Witlip-bontpaling

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Witlip-bontpaling
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Elopomorpha
Orde: Anguilliformes
Familie: Muraenidae
Genus: Gymnothorax
Spesie: G. chilospilus
Binomiale naam
Gymnothorax chilospilus
Bleeker, 1864

Die Witlip-bontpaling (Gymnothorax chilospilus) is 'n vis (daar word na die vis verwys as 'n paling) wat voorkom in die Indiese-Pasifisiese area, die westelike Indiese Oseaan eilande en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die paling bekend as die Lipspot moray.

Voorkoms[wysig]

Die paling is bruinerig van kleur en die hele lyf is bedek met 'n onreëlmatige patroon van donker vlekke. Daar is 'n witkol net onder die mondhoeke op die onderste kaak vandaar die naam witlip. Die dorsale vin is lank; dit begin net voor die kieu splete. Die iris is donker bruin met 'n goue ring om die pupil.

Habitat[wysig]

Die paling kom voor in koraal en rots riwwe in water wat 2 – 45 m diep is. Daar is baie min bekend omtrent die paling.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]