Zoeloe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Zoeloe
isiZulu
Gepraat in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Vlag van Lesotho Lesotho
Vlag van Malawi Malawi
Vlag van Mosambiek Mosambiek
Vlag van Swaziland Swaziland 
Gebied: KwaZulu-Natal, oostelike Gauteng
oostelike Vrystaat
suidelike Mpumalanga
Totale sprekers: 10 349 100 eerste taal
16 miljoen tweede taal[1] 
Rang: 70
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoid
     Suidelike
      Bekrompe Bantu
       Sentrale
        Suid Sentrale Bekrompe Bantu
         Nguni
          Zoeloe 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Gereguleer deur: Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
Taalkodes
ISO 639-1: zu
ISO 639-2: zul
ISO 639-3: zul
Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Zoeloetaliges in 2001:
██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60%
██ 60–80% ██ 80–100%

Geografiese verspreiding van Zoeloe in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2001:
██ <1 /km² ██ 1–3 /km² ██ 3–10 /km² ██ 10–30 /km² ██ 30–100 /km²
██ 100–300 /km² ██ 300–1000 /km² ██ 1000–3000 /km² ██ >3000 /km²

Die taal Zoeloe (isiZulu in Zoeloe) is die taal van die Zoeloes en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur 9 994 000 mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die meeste moedertaalsprekers in Suid-Afrika. Die grootste hoeveelheid van die Zoeloesprekers woon in KwaZulu-Natal. Die taal is ook verwant aan Xhosa en is deel van die Nguni-taalfamilie.

Die taal was oorspronklik slegs 'n spreektaal gewees (soos baie ander inheemse tale van Afrika). Eers sedert persone van Europese afkoms, soos Prof. D. Ziervogel, die taal bestudeer en 'n grammatika ontwikkel het vir 'n geskrewe taal, kon mense ook in Zoeloe skryf. Alle oorvertellings was dus mondelings, of in 'n ander taal wat neergeskryf kon word. Daarom is dit ook moeilik om geskrewe geskiedenis te vind.

Woorde[wysig]

Algemene woorde en frases:

Afrikaans IsiZulu
Welkom Ukwemukela (naamwoord) / Emukela (werkwoord)
Dankie Ngiyabonga
Goeiedag / Hallo Sawubona (enkelvoud) / Sanibonani (meervoud)
Totsiens Sala kahle (bly wel) / Hamba kahle (gaan wel)
Rook verbode Akubhenywa
Geen ingang Akungenwa
Pasop vir die trap Qaphela isitebhisi
Pasop! Qaphela!
Veels geluk met jou verjaarsdag Usuku lokuzalwa oluhle
Seisoengroete Izilokotho Ezinhle Zamaholide
Geseënde Kersfees Ukhisimusi omuhle
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar Ukhisimusi omuhle nonyaka omusha onenjabulo

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Zoeloe
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Zoeloe (kategorie)

Taalhulpmiddels[wysig]

Sagteware in Zoeloe[wysig]