Woestynkat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Woestynkat
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Carnivora
Familie: Felidae
Genus: Felis
Spesie: F. margarita
Binomiale naam
Felis margarita
(Loche, Victor, 1858)
Verspreidingsgebied van die woestynkat.
Verspreidingsgebied van die woestynkat.

Die woestynkat of sandkat (Felis margarita) is ’n klein kat wat in die woestyne van Afrika en Asië voorkom. Hy word aangetref in droë gebiede wat selfs te warm is vir die Afrika-wildekat: die Sahara, die Arabiese Woestyn en die woestyne van Iran en Pakistan.

Beskrywing[wysig]

Die woestynkat is ’n relatief klein, stewige dier met kort bene, ’n lang stert en groot, gepunte ore. Hulle wissel van 39 tot 57 cm in lengte, plus 23 tot 31 cm vir die stert, en weeg tussen 1,4 en 3,4 kg.[2]

Die kleur van die pels is hoofsaaklik sandgeel met dowwe strepe wat soms skaars merkbaar is. Die ken en pens is wit. Om die bene en stert is swart ringe, en rooierige strepe loop van die ooghoeke oor die wange. In die winter kan die pels baie dik wees. Die oë is groot en ’n groen-geel kleur.[2]

Anders as ander Asiatiese katte, het die woestynkat lang hare tussen sy tone wat hom makliker oor die warm sand laat loop.

Subspesies[wysig]

’n Sandkat in ’n Britse dieretuin.

Daar is ses subspesies van die Felis margarita:

F. m. thinobia word soms gereken as ’n aparte spesie.

Verwysings[wysig]

  1. Driscoll, C., Nowell, K. (2010) Felis margarita. In: IUCN 2011. Weergawe 2011.2.
  2. 2,0 2,1 Sunquist, Mel (2002). Wild cats of the World. Chicago: University of Chicago Press, 67–74. ISBN 0-226-77999-8. 

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Woestynkat (kategorie)


Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia