18de eeu v.C.
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 1716 v.C.)
Die 18de eeu v.C. het geduur van 1800 tot 1701 v.C.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1800 v.C.: Die Ystertydperk begin in Indië.
- 1800-1300 v.C.: Troje-VI floreer.
- Omstreeks 1800 v.C.: Die Hyksos begin hulle in die Nyldelta vestig. Hul hoofstad is Avaris.
- Omstreeks 1792-1750 v.C.: Die Kode van Hammoerabi van Soesa (die hedendaagse Sjoesj, Iran,) word gemaak. Dit is nou in die Louvre in Parys.
- 1787-1784 v.C.: Die Amoriete verower Uruk en Isin.
- 1786 v.C.: Koningin Sobekneferoe van Antieke Egipte sterf. Die einde van die 12de Dinastie. Die begin van die 13de en 14de Dinastie.
- 1779 v.C.: Zimrilim, koning van Mari, Sirië, begin regeer.
- 1770 v.C.: Babilon, die hoofstad van Babilonië, word die grootste stad ter wêreld nadat dit Thebe, die hoofstad van Antieke Egipte, verbygesteek het.
- 1766 v.C.: Die Shang-verowering van die Xia-dinastie in China.
- 1764-1750 v.C.: Die oorloë van Hammoerabi.
- 1757 v.C.: Mari word deur Hammoerabi verwoes. Zimrilim se koninklike paleis word vernietig.
- 1757 v.C.: Zimrilim, die koning van Mari, sterf.
- 1750 v.C.: Die Hyksos-verowering van Noord-Egipte.
- 1750 v.C.: ’n Kolossale vulkaanuitbarsting by Berg Veniaminof, Alaska.
- Omstreeks 1750 v.C.: Nomadiese herders, die Indo-Ariërs, kom in Indië aan uit Sentraal-Asië en die Russiese steppe.
- Omstreeks 1750 v.C.: Die Veda-tydperk begin in Indië.
- Omstreeks 1700 v.C.: Die Bronstydperk begin in China.
- Omstreeks 1700 v.C.: Die Shang-dinastie begin in China.
- 1800-1700 v.C.: Die verval van die Indusvalleibeskawing.