Zanzibar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Zanzibar
Republic of Zanzibar
Jamhuri ya Zanzibar
Republiek van Zanzibar
1963-1964 Flag of Tanzania.svg
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Zanzibar
Hoofstad Zanzibar-stad
06°09′S 39°11′O
Taal/Tale Engels, Swahili
Godsdiens Islam, Christendom
Regering Republiek
President Abeid Karume
Historiese tydperk Koue Oorlog
 - Onafhanklikheid 10 Desember 1963
 - Stigting van die Sultanaat 10 Januarie 1962
 - Zanzibar Rewolusie en Stigting van die Volksrepubliek 12 Januarie 1964
 - Vereniging met Tanganjika tot Tanzanië 26 April 1964
Area 1 651 km2
637 sq mi
Geldeenheid Shilling
Die eilande Oengoeja (links) en Pemba (regs), wat saam Zanzibar uitmaak
Vlag van die Sultanaat van Zanzibar vanaf 10 Desember 1963 tot 12 Januarie 1964
Vlag van Zanzibar vanaf 12 Januarie 1964 tot 29 Januarie 1964

Zanzibar is die naam vir twee eilande: Oengoeja en Pemba wat in die Indiese Oseaan geleë is en deel vorm van Tanzanië. Die hoofstad van Zanzibar, Zanzibarstad, is geleë op Oengoeja. Die ou deel van die stad staan bekend as Steendorp en is 'n wêrelderfenisgebied. Al geniet Zanzibar 'n hoë graad van selfstandigheid, bly dit steeds deel van Tanzanië. In 1964 het dit saam met Tanganjika saamgesmelt om die Verenigde Republiek van Tanzanië te vorm.

Zanzibar se hoofindustrieë is speserye (waar onder kruinaeltjies, neutmuskaat, kaneel en peper), raffia en toerisme. Zanzibar is ook die tuiste van die endemiese Zanzibar Rooi Kolobus aap en die moontlik uitgestorwe Zanzibar-luiperd.

Die woord "Zanzibar" is moontlik afkomstig van die Persiese زنگبار, Zangi-bar ("kus van die swartes") en staan bekend as Zanji-bar in Arabies. "Zanzibar" kan ook 'n verwysing na die Zingiber-genus van gemmer wees. Die term "Zanzibar" word ook gereeld gebruik om na Oenjoega-eiland te verwys en daar word soms na Zanzibar in sy geheel verwys as die "Spesery-eilande", alhoewel hierdie term meer algemeen met die Molukke-eilande in Indonesië verbind word.