Wubi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Skermknippie van Wubi 8.04

Wubi (Windows-based Ubuntu Installer) is 'n amptelike vrye sagteware, Windows gebaseerde installeerder vir die Ubuntu bedryfstelsel.[1]

Wubi is as 'n onafhanklike projek van Ubuntu gebore maar word sedert weergawe 8.04 by Ubuntu ingesluit. Wubi kan ook op die Ubuntu Live CD aangetref word [2] en is ook by Ubuntu 7.10 Gutsy Gibbon weergawe ingesluit.[3][4]

Die doel van die projek is om gebruikers van Windows bekend te stel aan Linux deur Ubuntu te gebruik sonder om enige risiko te loop om data te verloor as gevolg van formatering of segmentering van hul hardeskywe. Wubi kan ook gebruik word om Ubuntu vanuit Windows te oninstalleer.

Wubi is nie 'n virtuele masjien nie, dit skep eerder 'n alleenstaande installasie binne 'n lusgemonteerde toestel. Dit is nie opsigself 'n Linux-verspreiding nie maar eerder 'n installeerder vir die Ubuntu bedryfstelsel.[1]

Wubi installeer nie Ubuntu direk op sy eie hardeskyf-partisie nie en kan ook nie ongebruikte hardeskyfspasie gebruik om die bedryfstelsel te installeer nie. 'n Mens sou egter bogenoemde kon vermag met die LVPM (Loopmounted Virtual Partition Manager) gebruik om die Wubi-gegenereerde Ubuntu installasie na 'n regte partisie te verskuif, soos byvoorbeeld op 'n USB flitskyfie.[1] Hierdie opstelling het die voordeel dat gebruikers die bedryfstelsel en drywers kan toets voordat hulle dit op 'n eie pasgemaakte partisie installeer (om sodoende risikos rakende die loodsprogram en ander funksies van die bestaande bedryfstelsel te vermy).

Wubi voeg 'n keuse by die standaard Windows loodsgids wat 'n mens in staat stel om Linux te hardloop. Ubuntu word binne 'n lêer in die Windows lêerstelsel (c:\ubuntu\disks\root.disk) gestoor eerder as op sy eie partisie. Hierdie lêer word dan deur Linux gebruik asof dit 'n werklike hardeskyf is.[2]

'n Verwante projek, Lubi, gebruik Linux as die gasheerstelsel in plaas van Windows.[5] 'n Weergawe vir die Mac OS-bedryfstelsel, Mubi, word ook in die vooruitsig gestel.

Beperkinge[wysig]

  • Hibernering word nie ondersteun nie.
  • Wubi se lêerstelsel is meer kwesbaar vir probleme wat spruit uit skielike kragonderbrekings as 'n normale lêerstelsel.

Verwysings en voetnotas[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 http://wubi-installer.org/faq.php, Wubi - FAQ, Wubi, nagegaan op 2007-06-23
  2. 2,0 2,1 http://wubi.sourceforge.net/faq.php Wubi - FAQ
  3. http://ubuntuforums.org/showthread.php?t=425557, Discussions for Wubi inclusion in Gutsy, Ubuntu Forums, Henrik, 2007-04-27, nagegaan op 2007-06-23
  4. https://wiki.ubuntu.com/InstallerForWindows, "Installer For Windows - Ubuntu Wiki", Ubuntu, nagegaan op 2007-06-23
  5. http://lubi.sourceforge.net/lubi.html Inligting oor Lubi, LVPM, UNetbootin, en Bubakup - Lubi

Eksterne skakels[wysig]