Wsewolod II van Kiëf

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wsewolod II
Grootprins van Kiëf
Vsevolod Ol'govich.jpg
Periode 1139 - 1146
Voorganger Jaropolk II
Opvolger Igor II
Huis Rjoerik
Vader Oleg van Tsjernigof
Oorlede 1 Augustus 1146

Wsewolod II (Russies: Всеволод II Ольгович; ? – 1 Augustus 1146) het van 1139 tot 1146 as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Voor dit, van 1127 tot 1139, was hy grootprins van Tsjernigof. Hy was die seun van Oleg van Tsjernigof.

Hy was met Maria, die dogter van grootprins Mstislaf I van Kiëf, getroud. Hul oudste seun was Swjatoslav III van Kiëf.

Hoewel hy twee seuns gehad het, het hy sy broer, Igor, as sy opvolger gekies en sy onderdane laat belowe dat hulle Igor as hul heerser sal aanvaar. Net voor sy dood het Wsewolod ’n monnik onder die naam Gavriil geword. Hy is ná sy dood as heilige vereer.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]

Bron[wysig]

  • Dimnik, Martin. The Dynasty of Chernigov, 1146-1246, 2003
Grootprinse en tsare van die Rjoerik-dinastie
Grootprinse Rjoerik · Oleg · Igor I · Olga · Swjatoslaf I · Jaropolk I · Wladimir I die Grote · Swjatopolk I · Jaroslaf I die Wyse · Isjaslaf I · Swjatoslaf II · Wsewolod I · Swjatopolk II · Wladimir Monomach · Mstislaf I · Jaropolk II · Wsewolod II · Igor II · Isjaslaf II · Joeri I Dolgoroeki · Andrei Bogoljoebski · Michail van Wladimir · Wsewolod die Groot Nes · Konstantyn · Joeri II · Jaroslaf II · Swjatoslaf III · Andrei II · Aleksander Nefski · Jaroslaf III van Twer · Wasili · Dmitri I · Andrei III · Michail · Joeri III · Dmitri II · Aleksander · Iwan I · Semjon die Trotse · Iwan II · Dmitri Donskoi · Wasili I · Wasili II · Iwan III die Grote · Wasili III
Tsare Iwan IV die Verskriklike · Fjodor I