Zola Budd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Zola Pieterse,[1][2] beter bekend onder haar nooiensvan as Zola Budd (gebore 26 Mei 1966 in Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika), is 'n voormalige Olimpiese naelloper. Sy het in minder as twee jaar twee keer die wêreldrekord in die 5 000 m vir vroue verbeter, en twee keer die Wêreldveldloopkampioenskap gewen. Budd se loopbaan was ongewoon omdat sy hoofsaaklik kaalvoet geoefen en gehardloop het. Haar prestasies op die baan is dikwels oorskadu deur die politieke omstredenheid tydens haar kort verblyf in die Verenigde Koninkryk.

5 000 m-wêreldrekord[wysig]

In 1984, op die ouderdom van 17, verwerf Budd roem toe sy die 5 000 m-wêreldrekord vir vroue met 'n tyd van 15:01.83 verbeter.[3] Aangesien sy die prestasie in Suid-Afrika behaal het, wat in daardie stadium weens die apartheidsbeleid van internasionale deelname uitgesluit was, het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies geweier om haar tyd as 'n amptelike wêreldrekord te erken.

In 1985 verbeter sy die rekord amptelik terwyl sy Brittanje in 'n wedloop verteenwoordig, met 'n tyd van 14:48.07.[4]

Kulturele impak[wysig]

Minibustaxi's in Suid-Afrika word dikwels Zola Budds genoem vanweë die spoed waarmee hulle tussen aflaaipunte beweeg.

Die ontslape sanger Brenda Fassie (waarna Time in 2001 as die "die Madonna van die townships" verwys het) het in die 1980's 'n trefferenkelspeler gehad met haar liedjie Zola Budd.

Verwysings[wysig]

  1. "Zola Pieterse finds peace in native land", The Guardian, 10 Augustus 2005.
  2. Wooldridge, Ian, "Zola deserves warm welcome after all we put her through", Daily Mail, 9 April 2003.
  3. Driscoll, Dennis G. (6 Julie 2004). “Barefoot Running: A Natural Step For The Endurance Athlete?”. Master Track & Field News – Daily Newsletter from Ross Dunton, USA.
  4. 1985: Budd smashes 5,000m record”. BBC On This Day. 26 Augustus 2005.