Wittewater

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wittewater
Ligging van Wittewater op 'n kaart (Wes-Kaap)
Wittewater
Wittewater
Koördinate: 32°54′55″S 18°42′10″O Koördinate: 32°54′55″S 18°42′10″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Weskus
Plaaslike Munisipaliteit Bergrivier
Tydsone SAST (UTC+2)

Wittewater langs die R399 tussen Piketberg en Velddrif is in 1859 deur die Morawiese sendelinge van Mamre gestig is. In daardie jaar koop hulle die plaas Wittewater naby die Bergrivier. Die nabysynde spoorweghalte het die naam Moravia. Met die 1891-sensus in die Kaapkolonie was hier 350 inwoners. Net na die jaar 2000 was daar nagenoeg 1 500 mense woonagtig.

Geskiedenis[wysig]

Die sendingstasie, Wittewater is gestig omdat 'n testamentere bepaling die sendelinge verhoed het om in Goedverwacht te woon. Die plaas, Wittewater, is in April 1859 deur die Morawiese Sendinggenootskap aangekoop om as standplaas te dien sodat die bediening in Goedverwacht, daarvandaan gedoen kon word. Eerw JWA Stoltz het hom op 15 Mei 1859 op die plaas gaan vestig.

Die toeloop van ontstamde Khoi, wegloper slawe en vrygestelde slawe het meegebring dat die standplaas in 'n sendingstasie ontwikkel het. Die onverwagte groei het druk op die waterbron van die "sendingstasie geplaas. Die naburige plaas, Hexvalley, is aangekoop om die bevolking te huisves aangesien daar meer water vir huishoudelike en landboukundige gebruik was.

Wittewater was dus die eerste Morawiese sendingstasie wat in die Trans-Bergriviergebied gevestig is.

Sien ook[wysig]