Wolkberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Wolkberg
Burchellia bubalina00.jpg
Burchellia bubalina groei in die Wolkberg
Ligging: Limpopo, Suid-Afrika
Hoogte: 2 126 meter
Reeks: Drakensberg
Koördinate: 24°3′50″S 30°3′50″O
Bergtipe: Bosveldstollingskompleks en sandsteen
Rotsouderdom: Neoargeaans tot vroeg-Paleoproterosoïes
Foto van die Wolkberg deur NASA

Die Wolkberg is 'n bergreeks in Limpopo, Suid-Afrika. Dit vorm die noordelike subreeks van die Drakensberg-sisteem. Die bergreeks strek ongeveer 30 km in 'n NW/SO rigting noord van Sekhukhuneland. Die nabygeleë dorpe is Haenertsburg en Tzaneen.

Geografie[wysig]

Die reeks vorm 'n hoë plato en reik 2126 m hoog by die Ysterkroon, sy hoogste punt. Ander noemenswaardige pieke is die 2050 m hoë Serala,[1] 1838 m hoë Mamotswiri, 1667 m hoë Magopalone en 1611 m hoë Selemole.

Talle klein bergstroompies het hulle oorsprong in die Wolkberg, asook die Mohlapitse-rivier[2] en die Selatirivier, sytakke van die Olifantsrivier.[3]

Ekologie[wysig]

Die weer kan baie vinnig verander van helder sonskyn en dan mistig word, met die hoogste piek in wolke gehul, vandaar die naam Wolkberg. Die area is ruig, met rotsbanke en diep, klam klowe met stroompies water. Seldsame vlinderspesies soos die Wolkberg Zulu (Alaena margaritacea), die Wolkberg Widow (Dingana clara) en die Wolkberg Sandman (Spialia secessus), is vernoem na die bergreeks. Somige spesies soos die vlinder Lepidochrysops lotana is slegs in die Wolkberg-area bekend.[4]

Die Wolkberg Wildernisarea is 'n beskermde gebied in die bergreeks.[5]

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]