Żywiołak

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Żywiołak
Zywiolak 30.jpg
Żywiołak tydens die musiekfees Ars Cameralis 2009 se "Wieczór Muzyki Folkowej" ("Aand van die Folkmusiek") in die rolprentteater Rialto in Katowice, Pole
OorsprongWarskou, Pole
Genre(s)Folk, roots, eksperimentele musiek
Aktiewe jare2005hede
EtiketteKarrot Kommando
Webwerfzywiolak.pl
LedeRobert Jaworski (hurdy gurdy, Renaissance-viool, luit, fluit, doedelsak, altviool)

Izabella Byra (stem)

Robert Wasilewski (luit, baskitaar, stem)

Anucha Piotrowska (stem, djembe)

Maciej Dymek (baraban, czynel, dromme en perkussie)

Monika Sadkowska (stem)

Agnieszka Biniek (viool, altviool, stem)
Portal.svg Musiekportaal

Żywiołak is 'n Poolse folkmusiekgroep wat elemente van Slawiese folk- en psigedeliese musiek, punk, rockmetal, akoestiese transtechnomusiek, drum 'n' bass, dub, chillout en ambient-musiek met die klanke van antieke en moderne musiekinstrumente, argaïese en hedendaagse stemtegnieke kombineer.

In April 2006 is Żywiołak met die Grand Prix van die Poolse Uitsaaikorporasie se New Tradition-folkmusiekfees bekroon. Żywiołak was een van dertien Poolse finaliste vir die Eurovision-sangfees in 2008. Hul lied, Noc Kupały, is egter gediskwalifiseer aangesien dit reeds voor 1 Oktober 2007 gepubliseer is – 'n oortreding van die sangfees se reëls.

Diskografie[wysig | wysig bron]

  • Muzyka psychodelicznej świtezianki (EP, 2007)
  • Nowa Ex-Tradycja (2008)[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]