11 Oktober
Voorkoms
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
11 Oktober is die 284ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (285ste in skrikkeljare). Daar volg nog 81 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1365 – Peter I van Siprus verower Alexandrië in die laaste kruistog.
- 1531 – Tydens die Tweede veldslag by Kappel word 1 200 troepe van die Protestantse Zürich verslaan deur 8 000 troepe van die Katolieke lede binne die Switserse Bondgenootskap. Onder die 500 Protestantse gesneuweldes is die hervormer Ulrich Zwingli.
- 1542 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word kardinaal-priester van Sint Prassede.
- 1899 – Die twee Boererepublieke – die Oranje Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek – sê die Verenigde Koninkryk die stryd aan; daarmee breek die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika uit.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Switserland besluit om houtgas-enjins in alle vragvoertuie te installeer.
- 1954 – Ho Chi Minh en die Viet Minh neem beheer oor in Noord-Viëtnam.
- 1958 – Pioneer 1 word lanseer.
- 1968 – Die Parti Québécois, 'n politieke party in die Franstalige Kanadese provinsie Québec wat na die onafhanklikheid van die provinsie strewe, word gestig.
- 1968 – NASA lanseer Apollo 7, die eerste bemande sending van die Apollo-program.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1671 – Frederik IV van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë († 1730).
- 1738 – Arthur Phillip, eerste goewerneur van Nieu-Suid-Wallis en stigter van die nedersetting wat tans Sydney heet († 1814).
- 1758 – Heinrich Wilhelm Olbers, Duitse sterrekundige, geneesheer en fisikus († 1840).
- 1885 – François Mauriac, Franse skrywer († 1970).
- 1902 – Norman Eaton, Suid-Afrikaanse argitek († 1966).
- 1910 – Danie Craven, Suid-Afrikaanse rugbyadministrateur en 19de Springbokkaptein († 1993).
- 1926 – Thich Nhat Hanh, Viëtnamese Boeddhistiese monnik, vredesaktivis, digter en skrywer († 2022).
- 1928 – Zach de Beer, Suid-Afrikaanse politikus († 1999).
- 1937 – Ron Leibman, Amerikaanse akteur en draaiboekskrywer († 2019).
- 1956 – Coenie de Villiers, Suid-Afrikaanse musikant en TV-persoonlikheid.
- 1962 – Joan Cusack, Amerikaanse aktrise.
- 1966 – Luke Perry, Amerikaanse akteur († 2019).
- 1967 – Peter Thiel, Duits-Amerikaanse miljardêr-entrepreneur, waagkapitalis en politieke aktivis.
- 1977 – Hardeep Singh Nijjar, Kanadese Sikh-separatistiese leier († 2023).
- 1992 – Leon Kruger, Afrikaanse akteur en dramaturg († 2021).
- 1993 – Hardik Pandya, Indiese internasionale krieketspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1303 – Pous Bonifatius VIII, 193ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1235).
- 1347 – Lodewyk IV van Beiere, keiser van die Heilige Romeinse Ryk (* 1282).
- 1531 – Ulrich Zwingli, Switserse Protestantse teoloog en kerkhervormer (* 1484).
- 1889 – James Prescott Joule, Engelse fisikus (* 1818).
- 1953 – Pieter Hamersma, lid van die Kaapse Provinsiale Raad en vooruitstrewende Karooboer (* 1892).
- 1959 – Oswald Pirow, Suid-Afrikaanse politikus en regsgeleerde (* 1890).
- 1977 – Misha Black, Britse argitek en ontwerper (* 1910).
- 2019 – Aleksei Leonof, Sowjetse ruimtevaarder, eerste mens wat 'n ruimtewandeling onderneem het (* 1934).
- 2022 – Angela Lansbury, Brits-Amerikaanse aktrise (* 1925).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Dubbel Negende Fees op die Chinese kalender (2005)
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 Oktober. |