Wolf (sterrebeeld)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wolf
Lupus constellation map.png
Latynse naam Lupus
Genitief Lupi
Afkorting Lup
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 15,3h
Deklinasie -45º
Grootte 334 vk. grade (46ste)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 9
Helderste ster Men (Alpha Lupi)
Naaste ster LHS 397
Sterre helderder as 3 m 3
Sterre met planete 5
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 41
Aangrensende sterrebeelde
Winkelhaak, Skerpioen, Passer, Sentour, Weegskaal, Noordelike Waterslang (hoek)
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Wolf (Latyn: Lupus) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus genoem is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Ruimtevoorwerpe[wysig]

Die Wolf bevat geen baie helder sterre nie, maar het sowat 30 met ’n helderheid van 2 of 3 mag en 70 van meer as 6 mag, onder meer ’n paar veelvoudige sterre. Die helderste ster, Alpha Lupi, is ook bekend as Men.[1]

Aan die noordekant van die sterrebeeld is die bolvormige sterreswerms NGC 5824 en NGC 5986, en daarnaby die donker newel B 228. In die suide is twee oop sterreswerms, NGC 5822 en NGC 5749, sowel as die bolvormige swerm NGC 5927 op die oostelike grens met die Winkelhaak. Op die westelike grens is twee spiraalvormige sterrestelsels en die planetêre newel IC 4406, wat van die warmste sterre bevat wat bestaan. IC 4406 is ’n silindriese newel sowat 5 000 ligjare van die Aarde af met stofbane wat deur sy middel loop.[2] Nog ’n planetêre newel, NGC 5882, lê naby die middel van die sterrebeeld.

Geskiedenis[wysig]

In Antieke tye is die Wolf beskou as ’n asterisme wat deel vorm van die sterrebeeld Sentour. Dit is eers in die 200's v.C. deur Hipparchos geskei en Therion ("dier") genoem. Dit is nie na ’n spesifieke dier genoem nie, totdat die Latynse vertaling van Ptolemaeus se werk dit met die wolf verbind het.

Verwysings[wysig]

  1. Moore, P., (1983). The Guinness Book of Astronomy Facts and Feats, Second, Middlesex: Guinness Superlatives Ltd. ISBN 0-85112-375-9. 
  2. (2006) 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe, 1st, Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3. Besoek op 29 April 2012. 

Eksterne skakels[wysig]


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenice se HareBoogskutterBulCassiopeiaCepheusDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf