Witstertmuishond

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Witstertmuishond
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Carnivora
Familie: Herpestidae
Subfamilie: Herpestinae
Genus: Ichneumia
I. Geoffroy Saint-Hilaire, 1837
Spesie: I. albicauda
Binomiale naam
Ichneumia albicauda
G. Cuvier, 1829
Verspreiding
Verspreiding
Subspesies
  • I.a.albicauda
  • I.a.dialeucos
  • I.a.grandis
  • I.a.haagneri
  • I.a.ibeanus
  • I.a.loandae
  • I.a.loempo

Die Witstertmuishond (Ichneumia albicauda) kom in die oostelike en sentrale areas van Suid-Afrika sowel as Mosambiek, Zimbabwe en die Okavango Delta in Botswana voor.

Voorkoms en bou[wysig]

Die soogdier word tot 4.5 kg swaar en is grysbruin met relatief lang swart bene. Die laaste vier-vyfdes van die stert het kenmerkende lang wit hare. Die kop is effens ligter van kleur as die lyf. Die kruis is hoër as die skouers as gevolg van die lang agterbene. Daar is ook twee subspesies: Meller se muishond en die Kleinwitstertmuishond. Die mannetjies is effens swaarder as die wyfies.

Habitat[wysig]

Hulle hou van waterryke boomveld, langs riviere en vleie in droër dele en hou ook van vogtige tipes bosveld.

Gewoontes[wysig]

Die soogdiere eet kewers, termiete, grondvoëls, muise, paddas, slange en vrugte. Hulle is naglewend en kom eers na donker uit en is baie aktief in die eerste gedeelte van die nag. Die Witstertmuishond maak nes in ou erdvark of springhaasgate en is alleenlopers. Die soogdier draf gewoonlik met sy neus naby die grond en sy natuurlike vyande is die leeu en luiperd.

Voortplanting[wysig]

Een tot drie kleintjies word vanaf September tot Desember gebore.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Hoffmann, M. (2008). “Ichneumia albicauda”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2010.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 14 Junie 2010.