Woolworths

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Woolworths is 'n Suid-Afrikaanse winkelgroep wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is. Die winkelgroep is deur Max Sonnenberg saam met sy seun Richard en Fred Kossuth gestig. Die eerste Woolworths-winkel is in Oktober 1931 in die Ou Royal Hotel in Kaapstad geopen.

Omstredenheid[wysig]

Die winkelgroep het in 2010 opslae gemaak nadat hulle besluit het om alle Christelike tydskrifte van hulle rakke te verban. Die besluit is later teruggetrek.[1]

Hulle weier ook om enige Afrikaans in hulle winkels te gebruik.[2]

In September 2012 het hulle 'n ras-herrie ontketen omdat hulle advertensies vir poste wit persone uitsluit.[3] Volgens Solidariteit maak die Wet op Gelyke Indiensneming nie voorsiening vir die uitsluiting van enige ras tydens die aansoekproses nie, en eis dat dit vir alle rasse oopgestel word.[4]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]