. Dis 'n rukkie sedert ek laas hier doenig was, en ek onthou dat daar êrens (ek dink op die Wikipedia:Gebruikersportaal) 'n skakel was na 'n bladsy met 'n lys van artikels wat 'n ensiklopedie behoort te hê. Hierdie bladsy was opgedeel in afdelings, bv. Geskiedenis, Wetenskap ens.

Weet enige iemand of hierdie blad en skakel nog bestaan en waar hulle hulself bevind? Indien die skakel verwyder is, stel ek voor dat ons dit weer êrens op die Wikipedia:Gebruikersportaal plaas.

Groete JCBrand (kontak) 15:49, 24 November 2011 (UTC)

Wikipedia:Kernartikels? :) Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 15:53, 24 November 2011 (UTC)
Dis die een, dankie! Ek het hom hier bygevoeg: Wikipedia:Gebruikersportaal/Allerlei JCBrand (kontak) 18:16, 25 November 2011 (UTC)

Hoekom kan ek nie n prentjie oplaai nie?

Wikipedia laat my nie toe om n prentjie op te laai nie, ek bly die boodskap kry wat se “Fout” en dat ek n bevestigde gebruiker of Administreerder moet wees! Ek is nuut hier , so dalk doen ek iets verkeer? Groete Swartskaap

Ja jy moet 'n gebruiker wees. Kyk miskien wat ons hierbo by "Laai van foto's" bespreek het. JMK (kontak) 10:56, 25 November 2011 (UTC)
Dankie maar ek is n gebruiker en die opsie om n leer op te laai verskyn nie in my kant-paneel nie? Swartskaap
Miskien is dit 'n verdere fout in Afrikaanse wikipedia - sal dit elders rapporteer. Ek sal egter sterk aanbeveel dat jy 'n Commons rekening skep, en fotos via daardie roete oplaai, soos bo verduidelik. Jou fotos word dan outomaties tot beskikking van die totale wikipedia gemeenskap gestel, en kan geliaseer word onder die uitgebreide kategorieë wat reeds daar geskep is. Dit word ook bo bespreek. JMK (kontak) 07:06, 29 November 2011 (UTC)

Lys van Slange vs Lys van Reptiele

Ek wil 'n lys begin vir slange en dinge. Wat gaan die beste werk: Slange of Reptiele? Oesjaar

As jy "en dinge" ook gaan doen, sal reptiele seker beter wees, want dit sluit paddas en ander grillerige goeters ook in. :) Winston (kontak) 16:34, 1 Desember 2011 (UTC)

af.wikipedia.org Nuutste Statistieke vs Afrika oposisie

Op aanvraag van gebruiker:oesjaar het ek het weer die statistieke soos op Maandag Oktober 31, 2011 van [2] verkry en hieronder die tale wat slegs as Afrika area gelys word in tabel vorm weergegee. Interessanthede is die volgende:

  • Afrikaans is STEEDS 4de op hoveelheid artikels
  • Afrikaans is STEEDS 1ste met die hoeveelheid bladsye wat per uur besigtig word (amper dubbel die hoeveelheid van die tweede plek)
  • Afrikaans het STEEDS by verre die meeste redigeerders per kapita

Sien gerus ook die opsomming vir ons wikipedia se vordering (in Engels, maar met mooi prentjies) hier.

Groete, Arno (kontak) 10:07, 1 Desember 2011 (UTC)

Kode Taal Pri+Sek Spekers (Miljoene) Redigeerders per miljoen sprekers Besigtigings per uur Artikels
af Afrikaans 13 2 4,769 19,912
arz Egyptian Arabic 76 0.2 2,433 10,645
sw Swahili 50 0.2 2,226 22,065
yo Yoruba 25 0.2 1,194 29,821
am Amharic 25 0.2 1,019 11,353
mg Malagasy 20 0.1 508 26,396
so Somali 14 0.7 365 2,437
ig Igbo 22 0 342 692
ln Lingala 25 0 235 1,976
wo Wolof 4 0.3 200 1,312
rw Kinyarwanda 12 0 167 1,802
sn Shona 7 0.4 155 666
kab Kabyle 8 0.1 122 1,178
kg Kongo 7 0.1 110 622
bm Bambara 6 0 106 511
ee Ewe 4 0.3 104 284
ss Siswati 3 0 92 368
zu Zulu 26 0 90 245
ha Hausa 39 0 82 262
nso Northern Sotho 4 0.2 74 591
sg Sangro 3 0.3 74 251
st Sesotho 5 0 73 130
om Oromo 26 0 72 220
ts Tsonga 3 0 70 191
ak Akan 19 0.1 62 121
ff Fulfulde 13 0.1 57 129
lg Ganda 10 0.1 53 136
ti Tigrinya 7 0 52 208
rn Kirundi 5 0 50 246
xh Xhosa 8 0 49 116
tn Setswana 4 0.7 49 148
ny Chichewa 9 0 47 132
ve Venda 0.875 0 45 156
tw Twi 15 0.1 44 106
tum Tumbuka 2 0 44 255
ki Kikuyu 5 0 36 190

Vertaler Sagteware (Swartsneeu.com)

Dagsê Wikipedia Gemeenskap, Ek het n Afrikaanse vertaler ontwikkel wat nog steeds in die prototipe fase is ,maar al klaar een van die mees gevorderste vertalers in die wêreld is. Ek werk al baie lank op dit en sal graag wil weet of die Wikipedia Gemeenskap belangstel in iets van die aard? Ek sal graag wil hê ons moet met tale soos Engels kan kompeteer op Wikipedia en my program kan dit doen. Daar is wel nog klein woord keuse foute en klein grammatika foute wat nog opgelos moet word. Ek sal die Program beskikbaarstel vir die publiek teen begin Januarie. Besoek ook gerus swartsneeu.com vir meer inligting. Vir n voorbeeld van die vertaler kan jy n artikel besoek op Wikipedia wat ek vertaal het van Engels af met die gebruik van my vertaler. The_Elder_Scrolls

Die kwaliteit van The_Elder_Scrolls is nie op standaard nie.
Kan jy dalk n paar goed uitwys wat jou pla? Dan kan ek aan dit werk.
"The Elder Scrolls II: Daggerfall was gepubliseering in 1996. Aan gevier deur die beskeie sukses van The Elder Scrolls". Die probleme is in sulke tekens geplaas. Oesjaar.
Dankie, ek sal kyk na dit ,maar woord keuses is nie die groot probleem nie! Die klas van ding is maklik om regtestel. Die groot ding wat ek oorkom het is woord en sin strukturering. Dis n paar woordjies uit n lang artikel so dit inopsigself is n massiewe stap in die regte rigting. Tik die selfde ding in Google Translate ek kyk wat doen hy met dit. So Oesjaar, wat se jy? Sal jy nie so program gebruik om ontslae te raak van al die donkie werk nie? My teiken is om so 88% akkuraatheid te waarborg.
Ongetwyfled doen jy goeie werk. Persoonlik skryf ek my eie artikles, die genot is om bronne te soek, te lees en dit in artikel formaat te plaas. As jy alles wil vertaal, doe so voort maar dan sal ek maar moet rolbal speel of so iets. Oesjaar
Vertalings is nie noodwendig 'n slegte ding nie, maar moet beperk bly tot standaardartikels. Ons moet in elk geval moeite doen om meer oorspronklike artikels te skryf wat op ons eie publiek gemik is. Ons is juis 'n gemeenskapsprojek waar mense saamwerk om die gehalte van ons ensiklopedie voortdurend te verbeter. Daar is 'n groot verskeidenheid Afrikaanse bronne - boeke, tydskrifte of artikels op die internet - wat moontlik ingewerk kan word. 'n Vertaling sal gewoonlik slegs 'n lys van Engelstalige publikasies as bronliteratuur bevat.
'n Tweede probleem is dat Engels nie ons enigste brontaal mag wees nie - indien Duitse, Franse of ander artikels van hoër gehalte as hul Engelse eweknie is, sal hulle voorkeur moet geniet. Masjienvertaling werk nie so mooi vir daardie tale nie. --Voyageur (kontak) 16:36, 1 Desember 2011 (UTC)

Kabeljou

Ek kon gesê het: "In my strewe na die perfekte artikel...." maar ek sal volstaan met: Daar is 'n fout met Kabeljou. Die spesie daar beskrywe is nie wat ons 'n kabeljou noem nie. Die beste afr. naam wat ek kon kry vir wat daar beskrywe is: Snapperkob. Weet enige persoon wat die Afr hiervoor mag wees? Oesjaar.

Ek moet 'n antwoord kry want kabeljou se naam moet verander word. Oesjaar NS. Miskien moet ons Geselshoekie na 'Skinderhoekie verander dan lees almal dit.
Ek stel voor jy skuif die artikel na Argyrosomus hololepidotus tot ons op die regte Afrikaanse naam kom. Groete. Anoniem
Ek weet niks van visse af nie, maar volgens webtuistes soos dié het die kabeljou verskillende wetenskaplike name. Dit lyk volgens die eerste webtuiste of die wetenskaplike naam verander het van Johnius hololepidotus na Argyrosomus hololepidotus. Dit lyk of die "snapper kob" se wetenskaplike naam Otolithes ruber is? Kyk hier en hier en hier. Winston (kontak) 08:15, 4 Desember 2011 (UTC)
Ek gaan Kabeljou 'n behoorlike opknapping gee. Om Rosenthal as bron te gebruik vir enige Biologiese artikels is 'n waagstuk. Die klassifikasie van soveel diere/goggas/enige iets wat swem, vlieg of loop het verander sedert 1967. Rosenthal is wel nog goed genoeg vir Geskiedenis dws mense, dorpe ens. Groete. Oesjaar

Lemberg/Lvov/Lviv/Lwow/Lwiw

Hai, I would liket to make an article about the Ukrainian/Polish city in modern day Ukraine. The city's Ukrainian name can be translated in English as "Lviv" while in Russian it is "Lvov". In German and some other Germanic languages it is known as "Lemberg". My question is which one of those three is it, and how can we translate it? I understand that Lwiw would be a sensible suggestion but I am just wondering if there is anyone that can maybe help? I know Voyageur is particularly interested in Eastern Europe and would like to hear his input :) Jammer dat ek nie baie Afrikaans praat nie, maar ek is bang dat julle my nie verstaan kan nie Groete :) Bezuidenhout (kontak) 18:32, 2 Desember 2011 (UTC)

Gebruik Lviv. Groete. Anoniem
Dit moet natuurlik getranslitereer word: Lwif. Winston (kontak) 08:23, 4 Desember 2011 (UTC)
Dankie Winston :) Groete :) Bezuidenhout (kontak) 13:14, 4 Desember 2011 (UTC)

The fish's bill..."" wat is die korrekte Afr?

Wat is die korrekte Afr vir Bill? Naald/swaard/snoet?? Oesjaar

Ek is nie 'n viskenner/igtioloog nie, maar in my Pharos staan:
bill, (n) bek, snawel (voël). So ek dink snoet of bek sal in orde wees. Suidpunt (kontak) 10:48, 4 Desember 2011 (UTC)

Makriel - die tyd het gekom...

Haai julle! Die bestaande artikel oor Makriel beskryf inderwaarheid die Atlantic Chub Mackerel terwyl ons makriel se regte naam Scomber japonicus is. Dus moet ek die bestaande Makriel skuif maar na wat? Daar is nie 'n Afrikaanse naam vir die Atlantic Chub Mackerel want dit kom nie werklik in ons water voor nie, dus hier is ons kans om skeppend te wees. Enige voorstelle?? Oesjaar.

Skuif dit na die Latynse naam. Groete. Anoniem
Atlantiese makriel? Winston (kontak) 17:44, 5 Desember 2011 (UTC)
Atlantiese makriel maak sin.
Mag die Atlantiese makriel lank leef! En daar maak ons geskiedenis... Oesjaar.

Drienasiesreeks

Kan iemand asb. die artikels 2011-Drienasiesreeks (soos 2010-Drienasiesreeks) en Drienasiesreeks opdateer? My Afrikaans en Rugbykennis is nie goed genoeg nie... :( Dankie en groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 18:45, 5 Desember 2011 (UTC)

Tabelle

Kan 'n bestaande tabel sorteerbaar gemaak word? Oesjaar (kontak) 11:45, 7 Desember 2011 (UTC)

Ja, met class="wikitable sortable" vir sorteerbaar en met class="unsortable" vir onsorteerbaar soos in Deelstate en gebiede van Australië. Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 12:00, 7 Desember 2011 (UTC)
Onder Europese kabeljou, opskrif: ==Onverwante spesies wat kabeljou genoem word=="" is daar 'n lang tabel wat ek sorteerbaar wil maak. Kan jy help asb? Oesjaar (kontak) 12:11, 7 Desember 2011 (UTC)
Gedoen. Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 12:35, 7 Desember 2011 (UTC)
Dankie of soos ons met die plaaslike mense praat "Sharp, sharp my broer!". Oesjaar

Die laaste oor Kabeljoue....

Ek het vandag behoorlik geroer onder die Kabeljoue op Wiki. Wat nou daar is, is korrek volgens die nuutste bronne ens. Net een probleem - daar is visse in ons water wat op beperkte skaal voorkom en nie werklik erkende Afr name het nie. Die beste bron hiervoor is www.fishbase.something. Baie van die skaarser visse dra xxxxx Kob in Engels wat dan direk vertaal is behalwe die Kob gedeelte bv: Square-tail Kob noem hulle Stompstert kob in Afr. Moet ek die Kob maar eerder Kabeljou maak? Dit beteken dat ons in 'n mindere mate nuwe name gaan skep soos bv die Atlantiese makriel. Oesjaar

Besig om iemand hieroor te raadpleeg. Maar sou voorstel: gaan net voort met jou beste oordeel, nuutskepping as jy wil. Ek is seker hierdie sake is nog nie voorheen uitgesorteer in Afrikaans nie, en ons kan nie wag met die artikel nie. JMK (kontak) 14:35, 8 Desember 2011 (UTC)
Ek stem, ten spyte van Wikipedia se beleid van "geen oorspronklike navorsing", kan ons nie wag totdat name uitgesorteer is nie. Skep die artikel, noem alle aannames en nuutskeppings op die besprekingsblad, en beweeg aan. Groete. Anoniem

Verklarings

Hello, aangenaam verras, deur hierdie webtuiste. Ek is opsoek na n manier om woordverklarings na te slaan in Afrikaans natuurlik."...Hoe en waar of op watter manier kan ek dit bekom. Ek sukkel al heelaand. M.A.W. 'n aanlyn woordeboek. Ek vra verskoning as ek dalk die verkeerde kategorie gebruik vir my vraag.

Groete Bronwyn.

Die HAT bied woordverklarings en kan vir +- R350 aangeskaf word. Dis 'n uitstekende kersgeskenk en elke Afrikaanse gesin behoort een van die te hê. Groete. Anoniem

Article requests

Would anyone mind writing an article in Afrikaans about en:Differences between Afrikaans and Dutch? Thanks WhisperToMe (kontak) 08:35, 9 Desember 2011 (UTC)

I've started an article so long. My time is up for today, but perhaps later this weekend I can contribute more. Anyone else is of course free to contribute as well ;) JCBrand (kontak) 15:11, 9 Desember 2011 (UTC)
http://af.wikipedia.org/wiki/Verskille_tussen_Afrikaans_en_Nederlands
Thank you very much! WhisperToMe (kontak) 05:21, 14 Desember 2011 (UTC)

If anybody wants to try another one, there is en:Bonaero Park, an area in Jo'burg WhisperToMe (kontak) 23:16, 14 Desember 2011 (UTC)

'Ichthyologist' of viskundige...

Wat is die mooi Afrikaanse naam vir bogenoemde? Oesjaar.

As ek moet raai, Ichtyologis. Viskundige klink in elke geval beter (geen raaiwerk nie). Hoekom wil jy weet? Groete. Anoniem
Igtioloog dan. Jy kan dit as wisselvorm gebruik. Suidpunt (kontak) 17:55, 9 Desember 2011 (UTC)
Nee, wisselvorm is "skryf" en "skrywe". Ek bedoel "Ander woord" /"alternatiewe benaming". Suidpunt (kontak) 18:00, 9 Desember 2011 (UTC)
Nou ja, daar leer ek ook iets nuuts! 'n Igtioloog, soos Oesjaar teen die tyd sekerlik!
Ek het die woord 'viskenner' gebruik. Indien ek Igtioloog gebruik leer iemand iets daaruit. Dit lyk vir my ek gaan die hele 2012 net visse doen! Daar is so baie. Oesjaar.

Voëlkunde is 'Ornithology' in Engels....

Wat is die Afrikaanse woord? Oesjaar

Ornitologie. Groete. Anoniem

Ooraktiewe skildklier

Hi,

Ek het onlangs uitgevind ek het 'n ooraktiewe skildklier. Ek wil weet of iemand my kan se wat se gevaar hou dit vir my in.

Sien skildklier. Voel vry om die artikel uit te brei soos jy meer oor die toestand te wete kom. Groete en sterkte! Anoniem

Dankie aan almal....

Dankie aan almal wat help het met my artikels veral Anoniem en JCIV! Ons het Wiki seergemaak met naby die 40 artikels! Oesjaar

Mooi man! Dis nou hoe dit gedoen moet word.

Louis Tregardt

Wil graag Louis Trichardt (Voortrekkerleier) skuif na Louis Tregardt n.a.v. bespreking by en:Talk:Louis_Tregardt. JMK (kontak) 08:51, 12 Desember 2011 (UTC)

Ek kan nie betrokke raak by die argumente weens bloedweinige kennis, maar hoe gaan die skakels opdateer word? Louis Trichardt kom in baie skakels voor. Oesjaar (kontak) 08:58, 12 Desember 2011 (UTC)
Skuif en opdaterings uitgevoer. JMK (kontak) 18:24, 12 Desember 2011 (UTC)

Oesjaar vier fees, sommer groot!

Haai julle!

Wees saam met my bly aangesien ek my Internasionale Bergfiets Commissaire eksamen geslaag het! Oesjaar (kontak) 12:45, 13 Desember 2011 (UTC)

Baie geluk ou maat. Ek ry self so 'n bietjie fiets saam die ou vrou. Maar niks ernstigs nie. Groete. Anoniem
Ja, geluk Oesjaar! JCBrand (kontak) 07:16, 14 Desember 2011 (UTC)

Ons Wiki se diepte...

Ek sien op ons nuutste syfers dat ons diepte nou gedaal het na 40 en ek is deels verantwoordelik daarvoor met my reeks artikels oor visse wat nie baie groot is nie. En ek is seker nou eers halfpad met die visse (daar is nou 200 visse op die databasis en 2 maande terug was dit iets soos 15). Dan moet slange, voëls en bome nog gedoen word wat nog 'n klomp, kort artikels beteken en die diepte sal dan nog daal. Ek persoonlik sien nie kans om 1 maand op een lang artikel deur te bring nie - het in elk geval nie toegang tot die tipe bronne nie.

Ek herhaal my persoonlike visie - die boeke in Afr vir ons kinders word al hoe minder en Wiki verskaf 'n forum waar kinders basiese inligting kan kry oor alles. Veral die jong nuuskierige agies van so 9 - 10 jaar wat leer hoe om te Google - hulle sal vinnig by die Afr Wiki uitkom indien hul enige woord soek.

Die 'one-liner' dorpe in Europa help ook nie die diepte saak aan nie - ek weet egter alles moet op Wiki kom een of ander tyd. So my punt is: moet ek aanhou met hierdie '5 liner' artikels? Groete. Oesjaar (kontak) 18:27, 13 Desember 2011 (UTC) NS Moet asb nie die stukkie persoonlik opneem nie!

Moet jou nie te veel aan die statistieke steur nie. Ons gaan al die artikeltjies nog grootmaak. Hou so aan en doen jou ding! Groete. Anoniem
Ek sien ons versameling bome is'n hele NEGE Eish! Oesjaar
Voëls lyk beter maar hier is ook nog baie werk oor! Oesjaar
Persoonlik verkies ek breedte meer as diepte (albei saam sou natuurlik die beste wees). Dis vir my lekker om tussen skakels te spring en inligting oor 'n wye verskeidenheid van onderwerpe te lees. 'n Klein maar goeie artikel oor 'n onderwerp pla my baie minder as geen artikel. Dikwels wil ek vinnig sien waaroor iets gaan, en is 'n kort artikeltjie dan heeltemal genoeg. As mens in diepte wil gaan lees en 'n onderwerp studeer sal die Engelse wikipedia in elkgeval omtrent altyd meer breedvoerig wees. Ek het drie ou ensiklopedieë hier in die huis (twee wat uit 'n reeks boeke bestaan), en hulle wy gewoonlik slegs 'n paar paragrawe aan 'n onderwerp. In vergelyking is ons ou wiki al reeds glad nie te sleg nie! JCBrand (kontak) 07:14, 14 Desember 2011 (UTC)

Beste Oesjaar, moenie bekommerd wees nie! Jy skryf goeie en belangrike artikels en ons help almal met graagte. Ons is die beste Wikipedia in Sub-Sahara Afrika en het ook geen botartikels soos die Nederlandse een nodig. Ons het in die laaste daie dosyne artikels uitgebrei, die statistiek is nou oninteressant. Shit happens! Jump so deur en skep meer artikels as jy wil! Beste groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 23:45, 14 Desember 2011 (UTC)

P.S.: Ons het nog artikels oor die jaguar (Panthera onca), die tier (Panthera tigris) en die ozelot (Leopardus pardalis) nodig. Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 00:12, 15 Desember 2011 (UTC)

Kategorie:Duikers

Kan die Admins asb na bogenoemde kategorie kyk. Ek is nie seker waar die familie:duikers soos in voëls tuis hoort nie. Myns insiens moet duikers onder voëls geskep word en die duiker onder duik kan Skubaduikers word. Oesjaar.

Skep die kategorie Kormorante. Die naam duiker lei na verskillende dubbelsinnighede. JMK (kontak) 18:37, 18 Desember 2011 (UTC)

Endemiese visse.

Siende dat daar in Suider-Afrika so baie endemiese vis is, kan die infoboks aangepas word om Endemies aan te dui? Oesjaar

Ek is seker ons kan, maar ons gebruik tans die sjabloon wat op die Engelse en meeste ander wiki's gebruik word. As ons dit verander sal dit toekomstige opdaterings moeiliker maak. Ek stel voor jy noem dit eerder in jou artikels, jy kan selfs 'n kategorie daarvoor skep. Sterkte. Anoniem

Open Call for 2012 Wikimedia Fellowship Applicants

Wikimedia Foundation RGB logo with text.svg

I apologize that you are receiving this message in English. Please help translate it.

  • Do you want to help attract new contributors to Wikimedia projects?
  • Do you want to improve retention of our existing editors?
  • Do you want to strengthen our community by diversifying its base and increasing the overall number of excellent participants around the world?

The Wikimedia Foundation is seeking Community Fellows and project ideas for the Community Fellowship Program. A Fellowship is a temporary position at the Wikimedia Foundation in order to work on a specific project or set of projects. Submissions for 2012 are encouraged to focus on the theme of improving editor retention and increasing participation in Wikimedia projects. If interested, please submit a project idea or apply to be a fellow by January 15, 2012. Please visit https://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimedia_Fellowships for more information.

Thanks!

--Siko Bouterse, Head of Community Fellowships, Wikimedia Foundation 12:45, 21 Desember 2011 (UTC)

Distributed via Global message delivery. (Wrong page? Fix here.)

Vandag in die geskiedenis...

Daar is 'n spelfout by Vandag in die geskiedenis by 1990. Hoe maak 'n mens dit reg? Oesjaar

Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/22 Desember. Groete. Anoniem
Wie besluit wat hier moet in wees? Oesjaar
Iemand soos jy, of enige iemand anders wat 'n waardevolle inset kan lewer. Groete. Anoniem

Dubbelsinnigheids bladsy: Panga

Kan iemand asb help met 'n Dubbelsinnigheids bladsy vir Panga. Daar is tans een vir die panga mes maar daar is ook 'n panga vis. Oesjaar.

Uitgevoer Uitgevoer
Merci!

Nederland 1,000,000 artikels

Ek sien Nederland het die 4de land geword wat die miljoen artikel mylpaal verbygesteek het! Ons neefs in die noorde werk hard aan hulle Wiki. Ons is net 980,000 artikels agter hulle. Groete. Oesjaar.

Dis is 'n wonderlike prestasie, baie geluk aan al die Nederlanders! Hoe sterker Nederlands as wêreldtaal staan, hoe beter kans het Afrikaans om op die lang termyn te oorleef. Ek wens net daar was groter samewerking tussen die tale. Ek wonder ook hoekom ons TV- en radiostasies nie so af en toe Nederlandse programme uitsaai nie? Groete. Anoniem
Iemand wat Nederlands goed ken moet 'n geluk boodsakp op hulle Wiki plaas vanaf ons Wikie. Oesjaar
Ek dink Afrikaans as dogtertaal is ook gepas, so ek het die volgende boodskap geplaas.
Veels geluk vanaf die Afrikaanse Wikipedia. Voeg gerus julle name of bydraes daar by! JCBrand (kontak) 10:45, 23 Desember 2011 (UTC)
Bedankt voor de felicitaties, mijn Afrikaans is goed genoeg om het te lezen, maar schrijven kan ik het niet. Bedankt namens nl.wikipedia voor de felicitaties. Succes met de Zuid-Afrikaanse Wikipedia! Dqfn13 (kontak) 12:01, 23 Desember 2011 (UTC)
Kan iemand dalk hierdie mylpaal op die voorblad ook korrigeer? Daar is slegs drie tale by die Wiki's wat meer as 'n miljoen artikels het.

Geseënde Kersfees!

'n Geseënde Kersfees aan al ons Wiki gebruikers! Mag julle ure se genot put uit die Afr. Wiki en laat ons die ware betekenis van Kersfees beleef! Oesjaar

Amper te laat, maar dieselfde van my kant af. Hoop julle almal beleef 'n wonderlike Christus-fees! Groete. Anoniem

Korrekte vertaling...

Met betrekking tot die paling familie Ophichthidae - wat is die korrekte vertaling vir die volgende: 1 mean sensory pore at rear of inter-orbital area.. Pore is normaalweg sweetgaatjie, sensory = sintuig?? Oesjaar (kontak) 11:24, 29 Desember 2011 (UTC)

As ek 'n kans mag waag: 'n Gemiddelde sensoriese porie aan die agterkant van die inter-orbitale area. Groete. Anoniem

Cusk eels

Ek soek asb 'n Afr versamelnaam vir die familie Ophidiidae visse. In Engels is dit Cusk eels. Oesjaar.

Die Nederlanders roep hulle naaldvisse. Ons kan seker maar dieselfde doen? Groete. Anoniem
Kou maar moeilik aan die ene..... Sal plan maak.
Persoonlik verkies ek altyd 'n beskrywende germaanse naam bo 'n latynse neem. So +1 vir naaldvis (of iets soortgelyks) van my kant af. Groete JCBrand (kontak) 08:02, 31 Desember 2011 (UTC)