Willowmore

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Willowmore
Ligging van Willowmore op 'n kaart (Oos-Kaap)
Willowmore
Willowmore
Koördinate: 33°17′0″S 23°29′0″O Koördinate: 33°17′0″S 23°29′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Baviaans
Tydsone SAST (UTC+2)
Willowmore se stadsaal.

Willowmore is 'n ouwêreldse Karoodorp en die sentrum van 'n Oos-Kaapse distrik wat aan die Wes-Kaap grens. Die bevolking is sowat 7 000 en die dorp beskik oor heelwat ou geboue uit die Victoriaanse sowel as Eduardiaanse tydperk.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het in 1864 ontstaan tot J.P. Aughanbough 'n gedeelte van die plaas The Willows by William Moore gekoop het. 'n Tennisbaan is op 'n deel van die grond gebou waar later 'n plaaslike sportklub ontstaan het. Na die aankoop het Willowmore 'n handelsentrum geword. Die naam was eers Willow-Moore, maar dit is later vereenvoudig na Willowmore. Tien jaar na die tennisbaan gebou is, het 'n kerk en landdroskantoor gevolg. Nog tien jaar later, op 28 Februarie 1884, word Willowmore 'n munisipaliteit.

Die spoorlyn tussen Kaapstad en Port Elizabeth het die dorp in 1900 bereik. Die dorp lê ook aan 'n nasionale pad (N9) en die R329. Die N9 verbind George en Colesberg en loop ook oor Willowmore se buurdorpe, Aberdeen ten noorde en Uniondale ten suide, asook Middelburg en Graaff-Reinet.

Willowmore is die dienssentrum van 'n landboustreek waar geboer word met volstruise, skape, bokke, lusern, sitrus en tabak (laasgenoemde twee in die vrugbare Baviaanskloof).

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

  • Bulpin, T.V., 2001. Discovering Southern Africa. Cape Town: Discovering Southern Africa Publications cc.