Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/1 Oktober
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1 Oktober: Nasionale dag in Sjina. Onafhanklikheidsdag in Ciprus en Nigerië (albei 1960), Tuvalu (1978) en Palau (1994).
- 1795 - België word deur Frankryk ingeneem.
- 1800 - Spanje staan 'n deel van Noord-Amerika wat as Louisiana bekend gestaan het aan Frankryk af in die Verdrag van San Ildefonso.
- 1969 - Die Frans - Britse supersoniese vliegtuig, die Concorde oorskry vir die eerste keer Mach 1
- 1997 - Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens word in die lewe geroep met die inwerkingtreding van die Wet op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Wet 34 van 1997).