Zarasai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Zarasai
Zarasai.jpg

Kaart Wapen
LietuvaZarasai.png
Coat of arms of Zarasai.svg
Vlag
Flag of Zarasai.gif
 Land Vlag van Litaue Litaue
 Etnografiese gewes Aukštaitija
 Munisipaliteit Zarasų rajono savivaldybė
 Koördinate (sien skakels) 55° 43' N, 26° 14' O
 Stigting (eerste verwysing) 1506
 Stadstatus 1843
 Oppervlakte:  
 - Totaal (stad) 17,5 vk km
 - Totaal (munisipaliteit) 1 289 vk km
 Hoogte bo seevlak 134 m
 Bevolking:  
 - Totaal (stad 2010) 7 571
 - Totaal (munisipaliteit 2011) 18 289
 - Bevolkingsdigtheid (stad) 432,6/vk km
 - Bevolkingsdigtheid (munisipaliteit) 14,3/vk km
 Tydsone EET (UTC +2)
 - Somertyd EEST (UTC +3)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -°C
 - Gem. temp. Januarie/Julie - / - °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae - mm
 Burgemeester Arnoldas Abramavičius
 Poskode 32001
 Skakel (+370) 385
 Amptelike Webwerf www.zarasai.lt/

Zarasai is 'n stad in die uiterste noordooste van Litaue naby die grens met Letland. Die stad, wat as administratiewe sentrum van die gelyknamige rajon-munisipaliteit fungeer, staan veral bekend vir sy ligging temidde van 'n boslandskap met talle mere. Die stadskern word omring deur sewe mere, waarvan die grootste met 'n oppervlakte van 372 hektaar en sewe eilande as naamgewer vir die stad gedien het.

Vroeë verwysings na die gebied dateer uit die 14de eeu toe 'n kerk en 'n klooster van die bisdom Vilnius op een van die eilande gestig is. 'n Klein nedersetting het destyds aan die meeroewer ontstaan. Zarasai het in sy geskiedenis Duitse (Ossersee), Russiese (Nowoaleksandrowsk) en Poolse (Jeziorosy) name gedra. Die laasgenoemde is, net soos die latere Litause benaming Ežerenai, afgelei van die woord "meer" (jesioro in Pools, ežeras in Litaus). Sedert 1929 is Zarasai die amptelike Litause stadsnaam.

Skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Zarasai (bladsy)