Witrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Witrivier
White River
Ligging van Witrivier op 'n kaart (Mpumalanga)
Witrivier
Witrivier
Koördinate: 25°19′58″S 31°00′25″O Koördinate: 25°19′58″S 31°00′25″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Ehlanzeni
Plaaslike Munisipaliteit Mbombela
Oppervlak
 - Dorp 60,55 km²  (23,4 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 16 639
 - Digtheid 270/km² (699,3/myl2)

Witrivier (Engels: White River) is 'n dorp in die oostelike van Mpumalanga (Suid-Afrika), noord van Nelspruit. Volgens die 2011-sensus het die nedersetting 'n bevolking van 16 639 gehad, waarvan 10 025 (60,3%) Blankes was[1].

Geskiedenis[wysig]

Die eerste blanke boere het in die 1880's in die gebied inbeweeg. Na die Tweede Vryheidsoorlog het lord Milner 'n landbounedersetting vir Boere- en Britse oudstryders gestig; elke oudstryder het 40ha grond gekry. 'n Kanaal van 26 km is gegrawe vir besproeiings doeleindes vir die oudstryders. Die projek het misluk en die grond is in 1914 aan 'n sindikaat verkoop. Die spoorlyn vanaf Nelspruit het die dorp in 1926 bereik.

Distrik[wysig]

Die distrik is 5 000 km2 groot. Die belangrikste gewasse wat verbou word is sitrus, subtropiese vrugte, groente en snyblomme.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Witrivier Sensus 2011