Williston, Noord-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Williston
Dorpsbeeld Williston.jpg
Ligging van Williston op 'n kaart (Noord-Kaap)
Williston
Williston
Koördinate: 31°22′56″S 22°55′58″O Koördinate: 31°22′56″S 22°55′58″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distriksmunisipaliteit Namakwa
Plaaslike Munisipaliteit Karoo Hoogland
Oppervlak
 - Dorp 77,95 km²  (30,1 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 3 368
 - Digtheid 43/km² (111,4/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 8920
Skakelkode(s) 053
Die kerkgebou van die NG gemeente Williston is in 1912 ingewy.

Williston is 'n dorp in die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit van die Noord-Kaap provinsie in Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig]

Johan Abraham Nel, 'n burger van Stellenbosch, het op 10 Julie 1768 gedurende die geboorte van sy seun by 'n fontein naby die Sakrivier gerus en by hierdie geleentheid 'n amandelboompie geplant. Dit het later tot 'n reusagtige boom en 'n soort oase in die andersins boomlose gebied van die Karooberge ontwikkel.

Die Switser Johann Heinrich Lutz het hier in 1845 'n Rynse sendingstasie opgerig en dit Amandelboom genoem. Die naam is later ter ere van die Britse kolonel-sekretaris van die Kaapprovinsie, H. Willis, gewysig tot Williston.

Williston strek oor 'n oppervlak van 13 264 vierkante kilometer en het in 1926 'n amptelike distrik geword. Die plaaslike ekonomie steun veral op skaapteelt.

Besienswaardighede[wysig]

Williston staan bekend vir sy "Grafsteenroete", 'n huldeblyk aan die plaaslike grafsteenmakers, wat van hulle ambag 'n soort volkskuns gemaak het. Grafstene word van die plaaslike sandsteen gemaak.

Boorlinge[wysig]

  • Christoffel Hermanus Kühn, skrywer en meer bekend as Mikro.

Sien ook[wysig]